Moot-moord: Skoonseun hoor dalk van borgtog

Stefan Visser. Foto: Facebook

Stefan Visser. Foto: Facebook

Slotbetoë word Woensdag in die Pretoria-landdroshof gelewer in die borgtogaansoek van Stefan Visser (29) wat verdink word van die moord op sy skoonma, pastoor Elsabe van Niekerk (55).

Visser se aansoek om borgtog word as ʼn skedule 6-misdryf aangehoor, wat beteken hy moet kan bewys dit is in belang van geregtigheid om op borgtog vrygelaat te word en dat hy buitengewone omstandighede hiervoor kan bewys.

Die staat staan die aansoek teen en meen Visser is ʼn vlugrisko en hou ʼn gevaar vir die samelewing in aangesien hy glo drie maande voor Van Niekerk se moord gedreig het om Van Niekerk en die res van die gesin te vermoor waarna hy sou selfmoord pleeg.

Visser se regspan voer aan dat hy nie alles kan onthou wat tydens van Van Niekerk se moord gebeur het nadat sy hom oor sy vaderlike verpligtinge gekonfronteer het nie. “Vir iemand om iemand anders 31 keer met ʼn mes te steek en vier keer te sny, kan aandui dat só ʼn persoon nie by sy volle bewussyn was nie. Hy kon geknak het en bewussyn verloor het,” het Philip van Staden, Visser se prokureur, vroeër tydens die aansoek gesê.

Van Staden het gesê hulle sal tydens die verhoor spesialiste kry om Visser se geestestoestand na te gaan en te getuig oor die term “gesonde outomatisme”. Die term word deur kriminele verdediging gebruik wat ontken dat die beskuldigde strafregtelik verantwoordelik is vir sy optrede, omdat hy nie bewus was van sy optrede toe die misdryf gepleeg is nie.

Visser het op 14 April vir die eerste keer in die hof verskyn nadat hy op 11 April in hegtenis geneem is, ure ná die moord op Van Niekerk in Pretoria se Moot-gebied. Visser en Van Niekerk se dogter, Leandri Visser, was in die proses om te skei toe die moord plaasgevind het. Hulle het twee kinders.

Van Niekerk het as pastoor gewerk by die Herlewingslig-sentrum in Zandfontein en was ook ’n omroeper op Rainbow Gospel Radio. Sy laat haar man, Dirk, twee kinders, Leandri (29) en Benjy (20), en twee kleinkinders, Juan (5) en Micayla (3), agter.

Lees alle vorige berigte oor Stefan Visser op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Karma ·

“Hy kon geknak het en sy bewussyn verloor het” … voer Van Staden se prokureur aan – nou hoe (as dit nou hy was) kon hy sy “soon-to-be” gewese-skoonma soveel keer gesteek en gesny het? Jhô-jhô, die goed waarmee regslui vir die verdediging ook darem mee kan opkom! En as hy nou al soveel maande terug gedreig het om sy gesin en aangetroude familie te vermoor en dan homself te dood, hoekom is daar nie ‘n saak by die SAPD en maatskaplike werkers aanhangig gemaak nie – of is daar? Dit was in elk ‘n “over-kill” dié moord!

Oom Gert ·

Ek voel mos soms ons het n leuenstelsel in plaas van n regstelsel!

Gesiggie ·

Die man sal enige iets probeer doen om die saak nog langer te laat duur… en laat hul hom op borgtog uit… gaan hy vlug”’ hy is nou kamstig geestelik verstreur? iemand wat instaat is om 31 keer iemand met n mes te steek…en nog 4 keer te sny”’ ja defentief is daar iewers iets nie pluis” maar ja hy het geknak” en as jul hom op borgtog vrylaat, kan hy dalk weer snap”’ hou hom agter tralies, tot die saak opgelos is… hy is n gevaar vir die buite lewe…

bytjie ·

wat vir my snaaks is hkm word daar besluit oor borg as hy so wreed kan moor of hy nou gesnap het of wat ook al die verskoning is so elk een kan nou moor en dan se ek kan nie onthou en dan maar op borgtog gaan

