Moot-moord: Was dit beplan?

Stefan Visser tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Phillip Bruwer

Stefan Visser tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Phillip Bruwer

Landdros Kiru Pillay moet onder meer eers besluit of die moord op pastoor Elsabe van Niekerk voorafbeplan was voordat Stefan Visser (29), haar skoonseun wat van die daad aangekla word, gaan weet of sy borgtogaansoek suksesvol was.

Philip van Staden, Visser se prokureur, het Woensdag in sy slotbetoë in die Pretoria-landdroshof versoek dat sy kliënt borgtog kry. “Die bewyse wat tans voor die hof dien bewys nie dat dit ʼn moord met voorbedagte rade was nie en daarvolgens nie ʼn skedule 6-misdryf is nie,” het Van Staden gesê. “Die staat se bewyse het in gebreke gebly om te bewys dat die moord vooraf beplan was en dit sal tydens die verhoor bewys word.”

Van Staden het gesê die rede hoekom Visser die dag van die moord op 11 April in Pretoria se Moot-gebied ʼn klapmus en handskoene by hom gehad het, was omdat hy die oggend met ʼn bromponie gery het en dit koud was. Hy het sy vuisyster met ʼn mes vooraan, die wapen waarmee Van Niekerk vermoedelik 31 keer gesteek en vier keer gesny is, aan hom gehad omdat hy dit altyd by hom dra vir selfverdediging.

“Hy bly sedert verlede jaar nie meer in die oorledene se huis nie en weet nie wat haar doen en late is nie. Hy het dus nie ʼn idee gehad dat sy die dag by haar broer se werkswinkel in Gezina sou opdaag nie. Hy is daarheen om sy vriend te gaan besoek en saam met hom ʼn bier te drink. As hy die moord vooraf beplan het, sou hy direk na die oorlede se huis gegaan het. Dit is ʼn geldige rede om te bewys dit was nie moord met voorbedagte rade nie en dat die saak as ʼn skedule 5-misdryf aangehoor moet word.”

Aubrey Ledwaba, vir die staat, het op sy beurt aangevoer dat die moord wel voorafbeplan was.

“Die beskuldigde het in sy beëdigde verklaring aangedui dat hy en sy vrou besig was om te skei en dat sy skoonouers in hul huwelik ingemeng het. Hy het ook getuig dat hy die Saterdag voor die moord in ʼn argument met die oorledene se man betrokke was. Hy het dus ʼn wrok gehad,” het Ledwaba gesê. “Ons het ook die verklaring van die oorledene se vriendin wat sê dat Visser in Januarie gedreig het om sy skoonouers, vrou en kinders te vermoor waarna hy selfmoord sou pleeg.”

Ledwaba het gesê dat Visser sedert hy in gr. 10 was tot en met September verlede jaar by die oorledene se huis gewoon het, waarna hy by sy nuwe vriendin ingetrek het wat tans vyf maande swanger is met hul baba.

“Hy het dus lank genoeg daar gebly om bewus te wees van haar doen en late. Hy is na die werkswinkel toe en het daar gaan drink omdat hy geweet het sy gaan daar ʼn draai maak. Hy het selfs later gery om nog bier te gaan koop terwyl hy gewag het dat sy opdaag.

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Pastoor Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

“As hy die klapmus gedra het vir die koue, hoekom het hy dit dan aangehad terwyl hy die oorledene doodgesteek het? Hy het dit gebruik om sy gesig te bedek. Ná die voorval het hy probeer wegkruip en het hy gejok toe die polisie hom aangekeer het deur te sê dat daar ʼn rooi Golf met vier swart mans was wat die plek beroof het.”

Ledwaba het gesê die staat het ʼn sterk saak en bewyse en dit is alles ʼn duidelike aanduiding dat die moord vooraf beplan was.

Hy het bygevoeg dat die graad van geweld erg is. “Om iemand 31 keer met ʼn mes te steek en vier keer te sny is baie ernstig. Dit is beslis nie ʼn straf vir iemand wat iemand anders net gestamp het nie, soos wat die beskuldigde beweer die oorledene aan hom gedoen het, voordat hy nie verder kon onthou wat gebeur het nie.”

