Morula Sun skuif dalk Menlyn toe

Argieffoto

Argieffoto

Sun International het gesê hy gaan die sukkelende Morula Sun Casino uit Mabopane in Noordwes na Pretoria-Oos verskuif, berig EWN.

Die groep het glo ʼn aansoek by die Gautengse dobbelraad ingedien om die oord na Menlyn te skuif. EWN berig die projek kan nagenoeg R3 miljard kos.

Kerkleiers in Pretoria-Oos het glo beswaar aangeteken en gesê die ontwikkeling sal nie die omgewing of gemeenskap bevorder nie.

Klik hier om meer te lees.
Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.