Moot-moord: Verdagte onthou glo nie wat gebeur het nie

Stefan Visser. Foto: Facebook

Stefan Visser. Foto: Facebook

Stefan Visser (29), wat verdink word van die moord op sy skoonma Elsabe van Niekerk (55), het Dinsdag tydens sy borgtogaansoek aangevoer hy kan nie alles onthou wat op die dag van haar moord in Pretoria se Moot-gebied plaasgevind het nie.

Sy aansoek om borgtog word as ʼn skedule 6-misdryf aangehoor, wat beteken hy moet kan bewys dit is in belang van geregtigheid om borgtog toe te staan en dat hy buitengewone omstandighede kan bewys waarom hy vrygelaat moet word.

Visser se beëdigde verklaring is in die Pretoriase landdroshof voorgelees deur sy prokureur, Philip van Staden. Visser het in sy verklaring gesê hy en sy vervreemde vrou, Leandri, was besig om te skei. Hy en Leandri het nog tot verlede jaar September by Elsabe, ‘n pastoor, en haar man, Dirk, in die Moot gewoon. Die egpaar het twee kinders, ʼn driejarige dogter en ʼn sesjarige seun.

Hy het gesê buiten Leandri en sy twee kinders, het hy ook ʼn vriendin, Chantelle Mulder, wat vier maande swanger is, wat hy moet onderhou.

Visser het gesê sy huwelik met Leandri het drie jaar gelede versleg toe hy van werk verander en finansieel swaar gekry het. Hulle het besluit om die huwelik te beëindig en was besig om die egskeiding te finaliseer toe Elsabe vermoor is. Hy beweer sy skoonouers het ingemeng en hom weerhou om sy kinders te sien.

Visser voer aan hy het die Saterdag [9 April] voor Elsabe se moord op 11 April, sy skoonouers, Leandri en kinders by sy seun se skolerugbydag gesien. Hy beweer Dirk het hom by die rugby gekonfronteer, erge vloekwoorde ten aanskoue van sy vriende en familie toegesnou en hom oor sy voorkoms sleggesê.

‘n Voorbeeld van ‘n “knuckle duster”. Foto: www.swordsknivesanddaggers.com

‘n Voorbeeld van ‘n “knuckle duster”. Foto: www.swordsknivesanddaggers.com

Oor die noodlottige Maandag het hy getuig hy was lus vir ʼn bier en het saam met ʼn vriend by die werkwinkel by die perseel in 8ste laan, waar Elsabe vermoor is, gaan drink. Visser het gesê hy het ʼn “knuckle duster”-mes by hom gehad wat hy altyd dra om homself mee te beskerm. Hy het ook ʼn klapmus en handskoene by hom gehad omdat dit koud was en hy op Chantelle se bromponie gery het.

Hy en die vriend het vier biere saam gedrink, toe die vriend glo “boom” gerook het. Visser het gesê hy was in die badkamer toe Elsabe opgedaag het.

“Ek was toevallig daar toe die oorledene opgedaag het. Ek het om verskoning gevra oor wat die Saterdag gebeur het, waarna sy begin het om my te beledig. Sy het gesê ek is nutteloos en het my teen ʼn muur gestamp, my op my bors geslaan en hardop op my gegil dat ek my kinders moet afteken. Ek kan nie onthou wat daarna gebeur het nie.”

Visser is later die dag by Chantelle se 82-jarige ouma se huis in die Rietondale/Queenswood-omgewing in hegtenis geneem. Hy is uitgeken nadat ʼn buurman Elsabe se angsgille gehoor en foto’s met sy selfoon oor die grensmuur geneem het. Die foto’s wys die verdagte met ʼn balaklawa. Hy is deur Leandri aan sy kleredrag uitgeken.

Visser voer aan hy het nie ʼn moord met voorbedagte rade gepleeg nie en aangedui hy kan borgtog van R10 000 bekostig.

