Mosambiek-grens: 14 polisiebeamptes vasgetrek

Argieffoto: SAPD, Facebook

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Vrydag in Emanguzi in KwaZulu-Natal gesê 14 Suid-Afrikaanse polisiebeamptes is vir korrupsie in hegtenis geneem op die Mosambiekse grens.

“Ons het 14 polisiebeamptes in hegtenis geneem wat vermoedelik betrokke is by strafregtelike aktiwiteite en korrupsie al langs die grens. Ons het ʼn nuwe polisiemag na dié gebied gebring,” het Mbalula gesê.

Mbalula het Emanguzi vroeër vandeesmaand besoek ná betogings deur die gemeenskap teen grensgebiedmisdade.

Hy het tydens sy besoek na die gemeenskap se besware geluister en onderneem om terug te gaan en met behulp van ʼn omvattende strategie af te reken met die kwessies wat geopper is.

Volgens hom sal ʼn heining langs die grens opgerig word om dit moeilik te maak vir misdadigers om per voertuig in Mosambiek in te beweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andre

Geld wil gemors word om n heining op te rig om dit net vir misdadegers moeilik te maak.Meneer die minister jy is n nar daar is n pos oop by comdy central gaan doen daar aansoek.

KP

Dit gaan nie misdadegers keer nie dit verskaf net vir hulle verniet draad en pale om weg te dra.

Max

Kan die Geagte minister vir ons se waar was sy honderde offisiere en generale al die tyd gewees wat daar toesig en beheer moes uitoefen ?

humor

Elizma baie reg. Hierdie knaende geklaery van n klomp [email protected] is n pyn in die nek van ons volkie. Kom gewoonlik van mense wat net op hulself ingestel is en nooit hul bree sitvlakke uit die gemakstoel lig nie.

LV

Hy wil elke keer die wiel herontwerp
Daar is reeds bewys dat n heining nie die sindikate sal stuit nie
Die beste opsie was om dolosse daar te plaas,maar nou ja,miskien doen die volg minister dit.