Moot-moord: Verdagte wil ‘nuwe feite’ voorlê

Visser Vrydag in die hof.

Visser Vrydag in die hof.

Stefan Visser (28), wat aangekla word van die moord op sy eksskoonma, Elsabe van Niekerk (55), het Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Die saak is tot 17 Mei uitgestel. Die ondersoekbeampte is in die hospitaal en kon dus nie Vrydag in die hof wees nie. Die staat het toe versoek dat die saak uitgestel word. Visser het intussen aangedui dat hy “nuwe feite” onder sy prokureur se aandag wil bring. Hy bly in aanhouding tot sy volgende verskyning wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Visser het op 14 April vir die eerste keer in die hof verskyn nadat hy Maandag 11 April in hegtenis geneem is, ure ná die moord op Van Niekerk. Visser is die eksman van Van Niekerk se dogter, Leandri Visser. Hulle het twee kinders.

Die staat het tydens die vorige hofverskyning aangevoer dat die beskuldigde die Sondag voor die moord in ʼn stryery oor die kinders met Van Niekerk se man, Dirk, betrokke was. Die beskuldigde het toe glo die volgende dag na die huis in 8ste Laan in Gezina gegaan waar hy ook ʼn woordewisseling met Van Niekerk gehad en haar glo met ʼn mes doodgesteek het.

Die verdagte is later die dag by die huis van sy nuwe vriendin se ouma in die Rietondale/Queenswood-omgewing in hegtenis geneem.

Van Niekerk het as pastoor gewerk by die Herlewingslig-sentrum in Zandfontein en was ook ’n omroeper op Rainbow Gospel Radio. Sy laat haar man, Dirk, twee kinders, Leandri (29) en Benjy (20), en twee kleinkinders, Juan (5) en Micayla (3), agter.

Lees alle vorige berigte oor Stefan Visser op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Gesiggie ·

Ag ja, so nou moet ons nog langer wag, om te hoor, wat met hierdie man gaan gebeur? en wat se nuwe feite wil jy nou onder die staat se aandag bring Mnr Visser”’ niks wat jy gaan probeer doen, sal jou saak verander, jy het n vrou se lewe geneem… en moet boet daarvoor… n Familie is uitmekaar geskeur… en jy is die rede… sien uit om die storie weer te lees..sterkte aan die gesin en familie van Mev Van Niekerk

E ·

Shoe, die familie lyk almal na sulke ordentlike mense. So tragies dat sulke dinge met van die bestes gebeur. Dit wat gebeur het is vreeslik. Mag die Here met hierdie familie wees.

Cherokee ·

Àlmal? Hý ook? Jy moet die beskrywing van die woord ‘realisme’ opsoek.

Koos ·

N saak het 3 kante. n A kant, n B kant, en die waarheid. Oordeel maar ou Gesiggie. So sal jy ook eendag geoordeel word. Jesus het n moordenaar aan die kruis saam Hom Hemel toe geneem. Moord is moord ja, maar elke saak het sy meriete.

Anoniem ·

Koos jammer om te se..maar dit gee jou nie die reg om iemand te vermoor net omdat God n moordenaar saam hom hemel to genneem het nie….DIe man en enige ander moordenaar verdien die doodstraf…Jy het geen reg om iemand se lewe te neem nie…nou loop jy as moordenaar vry al sit jy in tronk het jy nog n lewe..inteendeel in die tronk kry jy sommer alles gratis van medies tot om te leer vir iets..gratis op my en jou geld…..no ways….Daar gaan net n paar die doodstraf kry dan sal al die gemors in Suid Afrika stop……Sorry maar ek kan nie met jou of enige iemand saamstem wat vir moordenaars opkom nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

HFC ·

Koos, waar lees jy dat dit ‘n moordenaar was want sover ek weet staan daar “rower” in al die evangelies?.

Cherokee ·

So Koos, jý is dus die een wat tydens plaasmoorde ‘meriete’ voorhou en salaris-verdigsels vertel. En indien dit nie jy is nie, wat maak ‘n wit moordenaar anders as ‘n swarte? Antwoord hierop sodat ons kan probeer om te verstaan hoe jou kop werk.

