Mosie oor grondhervorming ‘verbreking van 1994-ooreenkoms’

Ernst Roets

AfriForum het die mosie wat in die parlement aanvaar is, ingevolge waarvan ʼn proses van stapel gestuur word om grondhervorming sonder vergoeding uit te voer, as ʼn verbreking van die 1994-ooreenkoms bestempel.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat die historiese skikking van 1994 een was waarin die ANC – onder die leiding van president Cyril Ramaphosa, wat as hoofonderhandelaar vir die party opgetree het – die onderneming aan minderhede gegee het dat hul belange in die nuwe Suid-Afrika beskerm sou word.

“Dié mosie is op ʼn verwronge beeld van die verlede gebaseer. Die term ‘onteiening sonder vergoeding’ is ʼn vorm van semantiese bedrog. Dit is niks meer as rassistiese diefstal nie.” Roets voeg by dat AfriForum dié mosie sal beveg, selfs al moet die stryd in die raadsale van die Verenigde Nasies (VN) gevoer word.

Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dit lyk of die ANC sy brood aan albei kante wil botter met dié dat hy beide beleggersvertroue wil inboesem deur die verandering in byvoorbeeld die tesourie en gerusstellende praatjies by Davos, terwyl hy met dieselfde entoesiasme onteiening van grond sonder vergoeding voorstaan.

“Hierdie kwessie dien as ontnugtering en bring ʼn einde aan die Ramaforie. Dit is duidelik dat alhoewel Ramaphosa president van die land is, hy in die eerste plek president van die ANC is. Indien onteiening sonder vergoeding voortgaan, het ons net die kaptein op die Titanic vervang,” het Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, gesê.

Volgens Mulder is dit verregaande om te veronderstel dat enige buitelandse belegger hier in eiendom sal kom belê indien daardie eiendom bloot deur die regering gevat kan word. “Private eiendomsreg is die grondslag van enige suksesvolle ekonomie. Ten einde ons groot werkloosheidsprobleem aan te pak en ekonomiese groei te ontsluit, moet die regering veel eerder die privaat sektor bemagtig in plaas van onteien,” het Mulder gesê.

“Wat besonder onrusbarend is, is dat die ANC ʼn EFF-mosie ondersteun het. Die EFF is bekend daarvoor dat hulle nasionalisering voorstaan en Suid-Afrika in Venezuela wil omskep,” het Mulder gewaarsku.

Die EFF-mosie rondom onteiening sonder vergoeding sluit aan by die ANC se beleidsbesluit in Desember.

“Die mosie raak nie slegs landbougrond nie; dit raak alle privaat eiendom – dit is ʼn gevaarlike presedent om te skep. Selfs al sou die kwalifiserende klousules van finansiële stabiliteit en voedselsekerheid bykom, gaan dit nie die vertroue inboesem om kapitaaluitvloei te stuit nie. Die idee dat die regering grond in bewaring moet neem, is de facto kommunisme en gaan dieselfde gevolge hê,” het Mulder verduidelik.

“Ten spyte van beloftes rondom ekonomiese groei, is hierdie mosie ʼn besliste dwarsklap vir beleggingsvertroue. Ná die kabinetskommeling het president Ramaphosa laat blyk dat hy ernstig is oor die ekonomie, maar hierdie mosie ondermyn daardie sentiment,” het Mulder afgesluit.

Piet le Roux

AfriSake het intussen gesê hy sal nie berus by onteiening sonder vergoeding nie, maak nie saak of dit deur die ANC of die EFF gedryf word nie.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, sê grondeienaars behoort die termyn van Ramaphosa te beskou as ʼn vensterperiode vir die verskansing van hul bates, selfs al is dit onwaarskynlik dat enige onteiening sonder vergoeding onmiddellik sal geskied.

Le Roux sê Ramaphosa se opmerkings in die Huis van Tradisionele Leiers en die EFF se mosie vir onteiening sonder vergoeding in die parlement is ongelukkig lank nie die einde nie. “Die ANC se aanvaarding van die beginsel van onteiening sonder vergoeding het ʼn nuwe politieke landskap in Suid-Afrika daargestel: een waar die radikale Julius Malema en sy EFF se verregaande beleidspunt skielik hoofstroom geword het.

“Alhoewel daar rede is om te glo dat mnr. Ramaphosa die impak daarvan wil beperk, is dit ongelukkig ʼn realiteit dat sy moontlike versigtigheid geen waarborg vir stabiliteit is nie. Die minagting van eiendomsreg wat nou geduld en gevoed word, is besig om al die verkeerde verwagtinge by kiesers te skep, en lê die grondslag vir ʼn nuwe, radikaler politieke fase in Suid-Afrika.