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Kapt. Danie de Jager, bevelvoerder van die Wonderboompoort-polisiestasie se speurtak, hou egter vol Visser het die moord vooraf beplan. De Jager het gesê nadat Visser uiteindelik sowat vyf ure ná die moord opgespoor is, was hy eers “hardegat” en het hy beweer daar was ʼn rooftog by die werkwinkel waar vier swart mans in ʼn rooi Volkswagen Golf die oorledene vermoor het. Hy het later egter “geknak” en erken sy skoonouers se optrede het “soos ʼn sweer binne hom gegroei”, veral omdat hy nie na wense sy kinders kon sien nie.

“Hy het gesê hy was die Maandag na die werkwinkel omdat hy met sy skoonma wou praat. Sy skoonma bly nie by die perseel nie, maar doen wel sake daar want die werkwinkel behoort aan haar broer,” het De Jager getuig. “Toe dit gelyk het of hy ʼn skuldbekentenis wou maak, het ek gereël dat die nodige formele prosedures in plek gestel word vir die bekentenis en ʼn uitwysing. Hy het daarna erken hy het Elsabe vermoor en die balaklawa, klere en ʼn handskoen op ‘n ander toneel verbrand. Hy het ook gesê waar hy homself in die tuin daar gewas het. Die nodige bewyse is daar gevind en deur die forensiese eenheid opgeneem.” Die ander handskoen is later op die moordtoneel gevind.

Van Staden, vir Visser, het egter gesê hy het in die tyd, wat sy kliënt die verklaring en uitwysing gedoen het, ʼn SMS aan die ondersoekbeampte gestuur wat aandui dat Visser sy reg uitoefen om te swyg en dat die bekentenis en uitwysing in die verhoor gedaag sal word.

De Jager het hierop gesê Visser se regte is aan hom voorgelees, hy het dit verstaan en die bekentenis en uitwysing is uit vrye wil gedoen en onderteken.

Van Staden het dit gestel dat die moord duidelik nie vooraf beplan was nie, maar op die ingewing van die oomblik gedoen is, waarop De Jager geantwoord het, “ʼn mens neem nie ʼn wapen en balaklawa na ʼn familievergadering nie”.

De Jager het gesê die grootste rede waarom Visser nie op borgtog vrygelaat moet word nie, is dat hy ʼn gevaar inhou vir Leandri, hul twee kinders en homself. “Die oorledene het voor haar dood aan ʼn vriendin oor die telefoon gesê hy het gedreig om hulle dood te maak, waarna hy homself om die lewe sal bring,” het hy verduidelik. Hy het ook gesê nog ʼn rede is dat hy ʼn vlugrisiko is, aangesien daar vrae is oor sy vaste adres. “Die wreedheid van die moord moet ook in berekening gebring word. Die oorledene is 31 keer met die wapen gesteek en is vier keer oor haar liggaam met die mes gesny.”

Die aansoek is uitgestel tot 2 Junie wanneer slotbetoë gelewer sal word en nog bewyse ingedien moet word. Visser bly in aanhouding.

Lees alle vorige berigte oor Stefan Visser op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Irene ·

Ek dink dit is onregverdig dat die teenoorgestelde persoon nue sy kinders kan sien nie dit lyk of vroue altyd die kinders gebruik omdat hulle jaloers is Vroue laat die pa’s hulle kinders sien dan is daar minder moeilikheid

Anoniem ·

Irene, moet jou asb nie uitlaat oor wat is regverdig en nie regverdig nie. Daar is altyd redes wat JY nie van weet om die ander persoon nie die kinders mag sien nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Irene ·

Ek stem volkome saam met anoniem, ek is ongelukkig in dieselfde bootjie met my kinders se pa EN glo my ek het grondige redes.

stem saam ·

Wonder wat gan als gese word deur die publiek…
Hier kom die komentaar?!?
En as hy so sleg was, hoekom het sy hom nie al lankal geskei nie
Inliging is weer verkeerd…
Die ander berig se die ouma bly in RIETONDALE
Kry albei die famielie’s jammer, asook die beskuldige
Klink al hoe meer vir my asof hy gepush was en getart was deur die van niekerks?
Sterkte aan almal wat geraak word deur die saak

