Moot-moord: Verdagte vas

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

ʼn Man is in hegtenis geneem net ure na die gru-moord op Elsabe van Niekerk.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die 30-jarige verdagte is omstreeks 16:30 in Rietondale in hegtenis geneem, nadat die polisie inligting opgevolg het. Die verdagte is in aanhouding by die Wonderboom-polisiestasie en sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord.

Maroela Media het vroeër berig Van Niekerk se liggaam is Maandagmiddag in ʼn plas bloed by ʼn huis op die hoek van 8ste Laan en Ben Swartstraat in Gezina gevind. Die polisie is na die toneel ontbied, nadat die bure glo gehoor het hoe die vrou met iemand rusie maak. “Die polisie het ʼn bebloede mes op die toneel gevind en vermoed dit is die moordwapen.”

Moloto het aan Maroela Media gesê die motief vir die moord is nog nie duidelik nie en word ondersoek. “Dit is ook nie duidelik of daar ʼn verwantskap tussen die oorledene en verdagte was nie.”

Van Niekerk laat haar man, twee kinders en twee kleinkinders agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Barbara ·

Die slagoffer is 50 en sy is ‘n pastoor, radio-aanbiedier, vrou, ma van twee, en het twee kleinkinders.

Die verdagte is ‘n 30-jarige.

Hartseer van Gezina ·

Ai tannie Elsabe…….Ek gaan jou baie mis! My hart is baie seer. Sterkte aan haar gesin en vriende wat agter gebly het.

Hus ·

Nee, respek (of die gebrek daaraan) is nie die probleem nie. Desensitasie is. Ons hou nou elke dag begrafnis. My simpatie aan die naasbestaandes.

Gesiggie ·

Haar Gesiggie gee aan jou die Sagtheid in jou hart… n mens wat so vol liefde is: Ek voel so jammer vir die Pragtigge vrou se kinders en Familie”’ Geen woorde kan enige iets verander, maar ons hoop net dat die man met geen liefde of omgee in sy hart, sy straf sal uitdien, God vergewe altyd… maar n mens met sy swakheid kan nie altyd, veral nie as dit kom by n Geliefde soos n Ma, Kind, of ander Familie… Sterkte aan die Familie, mag jul gedra word in die moeilikke tyd.

Kaspaas ·

Tragies om te hoor. Maak nie saak wie haar vermoor het nie, vir my wys dit net watse groot klug ons demokrasie is, wat veronderstel is om almal ‘n veilige kans op lewe te gee. Sonder die doodstraf kan mens nie demokrasie he nie.

Japie ·

Maroela lesers soek altyd ‘n oog vir ‘n oog maar noem hulself christene. Sommiges brei selfs breedvoerig uit wat hulle met die verdagtes sal doen. Wrede goed wat hulle sal doen. Ek verstaan dit glad nie. Verstaan ek dan christenskap verkeerd?

SNEL ·

Matt 7:21. Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal inkom in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
So Japie, ons oë moet van mense af wees, mens kry mense wat sê hulle is Chrisene, maar ver van die Here lewe. Laat die Bybel ons enigste riglyn wees en laat ons nie oë op mense sit nie, want hulle sal ons tot n val bring en gee Christenskap en om die Here te dien n slegte naam, maar laat ons alleen ons oë op die Here hou en laat Sy Woord ons leer en lei. In die laaste dae….baie vals profete en mense wat dinge van die Here bevraagteken, laat ons sterk staan.

Baie sterkte aan die familie van Elsabe, dis so onnodig gewees en sy lyk na n vreeslike dierbare mens. Mag die Here julle dra en krag gee deur die moeilike tyd en op jul pad vorentoe.

Familie ·

Japie ek hoor wat jy sê maar kan jy jou in dink:
Jou Ma, Jou Vrou, Jou Ouma, Jou tannie, Jou dogter, Jou Suster.
Dan praat jy weer.
Die seer, die kwaad, ons lewens is uit mekaar geskeer vir wat?????