“Grondeienaars in Suid-Afrika kan op beide scenario’s voorberei: sowel die afwering van onteiening sonder vergoeding as die inwerkingstelling daarvan. Aan die een kant mag dit wees dat onder Ramaphosa, nieteenstaande sy openbare beloftes, onteiening sonder vergoeding afgeweer word. AfriSake gaan alles in die stryd werp om laasgenoemde te verseker – en ons versoek die publiek se steun hierin.”

Aan die ander kant sê Le Roux, is dit nodig om te erken dat die nuwe politieke landskap wel daartoe kan lei dat, nieteenstaande enige pogings deur ʼn gematigde vleuel binne die ANC, onteiening sonder vergoeding tog ingestel word. “Daarom is dit noodsaaklik vir grondeienaars om die huidige tydperk te beskou as ʼn venster van geleentheid om hul eiendom so te struktureer dat dit onaanloklik vir onteiening is, of met minimum verlies gepaard sal gaan.”

Le Roux sê AfriSake ondersteun eiendomsreg. “Ons monitor wat in die parlement gebeur, lewer insette, en neem waar nodig sake na die hof. Maar dit sou nie genoeg wees om net op beter politieke besluite staat te maak nie. Daarom werk ons ook om ons lede se belange – en die openbare belang – te beskerm selfs onder die slegste moontlike politieke leierskap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

110 Kommentare

Zelda ·

Het enige iemand die president se adres ek soek sy huise. As ook gaan ek nkantla dan ook vat. Oms mag mos vat. Oe dan soek ek n huis in zinkwasi kzn en ook n huis in kaapstad. Jis dan kan ek soveel huise gratis kry. Maar ek sal hulle huise vat.

Siviele oorlog ·

Wanneer mense mekaar se eiendomme gaan begin gryp sal daar siviele oorlog kom, en dan gaan die ANC MPs nie meer veel geld vir luuksighede he nie, en hulle sal inelggeval deur die honger massas onttroon word, hulle sal dit besef en daarom nie voortgaan met eiendomsregskending nie.

Piet Retief ·

HA…en hulle dink net wit mense se grond gaan gegryp word!!

Jammer om te se^ maar ‘n Volkstaat lyk soos ‘n goeie plan as ‘n mens will vooruit beplan. Hier kom dit weer, vat, breek en brand af tot ons almal net Mopani wurms kan eet.

Ai, Afrika het nog baie om te leer van regstellende aksie. Kan net vooruit dink nie. Gaan lees ‘n bietjie hoe die Chinese Afrika sien.

Alida 2 ·

Ek wonder oor 2 terme: “‘ onaanloklik vir onteiening”‘ en “‘verskansing van jou bates”
Hoe moet dit gedoen word .
Gee leiding asb.

Awie Opperman ·

Jy gaan leen soveel as moontlik geld teen jou roerende bates en belê die fondse in die buiteland. Jy verloor die Rente minus enige opbrengs op jou buitelandse beleggings. Die probleem is dat die banke dan die risiko van onteiening dra, en hulle gaan jou daarvoor laat betaal deur hoër as normale rentekoerse, maar as die onteieningswet goedgekeur word, sal jy baie maklik die rente kan betaal omdat die wisselkoers wesenlik sal verswak. Die regering kan nie jou grond onteien en jou met die skuld los nie, hulle moet altwee vat of altwee los!!

Hendrik ·

Jy gaan leen soveel geld as moontlik teen die eiendom en belê die geld in die buiteland.

Ethan ·

As jy boer in veral Limpopo en met beeste is jy teiken nr 1 dis al wat hulle in belangstel is die weiding vir beeste baie land claims gedoen en eerste vraag was wat is die drakrag en hoeveel beeste kan ek aanhou op die grond. Julius se tuiste.

Drieks ·

Kan iemand nie asseblief vir Malema ‘n toer deur Afrika betaal nie. Dat hy 3 maande in een land bly. Afrikane het grond. Kyk hoe gaan dit daar…

Blits ·

Vir die gene wat dit nie weet nie, net n brokkie nuus.

Malema en CR is huis vriende en daar word geeeld oor en weer gekuier, hulle is ook saam nie die ZCC en is gereeld saam by moria.

So alles steek mooi in mekaar en net weereens n bewys dat eff net n wing van die anc is om sodoende steun van anne partye te trek en die wat nie die anc wil steun nie hulle stem ook te trek, op die einde van die dag is almal se stemme, die anc en eff vir dieselfde party die anceff.
Dit kom hard en daar gaan nie keer aan wees nie, hulle gee nie om oor voedsel nie en ook nie oor di ekonomie nie, onthou dis die mense op die grond wat die spit gaan afbyt en nie die klomp in die parlement nie, hulle soos mugabe gaan in weelde lewe en elke dag soos konings eet terwyl die mense op grondvlak gaan sterf van die honger en mekaar uitwis vir kos, en dis eending wat die klomp nie kan insien nie en ook nie kan besef nie.