Anoniem ·

Stem saam se…Wonder wat die publiek gaan se. Lees eerder jou eie kommentaar. Geen mens het die reg om iemand dood te maak, maak nie saak wat die omstandighede is nie. Wat jy hier se is…Dit is maar reg as jy gepush word dan kan daardie persoon jou maar dood maak!!!!!!!!!!!!

anoniem ·

Ja die saak het 3 kante…my seun se kind was ook so van hom weerhou…hy was ook al op daai punt om te gaan iets on verantwoordlikheid te down en gelukkig vinnig tot sy sinne gekom en gesie en dit is nie n oplossing nie nou is stefan die slegte een dit was n daad in sy swakheid hoe kan n ouer verwag jy moet jou kinders af teken ja net honde word af geteken en weg gegooi nie mense nie ek voel jammer vir die families wat nou swaer kry oor als wees net sterk en vertrou op die Here Hy sal julle dra deur die donker tyd

Anoniem ·

anoniem…Dis normaal vir enige ouer om sy/haar kind se kant te vat. Maar help eerder jou seun in sy swakheid. HOu op om verskoning te maak daarvoor..dit help hom niks..dit sterk hom net daarin….

bytjie ·

my opinie maak nie saak wat die rede agter die storie is niemand is geregtig daarop op om iemand se lewe te neem nie laat die geregtigheid geskiet

bytjie ·

my opinie maak nie saak wat die rede agter die storie is niemand is geregtig daarop op om iemand se lewe te neem nie laat die geregtigheid geskiet

ook Anoniem ·

Wel my opinie ……………….sit jouself in daardie situasie . Moenie se jy sal nie op oomblik van swakheid dit ook nie gedoen het nie . So noemand van ons kan enige kommentaar oor iets lewer nie . More gebeur dit met jou wat jou kind gedoen het . Wat gaan jy die selfde lied sing ?

Anoniem ·

ook Anoniem so jy se dit is maar reg jy mag maar in so n situasie iemand doodmaak. Sjoe mense..onthou wat jul se en onthou in watter posisies jul julself plaas. Moet dan nie huil as so iets met iemand na aan jou gebeur nie, want hier keur jul dit goed!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

charlene ·

Ek sal enige iets doen vir my kind! Maar ek sal nie moord pleeg as iemand my weerhou van haar nie. Ek sal liewers wys ek is `n goeie ouer. Nou het hy vir ALMAL gewys hoekom hy weerhou was van sy kinders. 1. Hy wil nie werk nie, wil nie vir hulle sorg nie. 2. Sit liewers deur die dag en suip en rook dagga – maar nie werk nie 3. Maak ander kinders terwyl hy eintlik nog getroud is 4. Sy kop vat nie lekker nie, geen normale mens vermink iemand anders se liggaam en raak ontslae van die bewyse nie
Daar is duidelik `n rede hoekom sy vrou wou skei en daar is duidelik `n rede hoekom hy die kinders nie moes sien nie.

E ·

Kyk as jy die dag trou is daar niks fout met dit wat jy hoor nie: “for better or worse” die arme man het sy werk verloor, en toe is hy nie meer goed genoeg nie. Ons word dan in die kerk geleer van die dinge, maar ongelukkig belowe baie mense dinge wat hulle nie kan volhou nie. Vandag gaan alles mos oor status, mooi huis, karre en.. My man was nog altyd goed vir my. Ons het ń besigheid verloor, maar ons het ń belofte voor die kansel gemaak. Dit gaan maar nogsteeds swaar maar die wiel begin draai, en glo vir my my man werk baie hard en sal nooit toelaat dat sy gesin swaarkry nie.
Ter wille van jou kinders moet ń vrou haar man ondersteun en opbou, dit kweek selfvertroue en as ń man so ondersteun word, dan sal hy berge vir sy gesin versit. As ń man eers deur sy geliefdes afgekraak word, skend dit hom tot in sy siel. Wat hy nodig gehad het was ondersteuning en liefde, nie slegsê nie! En wat my so kwaad maak is dat hierdie oordele van kerkmense kom.
As mens eers begin wonder wat sal die ander mense dan nou dink, dan lê jou hart nie meer by die regte plek nie.
My hart gaan uit na hierdie man, hy verdien ń vrou wat 100% agter hom staan.