Oor die bewering dat Visser nie verder kon onthou wat ná die konfrontasie gebeur het nie, het Ledwaba gesê die staat is nie oortuig dat Visser nie die gebeure kan onthou nie.

“Hy onthou nie wat verder gebeur het nie, maar was slim genoeg om te vlug en klere met bloed op te gaan verbrand. Ek sal graag wil weet van wanneer af hy weer onthou. Hy het dieselfde dag ná sy inhegtenisneming aan die polisie stap vir stap verduidelik wat gebeur het, maar nou voer hy aan hy kan niks onthou nie.”

Ledwaba het gesê Visser het nie die moorddaad ontken nie en dat die staat sal poog dat hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis moet word.

Van Staden het afgesluit deur te sê dat Visser nog nie skuldig bevind is nie en dat Visser ontken dat hy die sogenaamde dreigement gemaak het.

Pillay het die saak tot volgende week uitgestel wanneer sy na verwagting sal uitspraak lewer oor borgtog. Visser bly intussen in aanhouding.

Lees die vorige berigte oor die Moot-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hannelie ·

Hy moet net pasop dat hy homself nie vaslieg nie…..want hy kan nie eens lekker onthou watter leuen het hy hoe vertel nie. Hy moet maar sit!

Marous ·

Selektiewe geheue …. wonder of wapen oor sy kneukels was om hom warm te hou….

Irene ·

Dit was moord hoekom altyd alles wil uitstel of borgtog gee geen wonder daar word so baie moorde so maklik gepleeg nie

Gesiggie ·

Well Done Mnr Aubrey Ledwaba…. ek dink jy is 100% reg… en met iemand soos jy sal die Mnr Visser nie wegkom… Saterdag voor die Moord, het hul n uitval gehad”’ so ja : punt een.. n bewys… was beplan… hy kon niks onthou, maar het nadat hy haar vermoor het… sy bebloede klere gaan verbrand: maybe het die rook syne hom tot werklikheid gedwing… wag hier kom n ding… Mnr Ledwaba hou aan met jou goeie werk… en gee die man n lewenslane tronk straf… kan nie wag vir hierdie uitspraak, ek dink Mnr Visser gaan Crack….en die waarheid gaan uitkom… hy gaan als onthou… Sterkte aan Elsabe se Gesin wat moet wag…

Sus ·

Die knaap lieg soos ‘n tannetrekker! Hy moet diep weggebere word. Sterkte aan Ledwaba met die saak en ek hoop die familie vind mettertyd troos.

Selektiewe geheue ·

Ja nee geweet dit klink te goed om waar te wees, ou prokureurtjie maak tog eers seker wat jou klient vroeer gese het. O ja dit maak nie saak as dit later uitkom dan het jy mos jou geld. Hierdie jong man se gap is te nou!!!!!! Ou Giel en nou draai jy weer om??? Een ding is ons eens die kerel moet maar sit, verantwoordelikheid neem vir sy dade.

Vangie ·

Rerig mense wie is julle om so te oordeel ek ken stefan al my hele lewe lank en weet hy is n goeie pa en sal niemand opsetlik seer maak of dood maak nie sy eks skoonma was nie so goeie mens soos almal dink nie sy wou he hy moes sy kinders afskryf nou as jy n pastoor is dan doen jy nie sulke dinge nie maar sy was wel n klip christen so asb Ek weet wat hy gedoen het was verkeerd maar opsetlik en voor af beplan is nie een van hulle nie en sy eks vrou vir haar het als oor geld gegaan en nie die twee kinders nie sy was n regte jaloerse poppie en arme stefan mag nooit saam sy vriende gesit en gesels het as sy by was nie hy het sy gaai afgewerk vir daai kids so voor julle hom probeer stenig en slegse sit jul self eers in sy skoene