Sterkte aan almal daar buite, Mag onse Vader in die hemel ons almal beskerm teen die aanvalle van die booswigte en magte daar buite GESEEND IS ALMAL

Sophia ·

weet iemand dalk hoe raak die nuwe WET plase wat reeds eise opgehad het, waarvan die regering die eisers in kontant uitbetaal het ?

Al ·

Daar was in die Noord-Kaap ñ grondeis van ñ familie waaraan die eis toegestaan was.
Die probleem was … Ñ paar jaar later toe eis ñ ander familie dat die grond aan hul behoort het?.

Sarel ·

Daai plase kan/sal ook onteien word. Wat van “ALLE eiendom kan onteien word” verstaan mense nie??? Plase, huise, beleggings, ALLES. Die doel van onteiening is nie noodwendig om die nuwe eienaar te bevoordeel nie. Dit kan ook bloot gedoen word om die huidige eienaar te benadeel. Is dit nou duidelik????

RB ·

Waarskynlik dieselfde as BEE gevalle waar maatskappe aandele gegee het aan B’s en toe die BEE stempel gekry toe…maar daarna is daardie einste aandele verkoop deur die B’s aan W’s, en nou word die maatskappy weer as nie-BEE vriendelik beskou.

Hanlie ·

Huidige grondwet – ALLE eiendom kan teen vergoeding onteien word. Jip, hulle kan tans jou huis onteien, mits jy daarvoor vergoed word. Beoogde nuwe grondwet – ALLE eiendom kan sonder vergoeding onteien word.

Dirk Breytenbach ·

Hulle kom staan weer in die tou en skree oor regstelling. Hulle word dan dubbeld be-BBeEE.

Nettie ·

Die President het n plek in Bela- Bela en n plaas in Badplaas met n vier slaapkamer huis
waar hy lank laas geslaap het………………Gee dit vir jou mense ………….jy het dit nie nodig nie.
Stel n voorbeeld Mnr die President want jy trek nou die leeu se snor baard ………… moeilikheid gaan jy kry …….

Blits ·

die bee was ingestel sodat ons gedwing word om swart mense te leer hoe om die besighede te run sodat as hulle alles vat dat die besighede net dood gewoon kan aangaan

Hannes ·

Net n gedagte.
Drastiese bedreiging verg drastiese optrede.
Is daar n moontlikheid dat all boere – of die meeste boere – besluit om hulle plase te konsolideer in n onafhanklike staat indien voortgegaan word met die onteienings proses.
Die hel sal seker losbreek ??
Wie sal so n opsie ondersteun??
Wat sal die gevolge wees ??
Is dit enigsins moontlik

Dirk Breytenbach ·

Een van die beste voorstelle wat ek in ‘n lang tyd gesien het.

Staan by ·

–>En so sal ons sit een hoop dit gebeur nie.
–>hier en daar sal boere bietjie weerstand bied.
–>eers as ons almal in lokasies sit en niks het, dan sal ons wil planne maak.
–>ons kan nie saam staan nie.
–>eks tog bereid om die voorste lunie te vat, maar ons gaan i paar wees dit help nie.
–>ek het nog nooit kanada oorweeg nie, gelukkig het ek koneksies daar.
–>vergeet van saam staan hier in s.a. kom ons staan saam om planne te maak en nuwe toekoms vir ons kinders te begin in i ander land.

Estelle Oelofsen ·

“Surprize” Staan by! jy sal nie so maklik in Kanada inkom as wat jy mag dink nie. Wat het jy om hul aan te bied? DIe vereistes is hoog. Die land is begewe van die Chinese. In Vancouver is publieke kennisgewings lankal in Engels en Chinees. Die Ski-dorp, Banf, byvoorbeeld, behoort omtrent heeltemal aan Chinese. Kanadese kry minder geleenthede om verder te studeer as oosterlinge. Ek weet van Kanadese wat in ander lande gaan studeer het omdat hul afgekeur is by hul eie universiteite en toe sommer daar gebly het. Ons Suid Afrikaners wat altyd baie populêr was, is nie meer so nie. Ons opleiding in SA is nie meer na wense nie. Standaard ?! Veral na 1994? As jy byvoorbeeld ‘n regs opleiding het, moet jy maar weet, jy gaan dit heeltemal moet oordoen. Medies? Baie vakke sal jy moet oordoen in Kanada. Jammer, maar ek ken ook baie mense daar. Nie dat ek daar wil gaan bly nie. Hulle ken ook die word “korrupsie”. Ons rand is ook maar baie min werd daar. ± R10/R11 vir ‘n Kanadese dollar.

