Moot-moord: Verhoordatum dán dalk vasgestel

Stefan Visser tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Phillip Bruwer

Stefan Visser tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Phillip Bruwer

Die verhoordatum in die moordsaak van pastoor Elsabe van Niekerk (55) van Pretoria sal na verwagting in Oktober in die stad se landdroshof vasgestel word.

Stefan Visser (29), die man wat verdink word van haar moord, het Woensdag vlugtig in die hof verskyn.

Die saak is egter tot Oktober uitgestel aangesien Visser se prokureur, Philip van Staden, nie in die hof kon wees nie omdat hy by ʼn begrafnis was.

Stefan Visser. Foto: Facebook

Stefan Visser. Foto: Facebook

Die saak is gereed om na die hooggeregshof verwys te word en die datum sal dan na verwagting vasgestel word. Twee weke is opsygesit vir die verhoor wat vir April geskeduleer is.

Maroela Media het vroeër berig Van Niekerk is op 11 April by haar broer se werkswinkel in Gezina in die stad se Moot-omgewing vermoor. Visser en Van Niekerk se dogter, Leandri, was besig om te skei. Visser het tydens sy borgaansoek beweer sy skoonouers het in hul huwelik ingemeng en hom daarvan weerhou om sy twee kinders te sien. Van Niekerk is glo tydens ʼn argument oor die egpaar se kinders 31 keer met ʼn mes gesteek en vier keer gesny.

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Visser beweer hy het “geknak” toe Van Niekerk op hom gegil en hom gestamp het, waarna hy nie meer kan onthou wat gebeur het totdat hy later dieselfde dag by sy vriendin se ouma se huis in Rietondale in hegtenis geneem is nie.

Die staat voer aan die moordwapen is Visser se “knuckle duster”-vuisystermes.

Hy het op 14 April vir die eerste keer in die hof verskyn op aanklag van moord met voorbedagte rade, wat ʼn skedule 6-misdryf is. Sy borgtogaansoek is op 13 Junie van die hand gewys. Hy bly in aanhouding in die Kgosi Mampuru-gevangenis.

Lees die vorige berigte oor die Moot-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wors ·

What a way to get someone out of your life……
If you marry someone you marry the family.
His eks wife should have kept theire problems between them. So many people interfere in others life’s. Still not right what he did. But everyone gets fed up and snaps.

Hanna de lange ·

Dankie maroela vir die update
Daar was op die laaste beeld komentaar gese dat hy by sy eks skoonfamilie gebly het? As mens trou is dit maar idiaal om jou huwelik in jou eie huis te hou. Kuier gaste is nie bly gaste nie. En hoe sleg moes sy ma gewees het, dat hy van die huis af weg geloop het op die ouderdom van 17jaar oud?
Dalk was daar probleme wat opgeborrel het van kind af.

Karien ·

Sterkte aan almal wat geraak word deur die tragedie
Men’s wens so iets op niemand!
Sterkte aan sy 3 kinders, ek is seker hulle het wonderlike ondersteuning en wonderlike mamma’s.
Onthou dat Liewe Jesus maak die sterkste mammas, enkel mammas. Staan net by wat julle glo, die saak mag dalk lank en aaklig wees. Wees sterk!

Bossie ·

DIE MAN IS ‘N GEWELDENAAR-hy het ‘n lewe geneem en hoort nie in die samelewing nie.

Cherokee ·

Is dit die OP-aanhangers wat (ook) hier vir ‘n moordenaar onophoudelik verskoning aanbied?

Erika ·

Moord is moord! Beskaafde mense los nie probleme op deur te moor nie.

Nico Liebenberg ·

Dit maak my siek dat soveel vir die moordenaar opkom. Elsabe het in die weke wat haar moord vooraf gegaan het gereeld vir ons vertel hoe die man sy vaderlike pligte versuim en weier om finansieel by te dra ten opsigte van die kinders. Sy het ons vertel hoe hy hulle selfs in hulle eie huis gedreig het. Nou kan hy kastig niks onthou nie. Kan ons nie maar weer die doodstraf instel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.