Moot-moord: Hy dreig glo om gesin te vermoor, selfmoord te pleeg

Stefan Visser tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Phillip Bruwer

Stefan Visser tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Phillip Bruwer

Stefan Visser (29), die man wat verdink word van die moord op sy skoonma, pastoor Elsabe van Niekerk (55), sal minstens nog ʼn week agter tralies moet deurbring voordat hy weet of sy borgtogaansoek suksesvol was.

Sy aansoek om borgtog word as ʼn skedule 6-misdryf aangehoor, wat beteken hy moet kan bewys dit is in belang van geregtigheid om op borgtog vrygelaat te word en dat hy buitengewone omstandighede hiervoor kan bewys. Die staat staan die aansoek teen.

Visser het in die Pretoria-landdroshof voor landdros Kiru Pillay verskyn waartydens die staat twee kwessies uit sy vorige borgtogverskyning op 17 Mei moes afsluit.

Tydens die vorige aansoek was daar onduidelikheid oor Visser se vaste adres en die polisie moes ʼn verklaring van ʼn getuie afneem oor ʼn doodsdreigement wat Visser in Januarie aan Van Niekerk gemaak het.

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Kapt. Danie de Jager, bevelvoerder van die Wonderboompoort-polisiestasie se speurtak, het in die hof getuig dat die polisie ʼn verklaring by ʼn vriendin van Van Niekerk afgeneem het. “Die getuie is ʼn vriendin van die oorledene en hulle is in dieselfde kerk. Die oorledene het op die dag in die kerk gehuil en die vriendin het haar daaroor uitgevra,” het De Jager getuig. “Die oorledene het aan haar vriendin gesê Visser het haar gebel en gesê hy gaan die hele gesin vermoor en daarna selfmoord pleeg.” Die staat voer aan dat Visser op grond van dié dreigement ʼn gevaar vir die gemeenskap inhou, sou hy vrygelaat word.

Oor Visser se vaste adres het De Jager gesê Visser het ná sy inhegtenisneming verskeie adresse opgegee as sy vaste adres. Een van die adresse is by sy nuwe vriendin, wat vyf maande swanger is met hulle baba, by haar pa se huis in Centurion. Die ander is by sy ouers in die Moot. De Jager het egter gesê Visser het nie permanent by een van die adresse gewoon nie en het tussen adresse, waaronder ook dié van sy vriendin se ma en ouma se huis in Rietondale, rondgeswerf.

Philip van Staden, Visser se prokureur, het dit gestel dat Visser se ouers se huis sy vaste adres is.

Van Staden het dit ook gestel dat Visser beweer hy onthou nie alles wat op die dag van Van Niekerk se moord gebeur het nie. “Vir iemand om iemand anders 31 keer met ʼn mes te steek en vier keer te sny, kan aandui dat só ʼn persoon nie by sy volle bewussyn was nie. Hy kon geknak het en bewussyn verloor het.” Van Staden het gesê hulle sal tydens die verhoor spesialiste kry om Visser se geestestoestand na te gaan en te getuig oor die term “gesonde outomatisme”. Die term word deur kriminele verdediging gebruik wat ontken dat die beskuldigde strafregtelik verantwoordelik is vir sy optrede omdat die party nie bewus was van sy optrede toe die misdryf gepleeg is nie.

Die hof het vlugtig verdaag vir landdros Pillay om te besluit of Visser vir sielkundige waarneming na die Weskoppies- psigiatriese hospitaal moet gaan. Pillay het egter beslis dat dit nie in dié stadium nodig is nie en dat albei partye kan voortgaan met hul slotbetoë.

Sy het die aansoek tot 8 Junie uitgestel sodat die partye hul betoë kan voorberei. Visser bly in aanhouding.

Visser is op 11 April in hegtenis geneem, ure ná die moord op Van Niekerk in Pretoria se Moot-gebied. Visser en Van Niekerk se dogter, Leandri (29), was in die proses om te skei toe die moord plaasgevind het. Hulle het twee kinders. Die moord volg ná ʼn rusie tussen Van Niekerk en Visser oor die kinders.

Lees alle vorige berigte oor Stefan Visser op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gesiggie ·

Ja, dit is reg stuur hom vir sielkundigge waarneming? maar moet nie dat hy jul fool…hy probeer net die saak uit rek, wat as die man regtig besluit om wraak op die res van die gesin te neem… hou hom agter tralies… n Vrou, Ma en Ouma se lewe is geneem deur hom…

Tammy ·

NEE die man mag nie borg kry nie. Die regstelsel sal absoluut die vermoorde verraai as dit gebeur. Hy bly n misadiger so hou hom in n sel.

EJ ·

Nog ‘n Oscar saak soos dit my klink. Ek hoop Gerrie doen die saak. Almal blameer hul koppe was nie reg tydens moorde … nonsens. Jy as persoon is die probleem.

poplapie ·

ou nuus…
niemand het ooit in sy skoene geloop nie, en niemand sal ooit weet wat die waarheid is nie.
As Visser so sleg is, hoekom skei sy hom nie en kry klaar nie.
As Elsibie so bang was dat hy hul wou dood maak, hoekom het sy nie lankal ‘n interduk teen visser gekry nie?
klink soos ‘n pastoor wat hou van drama en aandag

Nie-Poplapie ·

Poplappie, jy spel jou (by)naam verkeerd. Dit gaan nie net oor skei en kry klaar as jy met ‘n kompulsiewe geweldenaar te doen het nie. Jy het duidelik geen begrip van die vrese en risiko’s waarmee sommige mense gedwing word om saam te lewe nie. Jou opmerkings is oppervlakkig en naief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.