Luna ·

Hoe raak die nuwe wet die besit van woonstelle in n dorpdgebied

Jerry ·

Buitelandse beleggers sal in SA bele, ten spyte van grondonteiening. Die Davos ooreenkoms gaan oor beleggings om te help om die onreg van die verlede reg te stel en swart mense op te hef. Witmense en wat met hulle gebeur is nie ter sprake nie, want witmense was verantwoordelik vir die onreg en weier om te versoen ten einde die onreg van die verlede reg te stel. Dit is die realiteite. Die skrywer sit dus weereens die pot mis!

DewaldS ·

So jy beweer dis nie baie belangrik vir daardie beleggers om wel hulle geld terug te kry nie – solank die onregte ‘reggestel’ word. Interessante beleggers daai – mens kry nie baie van hulle nie…

Blits ·

Jerry ek dink jy sit die pot mis ou vriend, Het enige land of belegger in Zim belê??? jy lewe in n droom wêrel en dis mense soos jy wat in sprokies lewe glo wat te blind is om te sien wat om jou aangaan, word wakker asb al is dit klaar te laat,

Niemand belê in n ekonomie wat niks werd is nie NIEMAND

pieterdp ·

Nee die tyd toe EFF en ANC ge steit moes word het nie een groot politieke party iets gedoen nie. Byde van hul moes in n hof hul saak gestel het sodat hul in hul bek geruk moes word. Maar nee dis gelos om tot n pint van onbeheer te beruik.

Heinrich ·

Hulle het mos gesê hulle soek net die grond en nie die huis nie, dan sal niemand mos omgee as ek die huis afbrand wanneer ek padgee nie.

Rooi jan ·

Presies my gedagtes. Die huis, skure, huise wat vir die werkers gebou is, boorgate, damme en heinings is nie grond nie en is deur my gefinansier en opgerig. Myne om mee te maak wat ek wil so ek mag dit vernietig.

Liefdeskind ·

Waar is die banke se “stem” in hierde verwikkeling???? Is hulle tog nie die wat vir jou ‘n lening gee vir ‘n plaas of huis nie? Direk gaan hulle grond vat van die bank, nie die persoon wat nog skuld op sy lening nie. Wie wil in elkegeval nou ‘n huis/plaas wil koop? Malligheid!

pieter ·

Wat van al die ooreenkomste van die boere wat grond geruil het. Het ons vergeet van stellaland, goosen, Vryheid en die ooreenkoms met dingaan?
Waarom eis ons die gronde nie op as wettige eiendom van die afrikaaners nie?Of is die ooreenkomste ook deel van die ongeregtihede van die verlede. O ek onthou nou jy hoef nie jou woord te hou vaneer dit by afrikane kom nie, soos in 1994 mag hulle ooreenkomste eensydig wysig. Die konservatiewe party het die nasionaliste daarteen gewaarsku, toe was ons verkramp, nou het hulle euforie verdanp!

Donald ·

Hulle gaan die banke ook nasionaliseer dus sal jy die regering skuld op die einde van die dag. Die regering gaan jou jag vir daai skuld.

Oom Koos ·

Wat van wit mense met 2 huise in stede en dorpe; m. a. w. NIE plase/landbougrond/voedselsekerheid nie?

anton ·

Oom Koos, hulle eiendom sal heel eerste gevat word want jy bly mos nie in die 2de en 3de huis/plaas of woonstel nie.

Jaco ·

Wat n stupid manier om hulself in die voet te skiet…besef hul dat meeste grondeienaars die grootste gedeelte van die land se belasting betaal….ontneem ons van ons eiendom en ons ontneem JUL van jul soustreingeld!!!

grondgryp ·

Kan iemand asb vir die ANC en EFF ‘n geskiedenis- les gee oor wie en wanneer die grond vir wie en wat gebruik was van die begin af?
Dan sal al hierdie dinge onnodig wees.
Die swartes het in die begin die grond geneem wat nie aan hulle behoort het nie.
Leer sommer vir Ramaposa ook die geskiedenis – want hy ken dit nie kom dit voor.
Gee die les in die parlement en lig die lot in.

Hendrik ·

Stoot daai verband maximum op, belê die geld oorsee. Wanneer (nie as nie…) die rand duik a.g.v. hierdie waansinnigheid, slaan jy drie maal munt: 1. Jou geld is klaar oorsee, 2. Die bank sit met die probleem 3. Jou buitelandse valuta is skielik baie meer werd.

