Moot-moord: Verdagte hoor dan oor borgtog

Stefan Visser. Foto: Facebook

Stefan Visser. Foto: Facebook

Die Pretoriase landdroshof het Donderdagoggend weer die saak aangehoor van Stefan Visser (28) wat aangekla word van die moord op sy eksskoonma, Elsabe van Niekerk (55).

Visser het per videoverbinding vanuit die Kgosi Mampuru-gevangenis in die hof verskyn. Hy het aan die landdros gesê dat hy geen mediese klagtes het nie waarna die staatsaanklaer versoek het dat Visser se borgtogaansoek uitgestel word.

Die verdediging het ingestem en die landdros het die saak tot 6 Mei uitgestel wanneer Visser amptelik om borgtog aansoek sal doen. Visser se familielede, onder wie sy ma en vriendin, was in die hof. Hy bly in aanhouding. Die staat het vroeër aangedui dat hy borgtog sal teenstaan.

Visser het op 14 April vir die eerste keer in die hof verskyn nadat hy Maandag 11 April in hegtenis geneem is, ure ná die moord op Van Niekerk. Visser is die eksman van Van Niekerk se dogter, Leandri Visser. Hulle het twee kinders.

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Die staat het tydens die vorige hofverskyning aangevoer dat die beskuldigde die Sondag voor die moord in ʼn stryery oor die kinders met Van Niekerk se man, Dirk, betrokke was. Die beskuldigde het toe glo die volgende dag na die huis in 8ste Laan in Gezina gegaan waar hy ook ʼn woordewisseling met Van Niekerk gehad en haar glo met ʼn mes doodgesteek het.

Die verdagte is later die dag by die huis van sy nuwe vriendin se ouma in die Rietondale/Queenswood-omgewing in hegtenis geneem.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê daar is ʼn bebloede mes op die toneel gevind en dat dit vermoedelik die moordwapen is.

Van Niekerk het as pastoor gewerk by die Herlewingslig-sentrum in Zandfontein en was ook ’n omroeper op Rainbow Gospel Radio. Sy laat haar man, Dirk, twee kinders, Leandri (29) en Benjy (20), en twee kleinkinders, Juan (5) en Micayla (3), agter.

Lees alle vorige berigte oor Elsabe van Niekerk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

willie ·

Net so Irene, wie gee jou die reg om lewe te neem, dan staan die staat borgtog toe… die reg stelsel is siek. Vernaam as hulle weet Jy is die moordenaar.. geen twyfel….

Liz ·

Hy verdien glad nie borgtog nie! Nie een persoon wat van moord verdink word vedien dit nie!! SA is n heerlike groot speelplek vir kriminele en hulle is van kos, behuising, medies, water en ligte verseker sou hulle vir n lekker vakansietjie weg gaan!
Die land wemel van die kriminele wat gebeuik wil maak van die gratis dienste aan hulle!

Ek hoop jy gaan tronk toe vir baie baie lank! Jy is n regte uitvaagsel, wens die doodstraf is nog hier gewees!!

Willie ·

Ek stem saam, beslis! Neem hulle uit die samelewing. Siek verby

Paula van Vuuren ·

Lees weer die Staat gaan borgtog weier, Teenstaan !! Wat verhoed hom om nog ander ook aan te val ? Almal sal te bang wees as hy op borgtog is ! Om iemand 31 keer met ‘n mes te steek is baie erg en wreed, al was dit ook dalk omrede sy hom kwaad gemaak het. Geen mens verdien om so geslag te word nie.

Tammy ·

As iemand so boosaardig is sal hy sy eie kinders ook kan doodmaak. Hy mag onder geen omstandighede weer tot die samelewing kom nie. Lewenslange tronkstraf sal dalk die mense na aan hom se redding wees.

TERESA ·

Hoe kan n mens so wreed wees, om jou skoonma in die gesig te kyk, en haar so wreed dood te maak, hy het haar elke dag gaan treiter by die workshop, en haar uit getart, die hof sal n baie groot fout maak, om hom op borgtog vry te laat, hy het niks meer ook om te lewe voor, as hy die geleentheid kan kry om op borgtog uit gelaat te word, gaan hy die res van die Van Niekerks dood maak, omdat hy weet hy gaan sit, hoe lewe n mens saam met jou gewete, om so n afskiewelike daad te pleeg, sonder om te blik om boos, dis duidelik hierdie nuwe meisie het geen idee van hierdie man se motiewe, hy is n wreed, en genadeloos, as ek sy is, breek die verhouding, want dalk sien jy nie die lig, as hy uithak nie

Lykill ·

Askies, waar is die bewyse dat hy skuldig is. Net omdat hy daar was en woorde gespreek het met hulle is hy nou die moordenaar. Asblief respekteer mense om julle, anders is jy net so goed soos die regte moordernaar.

Nicolette ·

En wie is julle, om te oordeel. Nie een van julle ken die agtergrond of die omstandighede nie. Ek hoop nie dis ‘n klomp Christene wat hier reply nie, want sover ek my Bybel lees en verstaan, die oordeel kom nie een van ons toe nie. Kom ons wag tot die einde en hoor wat gaan aan, sonder oordeel!!! Elkeen van ons staan voor ons God nakend met al die foute wat ons begaan het. Julle wat sonder foute is, tel op die eerste klip en gooi. Ek glo ek verstaan die Bybel reg, doen julle?

Dee ·

Regtig Mense!!!Gooi jul Klippe?Die Woord se,Moenie oordeel nie!Ek is self n familie lid van n “moordenaar”!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.