Anoniem ·

Ek het ook met so ‘n persoon te doen gekry. Hulle dreig en dreig en dreig. (Wou ouers al opblaas met gasbottel) Bekom mens ‘n beskermsbevel, verontagsaam hulle dit eenvoudig. Sy kinders is steeds in gevaar, die Gesins Advokaat wat VERONDERSTEL is om die saak te ondersoek, reik dagvaardiging uit vir alcohol toetse ens. Hy ignoreer eenvoudig die dagvaardiging, en geen van die psigiaters wat met hom gewerk het is bereid om hand op papier te sit nie. As daar dan nou WEER so iets gebeur soos met Stefan Visser dan was almal hulle hande in onskuld en vra hoekom?

Giel ·

My skoonma het ook altyd op my geskree……regte ou draak gewees. Wou nog in haar koffie spoeg.

Oom Gert ·

Giel, waar is jou skoonma nou… Ek het n lam van n skoonma.

Gesiggie ·

Giel… ja daar is bitter min skoon seuns wat met n skoon Ma oor die weg kan kom, maar daar is n verskil tussen ( Ek like jou nie”’ ) maar ja spoeg dan eerder in haar koffie as jy so voel, maar nie Moord” agter elke draak van n skoon Ma, is daar ook maar n sagte hartjie”’ hoekom tree hul so op partykeer… ? om hul kinders te beskerm”’en hierdie man Stefan Visser…. het nooit daai sagte kant van sy skoonma raak gesien… dit tog ook jammer…

Stem saam ·

Hehehe ek stem saam Gesiggie, speog dan maar in haar tee of koffie. Hierdie perd het mos alkohol en dwelms gebruik en ou Giel ek sou niemand naby hom toelaat, sulke mense is gevaarlik punt!!!!! As ek jou verdere epos lees Giel was jy die vorige skoonseun lol, sien jy het dan net gelos. Daai vrou het ‘n mooi hart gehad, vra haar gemeente lede, as mens ‘n Ma dryf sal sy opstaan vir haar kinders en klein kinders se beskerming. Ek voel die jong man kom gereeld met sy maniertjies, buie en aanrandings weg, nie die keer nie, toe verwyder hy die een wat dit stop. Ek sal haar altyd loof omdat sy in belang van haar kinders opgetree het en daarom haar lewe verloor het, sy is ‘n goeie Ma, meer as wat die jong man van homself kan sê.

Estelle Potgieter ·

Sjoe, ‘n bewustelose ou kan gevaarlik raak………..

Hahahehehiehie tjietjie ·

Ja nee Estelle ek loop ook nou draaie om ‘n bewustelose……… Hehehe die regslui kry geld hiervoor en ek wonder wie betaal dit, dit is daardie persoon wat nie hierdie jong man toelaat om verantwoordelikheid vir sy dade te aanvaar nie. Los hom in die tronk, hy sal oorleef en as hy daar uitkom sal hy ‘n man wees wat kan besin oor reg en verkeerd! Hy kan dan gehelp word om te rehabiliteer en ‘n goeie Pa te wees, dan is sy kindertjies groot en dit is belangrik dat hul dan ‘n goeie voorbeeld as Pa het.

anoniem ·

Hy is n gevaar hy het toe hy nog gewerk het by solid doors in n tee Kames gese as hy iemand dood maak die wyse wat hy op die einde sy skoon ma dood gemaak het presies so beskryf. Ja en die laste voor val waar hy by ceasers paint in siverton gewerk het het hy sy sionior aan gerand hy is gevaarlik