Nee nee nee ·

Dit is net nie globaar dat jy iemand sommer net met n mes doodsteek nie! Jong man jy moet maar vat wat vir jou kom, hoop jy het ook geen reg op lewe!

tamboti ·

Japie ek dink meeste van ons verstaan Christenskap verkeerd, maar wat ek wel weet is dat dit in hierdie “Christenland” baie, ongelooflik baie slegter gaan wat misdaad betref as in ander lande – gelowig of ongelowig, of heidens, en dit het alles te doen met te min straf en nie te min vergifnis nie.
Die oortreders kan hul misdade vir ‘n slag bely en nog steeds gestraf word, en dan hul vergifnis ontvang: soos die misdadiger aan die kruis langs Jesus.

Verstaan ook nie ·

Japie ek wonder ook soms of die mense wat so breedvoerig uitwei oor wat hulle sou doen aan iemand, besef wat dit van hulself sê. Soms wil hulle erger goed aan die moordenaar doen as wat die moordenaar gedoen het. Hulle daal soms laer as die persoon vir wie hulle so aanval op sosiale media.

pop ·

Baie simpatie aan haar dierbares. En aan al die predikers hier op nuusblad. Ek gaan kerk toe, so gaan sit julle seepkissies iewers anders. Geloof is vir elkeen persoonlik, so asb, ons ander wil kwaad word en uiting gee aan woede as ons sulke wreedheid lees.

Stem saam ·

Pop stem saam met jou, iewers, iewers moet jy uiting gee, ek sê nie mens moet laer daal as die verkeerde persoon nie. Japie wees nou eerlik dit is al die hoeveelste moord op ‘n goeie mens wat net gee en gee, kyk die getuienis bo en soms mag mens jou desperaatheid uitdruk! Verder is hierdie Geliefde gemeenskapsvrou wat ‘n verskil gemaak het, Geliefde vrou, geliefde moeder , Geliefde Ouma en geliefde vriendin vir altyd en altyd wreed weggeruk, gee ons maar almal kans om ons frustrasie oor hierdie verlies te verwerk en jy weet net so goed soos ek ons sal nooit so iets aan iemand doen nie!

Willie ·

‘n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie. Jakobus 1:20

pieter ·

Nonsens: Willie en ook Japie ! Die Bybel se ook dat jy mag kwaad word en maan dan om nie te sondig nie. Vergifnis is daar, maar dis nie goedkoop nie! Die moordenaar is ‘n geweldenaar wat moet boet vir sy onbesonne gewelddadigheid ! Het jul al gedink aan die arme mense wat hierdie tragedie moet probeer verwerk?

Jan Buys ·

Woede is ‘n kenmerk van die sondige natuur! Dit wys iemand het nie die Heilige Gees in hom of haar nie. Galasiërs 5:20. Kerk toe gaan beteken niks.

Marga ·

Ek stem saam Jan Buys,,,,,

Hierdie is wreed en wens ek kon almal beskerm met die liefde van God wat ek in my het,,,,,maar al wat ons kan doen is om op ons kniee te gaan en te bid en nooit op te hou nie.

Vrede en vertroosting vir die gesin wat agterbly,,,,,siestog ai dis so hartseer

Rerig?? ·

Jan Buys, wil jy vir my vertel dat as ek kwaad word dat die Heilige Gees nie in my woon nie??
So ek as Christen mag nie kwaad word oor my skoonma ‘n maand terug vermoor is nie, my skoonsus en haar 4 jarige seuntjie wat ook betrokke was in die situasie sal vir ewig die letsels saam met hulle dra en ek mag nie kwaad wees vir die man wat dit aan hulle gedoen het nie? Die God wat ek dien is n God van liefde en sal my beslis nie verlaat oor ek kwaad word nie, God verstaan die mens en die mens se gevoelens en emosies. So amal van julle wat so preek, jul gee die mense daar buite n wanindruk van christenskap!