DewaldS ·

Regte en goeie idee, maar ek dink net die eerste paar outjies gaan dit regkry. Maak seker jy is een.

Ray ·

Absoluut Hendrik, enigste problem is dat jou buitelandse valuta skielik meer werd is in Suid Afrikaanse Rand en nie in die geldeenheid wat jy dit omgeswaai het nie. Hoop maar net dat ons nie Hiperinflasie slaan soos Zim nie, want dan sit ons net zeros by wat niks beteken nie

Vergeet daarvan ANC ·

Prersies, dit was nie die ooreenkoms nie. Ons sal laat die buiteland, die wat wil luister en daar sal wees, ons help om die ooreenkoms te behou.

DewaldS ·

Kyk – dit sal gaaf wees as jy bietjie wil rondsoek tot jy ietmand kry. Dan laat weet jy die res van ons ook. Ek vermoed dat dit vir jou ‘n interessante les in wêreld-politiek gaan wees. En jy gaan dit uitvind wat ons ingeligte ‘regses’ julle teen gewaarsku het.

Casper Labuschagne ·

Kortom gestel, vir my sal die opsie van vreedsame protes en die verbintenis daartoe om binne die SA demokrasie te werk ter wille van voorspoed en veiligheid, toenemend moeilik wees sou onteiening ‘n werklikheid word. Sou die proses van onteiening plaasvind, sal dit ook toenemend ‘n uiterste bitterheid onder wit persone veroorsaak. Dit is nie net ek wat so voel nie.

Werner ·

Julle moes maar liewer vir die verkrampte nee stemmers geluister het

DewaldS ·

My kommentaar is aan al die linkses en die slim liberale – veral die media-mense – al julle klomp onnosel libtards wat ons uitgeskel het as verkramp en as rassisties.

ONS HET VIR JULLE GESê!!

Moenie nou kom verbaas en verdwaas klink nie

Adam ·

Geen verbasing nie en julle is nog steeds verkramp. Hoe dink jy sou dinge gelyk het as die verkramptes ons verteenwoordig het. Jammer om jou borrel te bars, maar solank jy deel is van slegs 7% van die bevolking gaan jy nie toegelaat word om die kitaar te slaan nie.

Dink Self ·

Waarom is Maroela media berigte nie in Engels beskikbaar nie?

Op die meeste kan 5 miljoen mense in die wêreld hierdie artikels kan lees. Hoekom?

Ons moan oor die wêreld nie help nie maar ons filter inligting deur Naspers instansies?

Hendrik ·

Hierdie is ‘n baie sinvolle kommentaar. Maroela moet dit asb oorweeg.

Johan. H. ·

Hierdie lot het nog nie die haat en bitterheid van die witmens gesien nie,,,,,Ons hele land en sy mense se toekoms hang van hierdie grond storie af, Bitter of soet,,

Riouna Martin ·

Malema die Boer wat jy boor noem gaan nie terug staan nie. Mense hier kom n ding maak gereed.

waarheid ·

Sorry vir die grypers maar julle gaan niks van my kry nie- ek sal dit self vernietig – totdat daar net ‘n stofkorreltjie oorbly.

Ronel ·

Nee! Hulle kyk eerder na huishoudelike geweld terwyl Rome brand!

B-man ·

Ag, Ronel… regtig? Moet ons vrouemishandeling ook nou oor die hoof sien? AfriForum doen baie en nog meer. Sterkte aan jou man, hoop hy besit die wêreld se geduld.

Jerry ·

Wanneer dit so gebeur dat ons besluit om te veg, sal ons vuil baklei en onsself nie teikens maak nie, ons het die kundigheid daarvoor. Die ANC en EFF is groot teikens.

Nita ·

Afrika lande se groot probleem is hul bevolkings ontploffings. Die regeerders weet hulle kan nooit al daai mense van werk voorsien nie. Die plan is dan, gee hulle grond dat hulle vir hulleself kan sorg. En vergeet dat die buiteland gaan intree om die onteienings- beleid teen te staan. Kyk dwarsdeur Afrika hoe almal op hulle grondjie woeker en woel en die derduisende kindertjies die strate en velde vol wriemel. Almal is doodgelukkig. N wit gesig tussen die menigtes is n rariteit. Net toeriste wat hulle vervalle parke en besienswaardighede besoek en sodoende bietjie buitelandse valuta die lande in te bring.

jaco ·

Hul steur hul nie aan ooreenkomstes nie… Kyk wat het met Piet Retief gebeur.

ekke ·

Dalk weet iemand iets van iemand wat ons nie weet nie , en dalk word iemand afgepers om saam te stem….dalk

Andre ·

Wonder of die padda nou nog in die kookpot gaan bly of raak die water te vinnig warm?