Lekkerrrr ·

E, jy oordeel ook, jong. Jy weet nie onder watter omstandighede die man sy werk verloor het nie. Kom ons maak ‘n hipotetiese aanname: hy het ‘n drankprobleem, is afgedank vanweë hierdie probleem en is daarby gewelddadig teenoor sy vrou. Moet sy steeds deur dik en dun by hom staan, al kan sy haar kinders net deur opgeswelde blou oë sien (onthou, hierdie is hipoteties)?
Elke huwelik is nie dieselfde nie en, alhoewel ek gelukkig getroud is en ook my man deur diep finansiële waters bygestaan het, kan ek nie die aanname maak dat dieselfde omstandighede vir die volgende egpaar geld nie.
Oe, dis vir almal van ons vreeslik lekker om hier te kritisseer, bespiegel en verdoem – jammer ons praat nie hier van sepie karakters wat gekies het om hul hartseer omstandighede aan die publiek te openbaar vir kommentaar nie, of is dit vir ons beter, want nou kan ons lekker inklim onder hulle?

E ·

Na aanlang van my kommentaar wil ek graag onverskoning vra. Het nie mooi gelees nie. Sien hy het werk verander nie verloor nie.

E ·

So hy het van werk verander en die finansies het begin krap. For better or worse sê die woord. Nou word hy sleggesê omdat die geld nie meer vloei nie? Nee wat ń gesin moet saam staan deur dik en dun. As hy ondersteuning gekry het en hy positief geboost was sou die wiel mos draai, of moet alles dadelik in plek val? As jy ń man aanval oor sy bevoegdheid, dan skend jy hom. Vandag gaan als mos net oor geld, huis,mooi kar en wat die mense dan sal dink. Nee wat, hy is 29 en bou nog, te veel druk van buite. En wat my boos maak is dat dit van kerkmense af kom.Ek kry die jong man vreeslik jammer, kon seker nie meer langer met ń masker loop nie. Al die oordele het hom gebreek.

Dottie ·

Wat hulle skeisaak betref is nie vir ons van belang nie,maar hierdie ou drink,het ‘n vriend/e wat dagga rook en wat nog meer…dit wys vir my hy is ‘n onverantwoordelike pa en dalk juis..daarom het die skoonouers vir die beskerming en welstand van die kinders se belange ingetree…HKM sou sy hom so benader het as hy ‘n ”op sy plek pa” was? Die skoonouers het natuurlik geweet wat hierdie ou alles aanvang en ja…skoorgat en hardegat is oor sy hele gesig geskryf en afgerond met ‘n ”ATTITUDE”…… Ek stem vir ..LEWENSLANK,want hy het geweet wat hy doen.

Jaco ·

Ek stem saam. Ek sal ook snap as iemand vi my se ek moet my lewe(kids) af tekun! Maar en luister MOOI. MAAR geen mens verdien om so dood tegaan ni. Geen mens het die reg om reg in eie hande teneem ni………….. Almal hie wat so vinnig is om tese wees j in sy skoene, vir julle het ek n vraag. As so iets met jou ma of pa moet gebeur oor sy of hy j kids wil beskerm,hoe sal j voel? Om teweet 1 van jou ouers is soos n dier dood gemaak netbook hy of sy jou kids wou beskerm!!!!!!!!! Net n gedagte. Wil nog net die 1 laaste ding se. MAAK NIE SAAK WAT NIE DIT IS SIEK EN HY MOET RES VAN SY LEWE AGTER TRALIES WEES!!!!!!!!!!!!!!

Berhalet Beukes ·

Jy is reg… Moord is verkeerd… Oordeel ook. Soms moet ‘n mens maar terugstaan en na almal se weergawes luister om’ n geheelbeeld te vorm. Dis hoekom ons howe het, nie waar nie?