Maak sin ·

Giel so jy is die Pa of vriend wat help, as jy regtig wil help laat hom verantwoordelikheid vat en sy pak soos ‘n man vat. Maak nie saak of die Patoor dan nou met hom hoe lelik was, hy as vader van die kinders het regte en hy kon dit so uitsorteer met die reg, maar jy wat so opkom weet drank, dwelms en baie ander dinge is in die jong man se lewe, bly maar die cool friend, ouer, dan kyk jy hoeveel lyke gaan nog agter hom lê! Help eerder regtig en sê tot hiertoe en nie verder, wat se nonsens om 30 keer te steek met ‘n mes en 4 keer te sny is bewusteloosheid in denke, nee wat hoe stupid dink jul is die res van ons! Jou hartjie sal weer heel raak as hierdie jong man gerehabiliteer is.

Giel ·

Ag neee dit maak nie sin nie…… Ek is geen niks van daai man.

Anoniem ·

Dis Cedar paint, en sy senior aangerand se jy? Ek glo nie jy weet waarvan jy praat nie. Moet eerder nie kommentaar lewer as jy self nie jou feite agter mekaar het nie.

Meer hartseer ·

As mens alles lees en veral anoniem, dan word jy meer hartseer oor die uiteinde van die storie. Kollegas en ouers moet as iemand dreig oor sulke goed, beraders se hulp inkry, hierdie jong man het agtergekom hy kan so manipuleer en weggekom, hy dreig en dan werk dit – die keer nie, toe doen hy, hy het gedink hy gaan net wegstap- sy het my kwaad gemaak, sien niemand die patroon raak en waarsku ouers of naby vriende dat hul die persoon kan help nie. Hy moes al toe hy sy senior aangerand het ‘n bietjie in ‘n agelee sel by die tronk oor sy sondes sit en dink het, maar nee ek glo familie het hom dadelik uitgehaal, want die verleentheid is meer as om hom ‘n les te leer!!!!!!!

Boet ·

Gaan laai hom asb. af by die mense hier wat verskonings maak vir sy gedrag en maak asof die slagoffer dit verdien het. As jy sien iemand word aangeval, hardloop jy mos nie na die slagoffer toe en vra “Wat het jy gedoen om die klap te verdien nie?”
Dan verplaas jy mos die skuld na die slagoffer, en is jy net so siek en gevaarlik soos die aanvaller.

Gesiggie ·

Giel, elkeen het n HART – MAYBE KLOP JOUNE NET NIE REG””Jy het n keuse wat jy van die lewe wil maak, gaan jy Haat verewig, of gaan jy vergewe… en aan beweeg… eendag, maybe eendag… sal jou HART EN DENKE verander… dit is nie altyd maklik om te vergewe, maar vergeet wel” maar God verwag dit van ons.. want op die einde van die dag, is JY DIE BETER MENS.. ANONIEM…no 1:.. Passop wat jy kwytraak, jy mag dalk as n getuie ingeroep word… los , laat die speurders hul werk doen… nou nou…is dit jy en Mnr Visser”’..?

NET N GEDAGTE: n Skoon Ma… is ook n Ma… maar net van n ander Gesin… (^_^)

KarenG ·

Ai Giel, lyk my jou tong in die kies kommentaar so bietjie verkeerd uitgekom.

Familie ·

Die persoon wat saam Stefan by Solid Doors gewerk het wat weet wat hy gese, Sal jy asb. die polisie kontak en asb. vir hulle se. Dit sal baie help dat ons as familie geregtigheid kry vir wat hy an so wonderlike mens gedoen het. Justice for Elsabe

Petrus Oppiwater ·

Mense, word wakker! Ons leef in ‘n siek samelewing-mag Visser se aansoek om borgtog asseblief tog misluk-anders is daar weldra nog slagoffers van sy onbesonne optrede! Sulke waansinnige mense hoort nie in die samelewing nie. “Bottom-line”: bring selektiewe doodstraf terug-dit is die enigste afskrikmiddel…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.