Mosambiek-grens: 14 polisiebeamptes vasgetrek

Argieffoto: SAPD, Facebook

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Vrydag in Emanguzi in KwaZulu-Natal gesê 14 Suid-Afrikaanse polisiebeamptes is vir korrupsie in hegtenis geneem op die Mosambiekse grens.

“Ons het 14 polisiebeamptes in hegtenis geneem wat vermoedelik betrokke is by strafregtelike aktiwiteite en korrupsie al langs die grens. Ons het ʼn nuwe polisiemag na dié gebied gebring,” het Mbalula gesê.

Mbalula het Emanguzi vroeër vandeesmaand besoek ná betogings deur die gemeenskap teen grensgebiedmisdade.

Hy het tydens sy besoek na die gemeenskap se besware geluister en onderneem om terug te gaan en met behulp van ʼn omvattende strategie af te reken met die kwessies wat geopper is.

Volgens hom sal ʼn heining langs die grens opgerig word om dit moeilik te maak vir misdadigers om per voertuig in Mosambiek in te beweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Andre ·

Geld wil gemors word om n heining op te rig om dit net vir misdadegers moeilik te maak.Meneer die minister jy is n nar daar is n pos oop by comdy central gaan doen daar aansoek.

Elizma ·

Waarom kla oor iets positiefs wat gedoen gaan word. Ai….my mense kan kla oor alles.

Anoniem ·

Lol jy is n grap, jy bedoel seker comedy nie comdy nie. Proeflees voor jy beledig.

KP ·

Dit gaan nie misdadegers keer nie dit verskaf net vir hulle verniet draad en pale om weg te dra.

Max ·

Kan die Geagte minister vir ons se waar was sy honderde offisiere en generale al die tyd gewees wat daar toesig en beheer moes uitoefen ?

Cherokee ·

As jy hom werklik ag is jy nie veronderstel om sulke vrae te vra nie.

humor ·

Elizma baie reg. Hierdie knaende geklaery van n klomp slapg@tte is n pyn in die nek van ons volkie. Kom gewoonlik van mense wat net op hulself ingestel is en nooit hul bree sitvlakke uit die gemakstoel lig nie.

Netso ·

Of dis al wat ons dalk oor het om elke dag deur te kom! Wie maak jou nou weer so spesiaal Regter?

LV ·

Hy wil elke keer die wiel herontwerp
Daar is reeds bewys dat n heining nie die sindikate sal stuit nie
Die beste opsie was om dolosse daar te plaas,maar nou ja,miskien doen die volg minister dit.

Alida ·

Dit is n groot verleentheid vir die SAPD. Behoorlike keuring en opleiding is van kardinale belang.

Boet Fasie ·

Alida ons weet nou al dat keuring vir enige werk plaasvind op grond van kleur en nie eerlikheid nie. Hoe beter jou misdaad rekort hoe groter jou kans op werk, bevordering en moontlike ‘n rang of twee

Boet Fasie ·

Die polisie in hierdie land het nie juis meer ‘n goeie reputasie nie, daagliks hoor mens van polisie en wetstoepassers wat betrokke is by kriminele aangeleendhede. Dit was eens op ‘n tyd , lank, lank gelede ‘n edele beroep waar die gemeenskap trots was op die manne en vrouens in uniform, maar deesdae is hulle deel van die vyand

Alida ·

Julle is 100% reg. SA het geen entiteit om op trots te wees nie! Hospitale, skole, SANW, SAPD, en nog vele meer het ineengestort na 94. Dit is bitter hartseer om daaraan te dink. As Mnr Ramaphosa die regte besluite neem ten aansien van ministers ongeag kleur het ons dalk nog n kans om dinge reg te ruk maar hoe draai mens die opstandige jeug se koppe om nie so te haat nie. Kom ons bid dat CR die wysheid aan die dag le wat nodig is.

Boats ·

Wat het van die elektriek heining geword wat daar was ,wat die regering laat afhaal het .

Nic ·

En die sisal plantasie wat in die ou dae die skelms uit- of ingehou het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.