Andre ·

Mense..begin skoon maak…jy weet wat…hierdie ding Gaan die duiwel in die Boer wakker maak.ek het nee gestem ..Ek Kan met myself lewe..n doof blind en dim men’s Kon 92 Sien wat kom….forget the rhino …save the white ou…..

Eish ·

Eish!
As tweedeklas burger wat behoort tot die gehate Kaukasiese Afrikaansprekende minderheid, besef ek die gekyf, gekerm, gekla en gedreigery met internasionale lotsbeklaing gaan ons net mooi niks in die sak bring nie buiten die stress vlakke verby die rooimerk te dryf.
Dus, ek begin maar sinkplate bymekaarmaak vir my verblyf in die ongetransformeerde, onradikale kaukasiese plakkerskamp.
Hier waar ek bevrydend kan leef met die woorde van Lukas 6 wat my krag gee.
Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat. Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig. Aan hom wat jou op die wang slaan, moet jy ook die ander een aanbied; en aan hom wat jou bo-kleed neem, moet jy ook die onderkleed nie weier nie. Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.
LUKAS 6:27‭-‬30 AFR53

B-man ·

Eish, ek geniet jou kommentaar. Mense kan ook Job gaan lees. Praat van swaarkry! Ons moet maar aanhou hoop dat die “nemers” ook die Bybel lees…

Casper Labuschagne ·

@Eish, daardie strategie is al in Afrika probeer deur diep gelowige Belge in die Katanga provinsie in die 1960’s en hulle is in gebed op hul knieë doodgekap. Vir my is Coert Steynberg se standbeeld van Sarel Cilliers waar hy die Gelofte aflê met die Bybel in die een hand, die ander hand omhoog en sy voet stewig geplant op ‘n kanon eerder die rolmodel om te volg. Sterkte met jou plan, jy sal verseker jou beskermengele besig hou.

BenaYaHU ·

Mense, julle MOET besef hierdie agenda was REEDS voor/tydens ‘1994’ bespreek en ooreengekom.. Ja, dit IS ‘n agenda, en dit is verseker oor die afgelope twee dekades in werking gestel.. b.v. die wegneem van, of meer ingewikkelde proses om, wapens te behou/bekom.. Let ook gerus op na verskeie beleidstoepassings. Die wegdoen met die Kommando-stelsel, die afbreuk en vervolging van enige georganiseerde “weerstand” op die platteland, uitmoor van ons Boere, en aan en aan..
Daar GAAN konflik in hierdie land wees.. die vraag is sal ons as volk voorbereid wees en sodoende kan saamstaan..? Loer bietjie uit vir die Suidlander-beweging.. Voorbereiding is Oorlewing! Shalom!

Jerry ·

Tom en Wim, insig mbt die realiteite en feite is julle duidellik nie beskore nie. Wanneer jy n tekort aan kennis het dan eet jy alles vir soetkoek op. Verskillende vrae verg verskillende antwoorde en netso ook verskillende onderwerpe verskillende menings oplewer. Om dieselfde standpunt te handhaaf op verskillende onderwerpe is om die minste te se, eng denke! Gee julle denke n bietjie vleuels en ervaar die wonderlike lewe van kommentaarlewer en debatvoering.

Yolandé ·

By julle wil eiendom gevat word, by ons in Nam wil besighede gevat word. Waar eindig alles? Weet niemand op watse katastrofe dit vir dié lande afstuur nie.

Ans ·

Mense waar is julle geloof. Gaan lees Jesaja veral in hoofstuk 1 belowe God dat as ons na Hom terugkeer, Hy na ons sal kyk, maar Sondae ry almal mos dam toe of mall toe of slaap sommer net laat in plaas van saam te gaan bid vir ons beskerming en toekoms van ons kinders en kleinkinders. Word wakker blankes! Die Voortrekkers het met die Bybel langs die geweer in die wakis getrek.

leon ·

Ja ons is verraai. Dink rationeel en lang termyn. Ons ou volkie was al in die posisie die laaste 350 jaar. Malema lieg vir sy volgelinge, sy doelwit slegs om mag te bekom. Soos soveel kere in Afrika gesien. Malema en die anc het hul pad gekies. Die ’94 ooreenkoms aan skerwe. Persoonlik sien ek nou die anc regering as nie-ligitiem

rina ·

wel nou sal ons seker met hulle rolle ruil, Ons sal dus ook begin met die “boere” en doen wat hulle nou elke dag doen

Jef ·

Eish, wanneer jy in jou plakkerskamp bly omring met sinkplate dan gaan jy by jouself die vraag vra “hoe en van wat moet ek nou verder van lewe en hoe moet ek myself beskerm”want die grond waar jy op gaan plak behoort dan ook aan die staat dus moet jy ook uit die plakkerskamp verkas.
Word wakker man, as ieder witman in SA doen wat jy van plan is om met jouself te doen dan is almal van ons in een dag die armste en mees onderdanige en vertrapte volk in die wereld.