Nee man ·

Nee man, ‘n Paar van julle ruk nou weer heel in verkeerde rigting. Dink gou hoe was Elsabe van Niekerk se laaste lewensuur op aarde, was dit Christelik en sonder kwaad. Ons moet nie kwaad met kwaad vergelyk nie, maar met woorde van frustrasie uitdruk hoe ons daaroor voel, dat iemand net eenvoudig ‘n geliefde vir ewig op ‘n wrede agresiewe manier verwyder het. Ons moet nie mekaar aanval en oordeel, liewer almal op ons knie gaan dat die Heilige Gees in hierdie bose werk en sulke hartseer nie oor ons kom nie.

Willie ·

Het Jesus ons nie geleer dat as jy iets in jou gedagtes dink, jy dit klaar gedoen het nie? Pas julle denke op, trek die volle wapenuitrusting van God aan. Dis ons enigste beskerming teen die brandpyle van die bose. Moenie langer kaal op die oorlogsfront staan nie! Neem die swaard van die Gees op, dit is die woord van God. Sit op julle helms, dit is verlossing. Trek aan julle skoene, dit is die evangelie van vrede. Trek aan julle borsharnasse, dit is vryspraak deur God. En moenie julle gordels vergeet nie, dit is die WAARHEID! Wat kan ‘n mens aan ons doen? Dood waar is jou angel?

Willie ·

En die skild van geloof! Daarmee gaan jy baie brandpyle kan afweer, angs, smart, bekommernis, vrees, vertwyfeling…

lynette ·

Ek lees in die woord van God: Word kwaad, maar sondig nie. Dus is dit geoorloof om kwaad te word!

Teleurgesteld in Pastoor vrou. ·

Ons Hemelse Vader het al hierdie emosies in ons geskep, dus is dit normal om dit te ervaar en partymaal in buie uitbars en later weer jammer is daaroor. Maar oordeel dit is verkeerd. Daar gaan sekerlik baie wees wat haar gaan mis. Dit wat jy verkeerd doen aan mense en seermaak gaan jy eendag voor rekenskap moet gee. Die oordeel kom net die Here toe.

Moeggepraat ·

Ek is verstom oor sommige kommentare! Dit loop oor van eiegeregtigheid… so tipies.

Driekie Grobler ·

Dit was ‘n groot skok om te hoor en ons almal hier by Rainbow Gospel Radio betreur haar heengaan. Haar stem is nou stil en haar plekkie gaan leeg wees. Ons gebede gaan uit na haar gesin en familie.

poplapie ·

Dis shoking hoe amal ‘n opinie ini lewe het, of komentaar lewer oor ‘n berig wat geplaas word.
Wie weet wat is die waarheid? Koerante oordryf altyd, Beeld het nou weer ‘n ander storie. Hoe kan julle die beskuldige en oorlede vrou se familie so verneeder om komentaar te lewer oor ‘n sitsuasie, waarvan niemand regtig die waarheid weet, behalwe God, die oorledenis en die persoon wat die daad gedoen het nie?

Teleurgesteld in Pastoor vrou. ·

Innige meegevoel aan die familie veral kleinkinders wat sonder ‘n ouma moet groot word. Ouma en Oupa het groot deel in hulle opvoeding ook. My vraag is vandag, mag jy bid dat wanneer iemand wat in ‘n ernstige ongeluk is en 3 maal dood verklaar is maar nog steeds asem haal voor bid dat hy eerder moet sterf of moet jy intree dat die person se lewe gespaar moet bly vir sy kinders en familie…. Dit het 11 weke gelede gebeur en die persoon lewe vandag en sterk goed aan.

SNEL ·

Teleurgesteld in Pastoor Vrou, hoe gebed werk weet niemand. Mens bid en dan gebeur die teenoorgestelde…en mens het tog geglo en vertrou. By dit gesê, gebed en hoe dit werk moet nie n mens se geloof n knou gee nie, ek dink die hoof rede van gebed is om ons afhanklikheid van God te besef en terselfder tyd ook te aanvaar as Hy Koning is moet Sy besluit die regte een wees. Ek voel bid wat in jou hart is, ek wil amper sê, mens kan bid wat jy wil, die Here sal doen wat Hy wil, God het die finale sê, of bid net laat U wil geskied. Wat ons sê gaan nie God se arm draai nie, Sy besluit staan vas.