Cherokee ·

Sluit Koos saam met hom toe want hy reken daar is ‘meriete’ vir moord.

Gesiggie ·

Ag regtig Koos, moord is nie n uitweg… en ek oordeel nie, maar die man het n lewe geneem ”’ sou jy happy gevoel het, as iemand so iets aan jou familie doen??

Yskoueyskas ·

As iemand jou kinders vat sou ek ook dit doen want klink my die mense ken nie die bybel nie.al wat ek se is iemand wat n pastoor is red n huwelik en dryf dit nie na n steeklike huwelik nie.een steek is seker genoeg deur die hart en nie n leeftyd nie

Louise ·

Ja hy het haar vermoor en ja dit is verkeerd, maar sy moes die lewende hel uit hom getreiter het. Sy het nie die reg gehad om iemand te beproef nie net omdat sy ‘n so-called pastoor was nie. Sy moes mos in haar hoedanigheid as Pastoor geweet het hoe om die situasie te hanteer, of dalk was sy maar net ‘n wanne-bee Pastoor.

Anoniem ·

Louise …..was jy daar? Hoe kan jy die goed se. Niks maar niks regverdig n moord nie!!!!!!!!!!!!!!!!!Ek sal skaam kry as ek jy is.

hettie ·

Jul nie eers ha ken nie. Die wat ha nie geken het nie kan maar stil bly sy was n vrou, pastoor, ma en ouma duisend. Jul kan maar stil bly as jul ha nie geken het of die omstandighede geken het nie. Los die mense dat hul die saak nou kan oorkom en in vrede verder aangaan.

Cherokee ·

Louise, jy beskou dus moord as ‘n oplossing vir treitering. Jy is gevaarlik.

J ·

Is dit die norm as jy vir jou ex skoonma gaan kuier vat jy n mes saam? Ek dink Koos en die ander wat die man se kant kies ken hom

Gideon ·

Ek het ook mos ‘n gevoel dat daardie pastoor gedink het sy kan die arme man se kind wegneem!! Kyk maar wat gebeur as mens met diere se kleintjies lol!! Diere en mense is albei soogdiere!! en baie mense is al uit kerke oor die predikante en pastore!!

n ·

het jy haar persoonlik geken??? hou jou swak kommentaar vir jouself, want jy het geen benul waarvan jy praat nie.

Anoniem ·

As iemand jou dan treiter soos jy dit stel dan gaan jy mos nie, na daardie persoon toe nie. Jy vermy hulle mos. Hy het klaar gewapen gegaan. Sy planne was duidelik.

lienkie ·

die feit dat julle hom dadelik skuldig maak lyk dit vir my julle almal was die dag daar toe die moord gepleeg was. Dalk is dit veilig om eerder jou kommentaar vir jouself te hou want wat gebeur as die man onskuldig bevind word? gaan elk van julle wat hom skuldig gemaak het onverskooning vra? Nie een van ons sal weet wat regtig daar gebeur het nie en dis waar wat Koos sê, n saak het 3 kante. Ek is geleer in die lewe as jy nie iets goeds oor iemand te sê het nie sê jy eerder niks. Ek voel bitter vir beide van die families en wens alle sterkte toe vir hulle.

Cherokee ·

Hou jy ook jou kommentaar vir jouself met berigte oor plaasmoorde? Nêrens het ek gelees dat daar enige moontlikheid bestaan dat jy haar nie vermoor het nie. Ek kan nie uitmaak wat jy probeer oordra nie.

J ·

Ag Lienkie die bure het hom gesien!!! Hoekom wil party mense krimenele beskerm. Hy is n lafaard en het gaan kuier met n MES!!!!Toe sy alleen was!!! Kom by suster . As dit jou ma was

Sam ·

Sjoe maar ek sien die is eintlik die hof. Hier word jy gestenig al is jy nog nie eers skuldig nie… Hoe sukkel ons land so as ons dan met sulke top speurders en regters hier in die komentaar hokkie sit?!

Cherokee ·

Wànt Samuel, ons verag enige moordenaar en beskou niks as verskoning daarvoor nie.