B-man ·

Ek dink Eish sê dit so bietjie tong-in-die-kies wanneer hy plate versamel. Ten minste is hy realisties en bereid om te grap daaroor. Ons almal gaan in dieselfde “wit”-bootjie sit al verskil ons van mekaar…

Dirk Breytenbach ·

Kom ons hou op om mekaar te verfoei en te skel, dit gaan niks help nie. De Klerk en sy onderhandelingspan is nou reeds ou manne wat niks meer aan die huidige situasie kan doen nie. Het iemand al daaraan gedink dat die swart onderhandelaars doelbewus oneerlik was met ‘n groep naiwe wit onderhandelaars, gaan lees Ramaphosa se boek en sien hoe onbeholpe ons was. Kyk wat het met Retief gebeur nadat hy land bekom het met ‘n wettige transaksie. Ons het geen ander uitweg nie as om selfbeskikking binne SA te dryf met ‘n dringendheid en vasberadenheid selfs teen ‘n prys. Quo vadis?

Po ·

Die Koning van die Zoeloes het klaar gedreig dat daar groot moeilikhed gaan wees as aan sy trust grond geraak word. Hy is die enigste titel houer van meer as 60% van al die grond in Natal. Al die winste verdien uit die eiendomme gaan na sy Ngonjama Trust. Sy onderdane kla ook daaroor want hulle het geen titel akte op die grond. Wanneer gaan ons ons stem laat hoor. Hy gaan hof toe omdat n oud onder president vir herroeping daarvan gevra het. Na 1994 is dit toegestaan om faksies tevrede te hou vir stemme. Al die ander tradisionele leiers wil ook hulle eie gronde so in trust hê om geld te genereer sonder om n druppel sweet te stort en alles verniet te kry …. hulle het groot uitgeloose. Ons het nou die regte mense nodig om ook vir eiendoms regte van almal the baklei.

saffer ·

Vir al die mense wat nie stem nie,volgende jaar gaan ons moet stem sodat die ANC en die EFF minder as 66% saam kry by die stembus. As dit gebeur kan hulle nie die grondwet verander nie.

Riaan ·

Saffer, jy is darem baie naief. By die stembus is dit hoofsaklik wit teen swart. Hulle getalle oorheers ons by verre.

luister ·

Jip selfbeskikking – dan kan die anc/eff, ens by ons kom kos koop wanneer hulle kos en alles op is – en dan maak ons geld uit hulle uit.
Werk vir my!!

Thomas de Koning ·

Die doodsklok het vir die beskawing in SA gelui…

Danie Grobler ·

Die hele situasie is een van ander naam met dieselfde gemors en meer.

Michelle ·

Iemand het so ruk terug in groep genoem dat die einde nou maar dadelik kan kom – ek het lank en diep gaan nadink en haar redes daarvoor deurdink om iets positiefs te vind om dit te “debunk”. Ek was verbaas en hartseer omdat ek tot dieselfde slotsom gekom het na diepe nabetragting.

A ·

Hulle eis die grond. Hulle het nie geboue opgerig, boorgate gesink of damme gebou nie. Geen heinings opgerig nie. So breek alles af. Wat wil hulle dan doen met die grond. Hulle wil alles verniet hê

Rooi jan ·

Presies my gedagtes. Die huis, skure, huise wat vir die werkers gebou is, boorgate, damme en heinings is nie grond nie en is deur my gefinansier en opgerig. Myne om mee te maak wat ek wil so ek mag dit vernietig.

Robert ·

Al verset wat bestaan is die weerhouding van oes na die markte. ‘n Gebrek aan voldoende voedsel sal definitief die regte boodskap stuur.

Anoniem ·

Die spreekwoord sê: “As jy nie wil hoor nie, moet jy voel.”

Hierdie is ‘n goeie plan. Hoe kan dit gedoen word sonder dat die boere verliese ly?