Gesiggie ·

Ek kon nie onthou wat ek gedoen het nie??? was dit dalk agv saam Boom rook nie? en na 4 biere” En ja waar hoekom al die messe en dinge saam dra? om jouself te beskerm”’ dit maak nie sin… Van jou kant af Mnr Visser sal jy nou enige storie moontlik uitdink om jouself te beskerm…Hy was gedreig? maar het dit hom n rede gegee om Elsabe te vermoor… En al het sy jou gestamp, of op jou gegil’en gedeig..” was dit nie vir jou nodig om jou mes uit te haal… en om toe als te gaan verbrand? en wegtekruip… sou jou niks baat”’ Soos afgelei is jy n gevaar vir die samelewing… Moord was nie jou oplossing, want nou…. sal jy van jou kinders ontneem word… Moord bly moord, geen verskoning, Hy wou wraak neem…

n ·

laat ek jou ‘n ding se, ek het haar persoonlik geken. en sy sou hom NOOIT rondstamp en vloek en skree nie. asook nie haar man nie. hulle was nie sulke mense nie

sisters kind ·

Tannie Elsabe was my ma se sussie, sy was n besondere mens sy is n ware koningskind gewees. Ek het my lewe verander oor sy met my geprt het oor iets wat ek verkeerd gedoen het sal nie uitbrei oor dit want dit gan oor geregtigheid op my tannie se moord, mar kan net se danki my tannie vir 2jaar terug se woorde dit het my n beter mens gemaak. Mag ons Vader geregtigheid laat skied. Love you for ever and ever tannie was die beste

Rieks ·

Dit is in vandag se tye te maklik om te “maak” asof jy nie kan onthou nie en blah, blah, blah… nou word hierdie tipes deur ons onderhou om te gaan vir al wat ‘n toets. Net sodat die staat kan bewys hy/sy kan en mag aangekla word of nie… op gronde van geestes gesondheid! Bring die doodstraf terug en julle sal sien hoeveel mense vergeet om te onthou as daar doodstraf wag op jou skuldig bevinding…

Daisy ·

Ons ken nie die ‘ins and outs’ van hierdie mense nie. Ons oordeel volgens ‘n berig. Moord is nooit die oplossing nie. Nou trek die kinders in elk geval aan die kortste end aangesien hulle ‘n ouma verloor het en ‘n pa wat dalk nou tronk toe moet gaan.

charlene ·

Ek kan nie glo daar is mense wat sy dade regverdig nie!! Die feit dat hy in staat is om moord te pleeg wys mos nou duidelik hy het nie verdien om sy kinders te sien nie. Kyk daar is baie goeie pa’s wat hard baklei vir hulle kinders, maar ek is seker hulle werk deur die dag en sit nie en suip nie. Hy is `n monster wat `n baie, baie goeie vrou VERMOOR het, nie net een of twee keer uit kwaad-geir gesteek het nie maar baie meer as dit. So dit is beplan – en mans wat net kinders maak by vrouens en dan is hulle nog nie eens geskei nie – dit sê ongelooflik baie van die tipe mens wat hy is. Ek hoop hy sit baie, baie lank. Sterkte Leandri aan jou en die kiddies. Jou ma was `n ongelooflike baie goeie mens wat omgegee het vir ander en veral vir kinders.

Elizabeth ·

Mes, mus, handskoene = moord is beplan… die res is BS

m ·

Ag lekker, nou kan meneer kamstig nie onthou nie. Hoe gerieflik….

antoinette ·

Die skoonma het rede gehad om haar kleinkinders te beskerm as daar mooi gelees word was hy deurmekaar met dagga rokers ens.Hy het midkien nig sy vrou aangerand ook.En watter tipe man wat nog nie eens geskei is het klaar n ander vrou swanger gemaak.Jammer hy probeer nou al die skuld op sy skoonfamilie pak.Hy moet lewenslank kry gevaar vir sy kinderd.

anoniem ·

Ek lees nou almal se komentaar…. Julle lees duidelik reg maar ook nie heeltemal reg nie die “Dagga roker vriend” het vir Van Niekerk gewerk…. So na wie to draai die vingers nou? En status maak nie van jou n engeltjie nie…. VAT NIEMAND SE KANT NIE……..

