Moseneke wag nog vir Winnie se hofdokumente

Winnie Madikizela-Mandela tydens Nelson Mandela se begrafnis in Qune op 15 Desember. Foto: SAPA

Winnie Madikizela-Mandela tydens Nelson Mandela se begrafnis in Qune op 15 Desember. Foto: SAPA

Adjunkhoofregter Dikgang Moseneke, eksekuteur van oudpresident Nelson Mandela se boedel, het glo nog nie Winnie Madikizela-Mandela se hofdokumente wat haar egskeidingsbevel daag, ontvang nie.

Madikizela-Mandela daag wyle oudpresident Nelson Mandela se boedel asook hul egskeidingsbevel in ʼn poging om regte tot sy huis in Qunu in die Oos-Kaap te bekom. Haar prokureurs het Dinsdag bevestig dat hulle die hofdokumente in die Mthatha-hooggeregshof ingedien het.

Volgens Moseneke se kantoor het hy nog nie enige formele hofdokumente van haar ontvang nie en kan hy gevolglik nie enige navrae oor die aangeleentheid hanteer nie.

Mvuyo Notyesi, Madikizela-Mandela se prokureur, het glo in Augustus ʼn brief aan Moseneke, gerig waarin aangevoer word dat die regte van die eiendom aan Madikizela-Mandela en haar nageslag behoort, kragtens AbaThembu-tradisies. “Dié tradisie geld ongeag of die vrou van haar man geskei is of nie,” het Notyesi geskryf.  “Dit is die enigste huis waar Madikizela-Mandela se kinders en kleinkinders hul eie tradisies kan uitleef en beoefen.”

Madikizela-Mandela (78) was vir 38 jaar lank met Mandela getroud. Sy is nie in Mandela se testament, wat in Februarie vanjaar bekendgemaak is, benoem nie.

Mandela is op 5 Desember 2013 oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.