Moot-pastoor se moordsaak hervat

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Elsabe van Niekerk. Foto: Facebook

Stefan Visser (29), die man wat verdink word van die moord op sy skoonma, pastoor Elsabe van Niekerk (55) van Pretoria, verskyn na verwagting weer Woensdag in die Pretoria-landdroshof.

Visser het vroeg in Augustus vir die eerste keer vlugtig in die hof verskyn nadat sy borgtogaansoek in Junie geweier is. Die saak is tot Woensdag uitgestel aangesien uitslae van DNS-bewyse nog nie gereed is nie.

Van Niekerk is op 11 April by haar broer se werkswinkel in Gezina in die stad se Moot-omgewing vermoor. Visser en Van Niekerk se dogter, Leandri, was besig om te skei. Visser het tydens sy borgaansoek beweer sy skoonouers het in hul huwelik ingemeng en hom daarvan weerhou om sy twee kinders te sien. Van Niekerk is glo tydens ʼn argument oor die egpaar se kinders 31 keer met ʼn mes gesteek en vier keer gesny.

Stefan Visser. Foto: Facebook

Stefan Visser. Foto: Facebook

Visser beweer hy het “geknak” toe Van Niekerk op hom gegil en hom gestamp het, waarna hy nie meer kan onthou wat gebeur het totdat hy later dieselfde dag by sy vriendin se ouma se huis in Rietondale in hegtenis geneem is nie.

Die staat voer aan die moordwapen is Visser se “knuckle duster”-vuisystermes.

Hy het op 14 April vir die eerste keer in die hof verskyn op aanklag van moord met voorbedagte rade, wat ʼn skedule 6-misdryf is.

Lees die vorige berigte oor die Moot-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cherokee ·

Die eerste sin sê hy word verdink maar niks in die res van die berig laat dit klink asof dit nie bewys en erken is. Hy is dus nie ‘n verdagte nie maar bloot ‘n moordenaar wat verhoor word.

Net hartseer ·

Dit bly maar net hartseer. Mense moet begin praat met mekaar en as jy nie regkom, gaan kry regshulp. Hierdie saak gaan ook baie hartseer bring en verder word ek kwaad as mens nou ‘n stupid ding soos ” ek kan niks onthou” as verskoning gebruik. Jy het na haar toe gery met ‘n doel, om jou sê te sê of watookal, vat verantwoordelikheid en deal daarmee. Hier gaan staatsgeld gemors word en op die ou einde, sal jy werklik meot kan bewys jy was nie bewus van jou dade, dit gaan nogal ‘n tricky een wees en dan het jy beslis minder aansien en die straf sal net meer wees.

E ·

Hiedie is en bly so ń hartseer saak. As ek dink hoe ek sou voel as iemand my kids van my moet weerhou? ek sal mal word! Verstaan mooi, moord is moord en daar is gevolge maar ek raak so boos as daar ń duiwel uit elke bos getrek word!
Hierdie man het gestruikel en baie goed ook, maar ek glo vas as die hele situasie gelaat was aan die 2 ouers om self uit te sorteer sonder enige inmenging sou die uiteinde dalk soveel anders gewees het.

vytjie ·

Stem…. Dalk moet die howe dieper kyk… Glo nie die man het moord beplan nie…

Goeie Hart ·

Soos mens gelukkige huwelike kry, kry mens gelukkige egskeidings. Ongelukkig is daar nie iets soos ‘n maklike egskeiding nie. Om te skei kan ‘n baie moeilike ding wees om deur te gaan, selfs onder normale omstandighede, en selfs as julle niks meer ingemeen het as ‘n goudvis of ‘n eetkamerstel nie.

Wanneer mense trou word twee mense een. Wanneer mens skei moet daardie twee mense uitmekaar “geskeur” word. Dit is hoekom egskeidings pynlike ervarings is.

Wanneer kinders betrokke is, raak dinge baie erger. Daar is ‘n goue reël wat mens moet probeer volg as jy skei, alhoewel ek dit nie baie sien in die praktyk nie. Dis baie eenvoudig: Vergewe en vergeet, en gee elke ouer 50% toegang tot haar/sy kinders. Dit maak dinge aansienlik makliker wanneer die ouers voel hulle word regverdig en dieselfde behandel.

Ondersteuning deur mens se familie is noodsaaklik en baie mense sal nie daarsonder kan klaar kom tydens ‘n egskeiding nie. Dit is egter baie belangrik om te onthou dat daar ‘n dun lyn is tussen familie ondersteuning en familie vervolging, veral as die familie voel hulle het ‘n morele of professionele prioriteit. Dit is ‘n baie gevaarlike ding om te doen en die gevolge kan tragies en onomkeerbaar wees, tydens die egskeiding of daarna. Geluk en liefde sal weer kom.

10 minute se selfbeheersing sal ‘n 100 jaar se beroue voorkom.

vytjie ·

Was die 10 minute of weke…. dalk maande se selfbeheersing… (- en van beide kante?)

vytjie ·

Dit is so jammer oor wat gebeur het. Mens gooi hom nou met klippe… Soms voel ek dat mens moet pasop as jy iemand te ver dryf. In ‘n land vol spanning en frustrasie is ekstra frustasie soms ‘n kersie op die koek en ‘n bom wat wag om te ontplof. Moord is wel moord, maar wat het jy gedoen om jouself in so ‘n posisie te plaas. Ek praat nie van roof- en- moord nie of deur ‘n vreemdeling aangeval word nie. Het die man nie dalk magteloos en frustreerd gevoel deur die pastoor se, ook onvanpaste optrede, nie. Ek glo almal het al gevoel om iets aan iemand te doen, wat as jy “gepush” word… Sy kinders word hom weerhou. Hy baklei teen ‘n muur.. sy is self aggressief.. hy is ‘n man met ‘n ingebore beskermings drang.. Ek het al baie keer gedink “jy het mos nou jou dood gaan soek” as ek sake lees. Ook bygesê my opinie is net algemeen nie ingelig nie.. Ek ken nie die feite nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.