Moot-moord: Familielid dan in hof

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Die familielid wat in hegtenis geneem is enkele ure ná die moord op Elsabe van Niekerk (55), sal later die week in die hof verskyn.

Die 28-jarige aangetroude familielid sal Donderdag in die Pretoriase landdroshof verskyn. Die verdagte is Maandag omstreeks 17:15 in hegtenis geneem by ʼn huis in Rietondale, enkele ure nadat Van Niekerk se liggaam in ʼn plas bloed by haar broer se huis op die hoek van 8ste Laan en Ben Swartstraat in Gezina gevind is.

Bure het glo gehoor hoe Van Niekerk en die verdagte rusie maak waarna die polisie ontbied is en daar op Van Niekerk se liggaam afgekom is. Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê daar is ʼn bebloede mes op die toneel gevind en dat dit vermoedelik die moordwapen is.

Rainbow Gospel Radio, die Christelike radiostasie waar Van Niekerk as omroeper gewerk het, het intussen hul skok oor die voorval uitgespreek. “Elsabe, ons harte is seer en daar is soveel hoekoms en waaroms. Baie dankie dat jy nooit ʼn kans laat verbygaan het om ʼn siel vir Jesus te wen nie. Al Rainbow Gospel Radio se luisteraars gaan jou pragtige programme mis. Lief vir jou.”

Van Niekerk het ook as pastoor gewerk by die Herlewingslig-sentrum in Zandfontein. Sy laat haar man, Dirk, twee kinders, Leandri Visser (29) en Benjy (20), en twee kleinkinders, Juan (5) en Micayla (3), agter.

“Nooit die seer gevoel wat ek nou voel nie, my moeder, hoekom moes dit gebeur. My hart is stukkend. Ek gaan jou vreeslik mis. Rus saggies moekie,” het Visser op Facebook geskryf.

Lees alle vorige berigte oor Elsabe van Niekerk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Nog te meer ·

We salute you woman!!!!! Nog te meer rede vir ons om te se hoe ons voel. Die radiostasie onthou jou vir ‘n klomp mooi dinge, maar die mooiste dat jy nooit ‘n kans laat verbygaan het om siele vir Jesus te wen nie, ongelooflik, mag jou werk vir ewig en ewig in ons almal voortwerk!!!!! Aan hierdie man Dirk, kinders Leandri en Benjy en dan daai 2 kleintjies wat hierdie ouma om ‘n pinkie kon draai baie baie liefde, mag jul almal se liefde en Jesus se krag voel.

Hannelie ·

My hart gaan uit na haar gesin. Mag Jesus jul omvou en vertroosting bring. Hoop die aangetroude familielid sit vir altyd. Hoe siek moet jy in jou wese en kop wees om te kan moor. So maklik.

Zandra ·

mooist blomme word deesdae gepluk ek wonder waarheen gaan hulle
beslis ‘n beter plek as waar ons nou is.
Mag Vader die familie deur die tyd dra

Cornelia ·

Adress is in elkgeval verkeerd. Ek bly op die hoek van 8ste en Ben Swart…. die moord was twee huise van my af… feite voor adress geplaas word

Ronel ·

God het vir HOM die mooiste blom kom pluk. Ek het haar nie geken nie, maar na aanleiding van wat sy alles vir almal en die gemeenskap gedoen het, salueer ek haar. Vir haar familie wat agterbly, dit is net tydelik, julle sal weer ontmoet op ‘n baie beter plek as waar julle, julle self nou bevind. God sal vertroosting bring. Laat julle seer by Jesus se voete neerle.

Gesiggie ·

My hart skeur in 2 vir die Gesin….aangetroude Familie? wat het die man besiel, jy het soveel hartseer en n leemte in die mense se lewe gelos, Leandri ek kan jou seer verstaan, jou Moeder kan nie vervang word deur niemand…. Mag God jul dra deur die tyd van Hartseer, mag die man wat jul Mamma vermoor het…. gestraf word… so jammer vir jul… Sterkte

Jacoba O"Neil ·

My innige simpatie aan haar familie , kinders man en klein kinders, Wie verstaan die wee van ons Vader, maar een ding weet ons verseker sy was uit en uit ‘n kind van ons Vader, Mag sy in vrede rus, ons sal haar altyd onthou vir al vir haar toegewydheid aan die Vader. Dit is seer maar met tyd sal vertroosting kom maar haar plekkie sal vir ewig leeg wees. Vertrou net op HOM EN HY SAL JULLE VERTROOS. Verseker het sy ‘n groot inpak op baie mense se lewens gebring nie net hier in ons Land nie maar wereld wyd.Die Vader sal met die moordenaar handel dit is verseker moenie wraak koester nie,Wees stil en weet God is jou Heer. aL IS DAAR SOVEEL HARTSEER IS SY VEILIG. r.i.v pastoor.

Mariaan de Wet ·

Aangetroude familie. Gedink dis iemand in die familie. Tannie Elsabe jy was n pragtige mens. Rus in vrede

andre ·

Elasbe my buurvrou vir 12 jaar. Kan nie glo wat het gebeur. So wreed so sinneloos. jy die mens wat almal would red. Jy het my gered. God is by jou. Dirk,Leandrie Benjy ons dink aan julle.

Maricia ·

Sterkte aan die familie en kinders,weet net sy is op n veiliger plek as ons.

jaco ·

Tipies SAPD. Hulle volg altyd die maklikste uitweg as ‘n wit mens vermoor is: hulle blameer dadelik ‘n wit familielid of vriend of kennis van die een wat vermoor is. Hulle is eerstens te lui en onbevoeg om regtig die moord te ondersoek en tweedens is dit polities verkeerd dat non-white polisie die non-white criminals vervolg; veral nie as die vermoorde victim wit is. Dié vrou in Die Moot is hoogs waarskynlik deur maar net nog n straat-criminal oorval, beroof en vermoor. Die SAPD het dieselfde maklike uitweg gevolg met die Inge Lotz moord in 2005 en met die Griekwastad-plaasmoord ‘n paar jaar later.

martien ·

Jaco ek is darm bitter verlig jy heg nie speurwerk as jou roeping gekies nie!!!!! Ja ook my innigste simpatie met die familie.

Wanda ·

Jaco dis my tannie en die koerant berig is 100% reg. Dit is n aan getroude familielid wat so wreed was.

Gideon ·

Die man wat dit gedoen het, was seker ongelooflik kwaad vir sy x-skoon-ma! Ek wonder of dit nou nie oor kinder toesig gegaan het, en of sy teveel ingemeng het nie? Daar is altyd twee kante in ‘n storie, ek sê nie hy het reg opgetree nie, maar iets groots moes gebeur het!!
Ek dink aan albei families!

Net ek ·

Almal weet al by die tyd wie die moord gepleeg het – dalk is dit tyd dat ons konsentreer op ons eie lewens en hierdie families met rus laat – hul gaan deur moeilike tye. Past Elsabe van Niekerk se begrafnis het vandag plaasgevind – op YOU TUBE is ‘n huldeblyk vir haar soos gelewer deur die radiostasie waar sy werksaam was. Hy wat die daad verrig het, is SKULDIG aan die moord en sal hy baie moet bewys dat dit nie hy was nie – daar is fotomateriaal waarop hy uitgeken is aan sy kleredrag. RUS IN VREDE ELSABE…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.