Mosambiek-staatsamptenaar dood aangetref in Durban-hotel

Blue Waters-hotel in Durban, KwaZulu-Natal Foto: travelpod.com

Blue Waters-hotel in Durban, KwaZulu-Natal Foto: travelpod.com

ʼn Beampte van die Mosambiekse regering is dood aangetref in ʼn hotel in Durban, het die polisie in KwaZulu-Natal Sondag gesê.

“Hy is dood aangetref in sy hotelkamer,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. Die man is in ʼn plas bloed aangetref. Daar het bloed by die man se neus en mond uitgekom.

Zwane kon nie die oorsaak van die man se dood bekend maak nie, aangesien die uitslae van die toksikologie- en bloedtoetse nog nie vrygestel is nie.

Volgens die Sunday Independent het ʼn skoonmaker Donderdagoggend by die Blue Waters Hotel op die man se naakte liggaam afgekom. Hy het naby die bad in sy kamer gelê. Hy was glo werksaam by die Mosambiekse departement van omgewingsake en landelike ontwikkeling. Hy het ʼn konferensie in Durban bygewoon.

Die ambassade in Durban het met die man se familie in verbinding getree, het die koerant berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.