Johan ·

Regering wil grond vat, probleem is daar is baie verbeteringe daarop waarvoor betaal moet word teen huidige vervang waarde. N plaas is nie net die grond nie. Eeuwe terug was dit net grond, woes en leeg
As ons dus appels met appels wil vergelyk

Casper Labuschagne ·

Ek het gisteraand na stukkies van die parlementêre debat hieroor gekyk. Ek sou voorstel dat Pieter Groenewald sy rede moes begin het met hierdie woorde, “Die VF+ sal die mosie op onteiening steun op die volgende voorwaardes: Dat ‘n onafhanklike waardebepaling gedoen word van die toegevoegde waarde op elke eiendom in die land, Dat ‘n waardebepaling gedoen word van al die ontwikkeling en infrastruktuur wat seder 1652 gevestig is. Nadat die swart meerderheid die huidige markwaarde van alle eiendom, plus die toegevoegde waarde op eiendom asook waarde van infrastruktuur ontwikkeling sedert 1652 aan die wit minderheid betaal het, dan sal die wit minderheid hierdie land verlaat en ons sal verhuis na ‘n land wat ons as minderheid sal respekteer en verwelkom omdat ons ‘n puik bydrae in daardie land sal maak. Die swart meerderheid se motivering is regverdigheid, en dus is ons motivering ook dieselfde soeke na regverdigheid. Gevolglik keer ons terug na 1652 en alles is dan ook gelykgestel.”

Anoniem ·

Julle is die enigstes wat enige sin praat oor hierdie waansinnige onderwerp.

Adri ·

Skies net n dom vraag…. hoop iemand kan my antwoord. Wat gebeur as daar uitstaande skuld op die grond is?
1. Moet jy nog steeds j verband by die bank betaal?
2. As jy verantwoordelik bly vir die uitstaande skuld en j betaal nie, word die eiendom mos dan verkoop, hoe beinvloed dit dan as die staat die eiendom dan gevat het en daar bly n nuwe eienaar?

grond ·

Ek sal sorg dat daar absoluut niks op my plaas oorbly indien hulle dit wil gryp nie. Absoluut niks – nie ‘n dam nie – nie ‘n boorgat nie- nie ‘n huis nie – nie eers ‘n baksteen sal oorbly as ek klaar is nie – en oja, die grond sal nie meer geskik weer om op te boer nie.
Dit sal soos die vlakte duskant Hebron lyk.
kaal kaal kaal -…….
Nie diere nie – nie gewasse nie – nie drade nie – dit sal lyk soos voor die 1600’s … niks.

Riaan ·

Vat en gryp, kerels. Die tyd het aangebreek, moenie op jul louere rus nie.

Spioen ·

Gaan VN toe om dit te beveg? Die VN beteken absoluut NIKS!

Peanut ·

Dis baie maklik om te verstaan Malema slaan die kitaar die wysie is doen wat ons se of ons maak die land onregeerbaar en Ramaphosa dans die dans op daai wysie.

Jean ·

Die verdrukking van die blanke in Suid Afrika kom al1994 af!!!
Hier is dit nou die ware kleure en plan van dag een af om die blanke heeltemal uit Suid Afrika te verdruk!
Het jul dan anders verwag!
Die lot weet dat wat hul ok al doen moes hul onder n veskuilde agenda doen in die oorgangangs jare om die buitelanders te bevredig dmv die sogenaamde klug die reenboognasie!!! Die masker is af die messe uit reg om hul wraak te pleeg!
Die blankes in Suid Afrika sal nou n staan moet maak of totale uitwissing van ons kultuur en regte waarneem!!

Anna ·

My antwoord aan my pa oor grondroof: “Goeie môre Pa. Ons is nie ontsteld oor die verwikkelinge nie. Ons glo dat God oor alles beheer het en dat Hy ons Versorger is. Hy sal ons nie begewe en nie verlaat nie. Hy dek ons in die skeur van die rots met Sy hand. Ons sal nie vrees nie, want God het nie aan ons ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. Die grondgebied wat aan ons deur Sy toedien toebedeel is, is Sy eiendom. Hy sal daaroor waak. Hy sal Sy eer beskerm en Hy sal weer dat Sy Naam geheilig word. Ons sal Hom loof en prys vir wie Hy is! Hy, Skepper-God, enige God, ewige God. LG Sus”
Die volk bekeer hom nie en keer hom nie van sy verkeerde weë nie; hou aan met afgodery ens. Keer terug na God! Aanbid die Heilige God! Staan vas in die geloof. Dán sal die land genees word!
Verder: Met die Woord word lewe of dood gespreek. Hou op om “dood” te spreek en spreek “lewe”. Die Woord van God is die swaard waarmee ek veg. In die Naam van Y’shua bid ek verwarring onder die aanbidders van die ryk van duisternis. Ek bind hulle werke vas en ontbind die werk van die Heilige Gees, sodat God verheerlik en geëer sal word. Dankie vir geloof. Dankie vir die krag in die Naam van Y’shua. Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.