Teleurgesteld in Pastoor vrou. ·

Ek weet dat God se besluit en wil geskied in ons almal se lewens. Oor gebed en geloof kan jy my min vertel. Ek is teleurgesteld gewees omdat hierdie Pastoor gebid het dat my kind moet sterf en nie lewe nie. Nou is my vraag hoekom het hierdie dinge dan met haar 11 weke later gebeur nadat my kind eintlik dood gebid is.. ??? Ek ken haar van geen kant af nie nog nooit met haar eers gesels nie, sou ook nie want ek het dadelik dit wat sy gebid het teegestaan in gebid en alle bindings wat geplaas kon word gebreek.

Fanie ·

Well done to the police for the quick reaction. My hart goes out to the famly for thier loss. No family should have to go through what they have to now.
Anger and seeking retribution and revenge are near natural reactions in circumstances such as these. Lets not get so pious in our Religiosity and forget that we are human.

n ·

jou kommentaar van 17 ure gelede maak nie sin nie maar ek wil net antwoord op jou vraag. ons het ‘n paar jaar gelede gebid dat dat die Here my tannie moet kom haal omdat sy siek was met kanker en deur vreeslike pyn gegaan het. hierdie vrou was ‘n ware kind van God, ek het haar persoonlik geken. sy het gebid soos die Heilige Gees haar gelei het. ek glo ook nie jy bid net wat jy wil nie, jy word gelei deur die Heilige Gees.

Familie ·

Ek wil net vir almal van julle sê wat so greeting na die Bybel verwys.
Die koerant vertel vir jul die basiese goed omdat dit so wreed was dat ek nie glo hul mag of sal so iets plaas nie.
My tannie is verniel. Sy het op die mees wreedste manier haar lewe verloor en julle kom ruk die Bybel uit.
Jul weet niks so hou jul kommetaar eerder vir jul self.
Ons is stukkend…
Sit elke een van julle, julle in ons skoene dan praat ons weer.
Ons mag kwaad wees, dis ons menslike reg om te voel hoe ons voel.
Ons is net mens met gevoelens.
Mag so iets nooit met een van julle gebeur nie want dis iets waar oor ons vir ‘n lang tyd nie sal kan kom nie.
Sorry maar dink bietjie voor julle goed comment, julle weet niks.
Dankie aan Maroela wat wel nie al die grusame detail op gesit het nie.

Teresa ·

Ek persoonlik dink by myself, dat Pst Elsabe van Niekerk, haar oomblikke gehad het van pyn, leiding, en hartseer, ek het haar leer ken in die Elim Kerk Pta-Wes, waar ons onder die vandal van Pst Phillip Lessing gedien het vir 25 jaar, wat ons aan en af mekaar gesien het, sy was reguit met wat sy sou se, en sy sou die Woord sny soos God dit wou he, en het geen doekies omgedraai, ons as mense sien altyd die mens raak, en vergeet dat sy n mens net ek en u was, daar was al baie trane, pyn, onsekerheid, en dan was daar die goeie tye, ons sit party keer die Pastore op die troontjie, en wanneer hulle n fout maak, is ons almal daar om hulle uit te wys op hulle foute, maar ons vergeet maklik ons eie foute, want ons kyk te veel rond, wie het wat en wat gaan om ons aan, sy was n steunpilaar vir ons almal, en was life vir haar net soos wat sy was, niks was vir haar te veel moeite, as iemand hulp vra was sy daar, Jy het ons almal voort gegaan, maar jy is op n plek waar daar nie meer pyn en leiding is nie, jy was ons Gods ster, n ware Gods mens, en ons gaan jou mis. JY IS OP DIE BESTE PLEK – WAAR ALMAL VAN DROOM

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.