Mosambiek se olifante dwaal rond in Mpumalanga

Argieffoto (Foto: ajoheyho, Pixabay)

Die toerisme- en parkeagentskap in Mpumalanga (MTPA) is Saterdag in kennis gestel van 11 olifante wat in Madadeni in die Nkomazi-streek rondloop. Die olifante is vermoedelik oorspronklik van Mosambiek en het deur Eswatini hul weg na Mpumalanga gebaan.

Kholofelo Nkambule, woordvoerder van die MTPA, sê sedert die olifante in die provinsie aangekom het, het verskeie mense hul reis gevolg. “Daar is verskeie versoeke dat hulle veilig terugbegelei moet word na Mosambiek.”

ʼn Span kenners van die MTPA werk onverpoosd om seker te maak dat dié olifante nie ʼn bedreiging inhou vir inwoners nie en dat hulle veilig teruggeneem sal word.

“Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om nie gewelddadig op te tree of die olifante op enige manier uit te lok nie. Dit kan daartoe lei dat die olifante hul lewens kan bedreig. Ons versoek die gemeenskap om saam met ons span kenners te werk terwyl ons die situasie monitor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Suzette ·

Ek kan nogal met “illegal” olifante deel sien kans vir hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.