Gerda ·

Sy straf sal hy maar moet dra hier op aarde. Ons hoop en bid dat hy sy Verlosser gaan vind en repent.

anoniem ·

Ja daar kan konflik wees maar kan nie die gereg in jou eie hande neem nie. Jy kan nie drank en dwelms as n verskoning gebruik nie. As jy na visser se werks geskiedenis kyk het hy elke keer sy werk verloor oor geweld wat hy iemand geslaan het in sy werks plek. Soos sy laste werk by caster and ladder in silverton waar hy gewerk het, het hy die nuut aangestelde persoon Bo visser geslaan. Die werk van hulle voertuie is na die die werkswinkel gestuur waar dit herstel werk gedoen is.die werk is gereel deur visser die werkswinkel wat deur die oorledende en haar man en nog n vernoot bedryf word waar die moord plaas gevind het.die on dersoek beampte moet die visser se Hele werks geskiedenis kyk hy is a geweld dadige persoon. As hy op borg gaan gaan hy die selfde doen aan sy vrou en kinders so as hy aan sy oorlede skoonma gedoen het.as hy op borg gaan moet sy vrou en kinders op n protection programe deur die staat geneem word.hy is n groot gevaar vir die same lowing.

tw ·

Hier is wat ek verstaan as ek die berig lees:-
Nog verlede September by die Skoonouers gewoon saam met sy vrou.
Nog steeds getroud.
Het n vriendin en 4maande oue baba, en die is alweer swanger [ wanneer is die kindtjie verwek]
Nog steeds getroud
Drink gedurende die dag by n werkswinkel
Boom rokery
Klapmes – handskoene”- “knuckle duster”
31 keer gesteek – 4 keer gesny en vermink.
Verbrand bebloede klere
Nee, ek weet nie, maar vir my klink dit baie siek

Salie ·

TW… Sy vriendin is tans swanger met die baba. Die baba is 4 maande terug verwek.

anoniem ·

Ja dit is opsirt hy is n gevaar. Maar die waarheid sal sien die werkswinkel was sy skoion ouers en n vriend sine wat 50% adele gehad het. Nie n broer se werkswinkel nie die ondersoek beampte moet sy werk onder soek visser is n groot gevaar vir die samelewing. Die visser was net n tyd bom

pokkel ·

…..dit is vreeslik om te sien hoe van hierdie mense wat komentaar lewer, vir hierdie man op kom of om te probeer insien hoekom hy dit gedoen het. Waarheen is ons mense oppad? Hierdie man het iemand met ‘n mes gesteeek, nie een keer nie, 31 keer. Ja hy was kwaad maar dit gee jou geen rede om iemand met ‘n mes te steek nie, nie eens 1 keer nie. Hy was nog getroud….hy het nog 8maande terug by die vrou gebly en die laaste 9 maande reeds homself in ‘n nuwe situasie bevind waar ‘n nuwe meisie sy kind al vir 4 maande dra. Dit is skokkend en tog sal daar mense wees wat dit in hul lewe hom jammer kry. Ons Afrikaner volk is besig om ons trots en ons waardes te verloor…..ons is besig om ons land te verloor…..ons is besig om ons eie mense/families met messse te steek……ons is al ewig besig om te kla en sleg te praat. ONS MOET OPSTAAN EN DIE LEWE REG LEWE, DAAR IS GEEN ANDER OPLOSSING!

Buitestaander ·

Volgens die Woord mag jy net oor een rede skei die is owerspel.
Op die vooraand van sy troue het hy dit gepleeg. Na troue was dit nie ‘n ander geval nie. Hy is nog teeds getroud en ‘n ander vrou is al vier maande swanger.
Lyk my hy glo aan die hoenderwet!

charlene ·

So as my man man slaan mag ek hom nie skei nie want hy het nie owerspel gepleeg nie……

tw ·

jammer Salie, maar n 4maande swangerskap is nie n baba nie, dit is n fetus, as ek die berig lees, klink dit hy het n vriendin, n vier maande oue baba en sy is swanger.

Karma ·

Hoe kan ‘n vrou swanger wees met ‘n 4 maande oue baba? Is die baba al gebore, of is sy vriendin 4 maande swanger? Swak beriggewing, Maroela Media!

Sune van Heerden ·

Dagsê Karma

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.