Pieter ·

Vangie ek verstaan jou punt maar wragtig om haar dood te steek?!?! Hy moes eerder maar ander planne gemaak het hulle kan jou nie dwing om jou kinders af te skryf nie …

n ·

vangie, as hy so goeie ou was, sou hy haar nie 31 keer steek en haar keel afsny nie. en dit nadat sy hom ingevat het as een van haar eie kinders?? ek het haar persoonlik geken en sy was nie ‘n klip christen soos jy se nie. sy was ‘n wonderlike mens. elke mens het tekortkominge. dis menslik, en ja. jou vriendjie het issues gehad, maar hy kon met dit op ‘n ander manier deal. as hy in die tronk gaan sit, is dit wat hy verdien. ek hoop sy gewete pla hom tot hy eendag in sy graf le. hy het iets kosbaars gevat van diegene wat haar geken en lief gehad het. haar plekkie sal altyd leeg wees.

sterkte ·

Sterkte aan almal wat moet wag tot die volgende hofsaak en hier deur geraak word
Ons bid vir regverdigheid teen oor Stefan. Reg of verkeerd. Elke persoon het ‘n regverdige straf nodig
As hy Borg kry. Well done vir Sy prokureer. Dan kan hy darm daar die tyd saam Sy familie, vriende en Sy Meisie spandeer

Sjoe ·

Jammer ou sterkte ek kan nie dieselfde voel nie. Regverdigheid teenoor Stefan, sou jy regtig dink die vrou het haarself 30x gesteek met n mes &4keer gesny overkill of dink jy vat so katvis jy wil mos inmeng? Ek staan verstom oor jou laaste 2 sinne, dit is hoekom hierdie pragtige jong man gebroke huwelik, storms, 2 kindertjies, n totaal overkill skoonma, n swanger girlfriend, alkohol misbruik & dwelms alles in 1lyn met sy naam staan. Jong man vat verantwoordelikheid &bou n nuwe lewe, die raad & leiding wat jy kry is beslis nie tot jou voordeel nie, nee jong gaan 3 kids he wat na jou moet opkyk, dit is n keuse wat net jy kan maak!

Met groot oe ·

Sjoe, regtig rof dit is nogal interessant, klink of beide nie die regstelsel aanwend om hul probleme op te los nie, dink jy regtig 30 messteke & 4 snye is reg teenoor iemand wat inmeng? Hy kon skei & deur die regstelsel gedeelde toesig kry, jy vra hoekom skei sy nie net en kry klaar nie selfde vir hom, hy kan mos ook, dalk wil hy ook nie regtig. Hy gaan maak sommer nog n kindjie terwyl hy hier getroud is.

Pieter ·

n Moordenaar hoort agter tralies, of hy dit vooraf beplan het of de nie, geen ou wat verantwoordelik is vir iemand se dood in so n geval soos die waar hy haar dood gesteek het behoort borg te kry nie. Verskil tussen n ongeluk, selfverdediging en moord. Hoe kan hulle eers borg oorweeg vir iemand wat n mes weer en weer en 31 keer haar gesteek het en dan nog 4 keer gesny het, hy was mos daarop uit om n einde aan haar lewe te maak. Dit dui mos op ongevoeligheid. Hy is n gevaar vir sy familie en vriende, net nou doen hulle iets wat die gevoel weer opwakker om dood te maak, duidelik skroom hy nie om dit te doen nie. Hy moet sy gevolge dra en geen borg vir hom.

Gesiggie ·

Rof….. dade hoef nie in moord te ontaard? dit het Mnr Visser nogsteeds nie die reg gegee, om n onskuldigge vrou se lewe te neem… Familie probleme kan op n ander manier uitgesort word… sal jy toelaat dat jou skoon Familie jou dreig tot moord? Ons was nie by… so sal nie kan geteig van abuse , maybe sal als nog uitkom… Mnr Visser moet betaal vir sy dade”’

Sandra ·

Weereens n sinnelose moord. Besig om te skei – bly by swanger meisie, n reseppie vir n groot gemors.

Sommerso ·

Vangie met alle respek ek ken ook vir Stefan.
Weet van sy issues.
Ons almal het issues, maar om `n person dood te maak wat jou ingeneem het van Graad 10 af is siek!
Ja ek sê dit reguit – straf hom! die daad is onmenslik!

Pieter ·

Verskoon my maar besig om te skei en die meisie is al klaar swanger!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.