Marietjie ·

Soos iemand wat nou die lewende hel uit ons ander irriteer, sal ons haar moordenaar ook maar vergewe

Cherokee ·

Het jy toestemming vanaf die ‘ons’ namens wie jy probeer praat?

Joann ·

Koos die bybel se oog vir n oog en n tand vir n tand. Ek jammer vir familie en moordenaar ook maar hy het verkeerd gedoen.

Se maar net ·

Gisiggie ek stem saam met van Koos se stellings moet asb nie so vinnag oordeel nie of was jy daar soos jy praat het jy al die getuienis wat nodig is vir die saak
Moord is nooit reg nie ek stem saam maar gee die man a kans on sy kant te stel

Cherokee ·

Nou sê jý vir ons watter soort van ‘kans kan hy stel’ om moord te probeer verontskuldig.

Oom Kalahari ·

Ek glo darem nou nie enige iemand hier prober verseker regter speel nie en almal prober net ‘n persoonlike opine of mening lig. Ongeag wat die jongman Stefan Visser is of was moet hy darem verantwoording vir sy onmenslike daad wat gepleeg is neem, want daar moet darem beheer oor jou emosies en optredes wees. Hoe keer jy ‘n dag na struwelinge weer terug vir verdere konflik sonder beplande motiewe en waarom ‘n mes byderhand. Dan skep dit ‘n menings vorm dat hy hierdie misdaad reeds in onderbewussyn gehad het as hy nie sy doelwit kan/gaan bereik nie. Sekerlik was daar sedert die eerste verskille/argument die vorige dag tog opsies om professionele hulp te kan bekom om die saak van watter aard ookal te kon besleg tot voordeel van alle partye. Moord is regtig nie ‘n opsie tot enige oplossings nie en rig baie hartseer en skade aan menigte. Hy moet boet vir sy wandaad en onreg wat gepleeg is en niks regverdig moordadige optredes nie. Simpatie aan alle families.

Lykill Visser ·

Neef n gebed vir jou…’ Here ek bid vandag vir my Neef wat n gegroot fout in sy lewe gemaak het. Asblief vergewe hom en help hom deur die donker tye, maak sy hart vol met liefde en vat die kwaad weg. Ek weet Stefan is n goeie man met n goeie hart, bring hom weer so trug. Wees ook met die families wat geraak word deur die. Hou hulle sterk en moet nie dat kwaad en haat hulle harte vul nie. Asblief Here help ook ons volk om mekaar op te help en nie mekaar af te druk nie, help ons ook om mekaar regte help en nie mekaar te steunig met woorde nie. Asblief Here help die volk van ons om die klip neer te lê en op ons knee gaan en te bid vir mekaar. In n naam Amen.

ou nuus ·

Julle kan baklei oor strooi, oor ‘n persoon wat nog nie eers skuldig of onskuldig bevind is nie!! en ENIGE sonde is VERKEERD. Cherokee jy is darm aanvalend, se nou sommer Koos mut toegesluit word! net soos jy, het hy ook ‘n opinie. Hoop jy bid vinaand en vra onverskoning vir jou gedrag en optredes teen oor ander…… NIEMAND weet wat het daardie dag van die moord gebeur nie, Net God, Elsibie en Stefan weet, so hou op julle opwerk oor ‘n berig en mense wat julle nie ken of raak nie!!! lees die berig en kyk wat gebeur, sou what as hy borg kry? sou what as hy nie borg kry nie? dit het niks met ons te doen nie. En niemand staan net op in die oggend en gaan maak iemand dood nie, Die so-called pastoor moes iets gedoen het om die man so ver te dryf. So haal my ook maar uit, dis my opinie! En onthou net – hy het ook ‘n familie en ‘n meisie wat seer kry, nes sy eks vrou en eks familie ook seer kry deur wat gedoen was , julle maak niks beter nie!

poplapie ·

Stem saam, hy is gevang, kom ons kyk wat gebeur. Dis soms moeilik om nie komentaar te lewer nie, maar daar is ander mense wat geraak word deur 1 peersoon se optrede. Kom ons sit wagte voor ons monde en dink voor ons doen. Ek bid vir ALMAL wat geraak word deur die storie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.