Mosie se uitslag gee ‘ware hoop’ vir 2019

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, meen ʼn beduidende hoeveelheid ANC-parlementslede was Dinsdagaand bereid om teen hulle president te stem.

“Dit is ʼn duidelike bevestiging van die ernstige verdeeldheid binne die ANC en is beslis die begin van verdere verbrokkeling en faksievorming,” het Groenewald laat hoor.

Groenewald meen van die ANC se 249 parlementslede was net 198 bereid om die president te steun. “Dit beteken dat tussen 30 en 40 ANC-parlementslede bereid was om saam met die opposisie te stem.”

Groenewald meen die uitslag maak dit duidelik dat Suid-Afrika ʼn nuwe politieke rigting begin inslaan wat ware hoop gee dat die ANC wel in 2019 deur ʼn koalisie van opposisiepartye by die stembus verslaan kan word.

Groenewald het in sy toespraak voor die stemming aan ANC-parlementslede gesê as hulle nie help om van pres. Zuma ontslae te raak nie, sal hulle ʼn sterk boodskap na die mense van die land stuur dat die probleem nie net die president is nie, maar die ANC-regering self.

Hy meen verder die ANC-lede wat in die proses gekies het om ʼn korrupte president te steun, moet deeglik besef dat hul keuse onafwendbaar tot die ondergang van die ANC sal lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Rupert Ashford ·

Soos al so baie gese is Zuma nie die grootste probleem nie. Hy moet immers volgens die grondwet een of ander tyd vervang word. Die GROOT probleem is die mense wat vir so ‘n persoon as president stem, en dit sluit MPs en gewone stemvee in. Dit maak mens bang…

Chris ·

Die probleem in ons land is ontsal vir GOD. Die Anc mense het meer vrees en respek vir die Anc as vir GOD. Geen waardes en menslike beginsels tel vir die mense nie. Hulle waardes is hulle woord beteken niks.

Eish ·

Pragtige woord Rupert, stemvee. Ek deel jou bekommernis. Die onbekende faktor is altoos deur watter gat in die draad hul gaan kruip. Die huidige wanadministrasie het reeds male sonder tal bewys dat hul letterlik enigiets in die stryd sal werp om aan mag vas te klou. Die dreigement dat toelaes weggeneem sal word is sterk motivering om vir die status quo te bly stem. Die land is nou so verarm dat hierdie hefboom n lat geword het om die stemvee in n koers te bly jaag. Die feit dat die morele waardes so n skaars komoditeit in die politiek is, maak n mens tereg bevrees vir wat voorlê.

AL ·

Die feit dat die president bly, stuur ñ sterk boodskap uit dat die ANC gekaap is en nie net Zuma nie.
Die afgelope maande se optogte teen Zuma het meer mense op voetsoolvlak bewus gemaak wie nie data kan bekostig nie en op afgeleë gebiede bly wat die werklike stand van sake is.
Die ANC se gewildheid gaan al hoe meer daal en hul arrogansie gaan verpletter word.
Dankie Here dat U wil geskied het. U sal iemand stuur wie die presidentskap van die land sal oorneem. Iemand van U keuse.
Ons alle hoop is op U gevestig.

Carlia ·

Daardie parlementslede moet ook super fyn dogehou word. Hulle steel dus saam.

Jacques Venter ·

Ja nou is dit Groenewalt voor en Groenewalt agter asof die VF+ soseer teen die ANC is.
Onthou toe die DA n kandidaat teenoor Zuma gestel het vir die presidentskap, het die VF+ buite strmming. Gebly.
Eienaardig toe kry Pieter Mulder die
adjunk ministers pos
Miskien verstaan ek die dinge verkreerd. Sal gaaf wees as iemand my kan reghelp

Jacques Venter ·

Met die presidents verkiesing waar Zuma as ANC kandidaat gestaan het, het die DA ook n kandidaat gestel.
Gedurende die stemming het die VF+ buite stemming gebly.
Laat mens dink né

Ella ·

Ons presiden moet onthou: “rule by fear”werk op die lang duur nie. Mense stem vir hom omdat hulle hom en sy netwerk vrees. Ek het lankal my respek vir die meeste mense in die parlement verloor.

