Moot-tiener deur vragmotor raakgery

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn 18-jarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hy Dinsdagmiddag in die Pretoriase Moot deur ʼn vragmotor raakgery is.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het op die hoek van 18de Laan en Meyerstraat plaasgevind. “Met paramedici se aankoms op die toneel het die seun onder die vragmotor gelê met ernstige beserings.”

Volgens Mathe is die seun op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg. Sy het gesê die voorval het omstreeks 16:15 plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jaco ·

Ja want trokke dink die paaie is n race track hulle jaag daai goed soos taxis ook jaag en nie stop by robote nie

luister net ·

ai Mense Ons moet altyd eers seker maak voor ons net goed sè. kyk ma na die andwoorde oor die boerboel .. mens kan nie net sè wat uit jou mond Kom. en oordeel

Buitestander ·

Die voertuig het buite beheer geraak voor die seun getref is.
Bestuurder het niks oorgekom nie nie en is nie na ‘n hospitaal af gevoer nie.
Jammer vir die seun en die familie.

Vraag ·

Hoe weet jy dit buitestander?? Ek bly in daai area en die trokke jaag asof hulle resies jaag daar!! Ons het dit al herhaaldelik gerapporteer aan die besighede wat hulle gebruik maar niks word gedoen nie!!! Hier gaan nog groot hartseer kom!!

E ·

Het vandag eerstens moes stop op hoofpad vir beeste, geen wagter in sig!

Tweedens n bejaarde vrou wat oor hoofpad met kierie loop!!!!!!! “can you believe this,” net so uit die bloute. Kon ook nie te vinnig briek nie want daar was n string karre agter my.Wat nou as ek haar raakgery het?

Laastens, so paar jare terug vrou wat offramp mis en n reverse kap op die highway mense!!

Jammer vir hierdie seun en sy ouers. Ons kan nie meer net vir onsself op die pad dink nie.Dink ook vir die ander!!!!!!!!!

M ·

Dis jammer wat gebeur het, ek hoop hy word gou gesond.
Ek sien elke dag hoe roekeloos die groot voertuie ry omdat ek heeltyd op die pad is. Hierdie drywers ry te vinnig, hou nie by die pad spoed nie en ken nie van veilige afstand hou nie. Hulle moet maar gemonitor en daarvolgens gestraf word.
Ek gee maar liewers pad wanneer ek sien ene jaag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.