jaco ·

almal wat nou so juig oor die mosie die begin van die einde van die ANC is moet net onthou, hulle kan met die weermag en die polisie, waar al hulle kaders lankal lekker jobs het, die land aanhou oorheers indien hulle n verkiesing verloor. moenie dink hulle gaan so maklik soos met Johannesburg en Tshwane die mag afstaan nie. twee metro rade minder is kleingeld teenoor verlies van beheer oor die land se regering. Harare se stadsraad is ook n paar jaar gelede deur die MDC gewen, maar die die MDC Zimbabwe se verkiesing oortuigend in 2008 gewen het, toe is daar allerhande vertragings om te keer dat hulle kan oorvat.

Eish ·

Dit, is wat die ontleders buite rekening laat, nie eens n gedagtetjie daaroor nie, maar n wesenlike opsie.

jaco ·

groenewald se salaris as parlementslid is natuurlik nie R1.3 miljoen PER JAAR nie, hy kry nie n lekker kar en n huis nie, hy vlieg nie verniet nie en hy kry nie n onthaaltoelae nie. Ek sal net opposisie-parlementslede se stryd teen Zuma en korrupsie regtig glo en ondersteun as hulle daardie REUSAGTIGE vergoedingspakket van die hand wys. brood en melk en petrol kos dieselfde vir hulle as vir my, so waarom MOET hulle so verskriklik baie geld kry? En met brood en melk wat dieselfde vir hulle kos as vir my, spaar hulle n BAIE GROOT persentasie, malik 75%, van daardie R1.3 miljoen per jaar. vemenigvuldig dit met net 5 jaar, dis die minimum termyn in die parlement, en besef dan dat ELKEEN van hulle, selfs die “wedergebore Christene” in die ACDP, almal net daar is vir die geld. met alles wat so gespaar word, kan elkeen van hulle begin bou aan n mini-Nkanda.

Jacques Venter ·

Jys reg Jaco
As n parlementslid vir 5 of meer jare dien kry hy/ sy nie n pensioen nie, maar sy of haar salaris met verhogings elke jaar

Koos ·

As jy so na die gewigtige Anc lede kyk en die skuifel passies gee om te beweeg kan jy dink waar die geld been gaan, woollies se styging op die Beurs is ñ aanduiding

HPV ·

Rupert, in Afrika tel slegs die volgende beginsels: die een wat regeer, die een wat wil regeer, en selfveryking deur korrupsie. Zuma en vriende het selfs ons grondwet geskaakmat. Ons grondwet wat beskou is as een van die bestes.

Jacques Venter ·

My vraag bly nog staan. Het die VF+ soos met die presidents verkiesing buite stemming gebly?
,Wat mense sê en doen verskil dikwels

HPV ·

Jacques, wat maak dit saak die water is onder die brug deur. Soek liewer die fout by die destydse onderhandelings toe FW de Klerk en Roelf Meyer met letterlik leë hande daar weg is. Dit is waar al die probleme begin het. Hulle moes hierdie probleme voorsien het en die nodige teenwigte laat aanbring het in die grondwet.

Alida ·

Almal kerm en kla vervolg die skelms en kry klaar. Die skelms moet dan die regskostes uit hul eie sakke betaal en nie ons nie. Ek kan nie die gesloer met vervolging verstaan nie. Help my asb.

Jacques Venter ·

Alida
Daar sal geen vervolging wees nie. Al die vervolgings gesag is op n sekere familie se payrol. So moet asb nie jou asem ophou nie

Jacques Venter ·

Nee JPC
Vat die probleem terug na Verwoerd met sy beleid van onderdrukking

Jacques Venter ·

Ronnie
Doen asb jou navorsing voor jy my van snert beskuldig. Jy kan selfs die VF+ vra of ek twak praat, of skakel enige nasionale koerant

John ·

Ware hoop… vir wat? Die DA bly net staande omdat die hoogdrawende leier se arms regop gehou word deur ‘n paar witmans. Dit gaan die hooftema van die ANC se aanval op die party in 2019 wees. Die VF+ doen nie moeite om sy bestuur uit te brei nie want die leiers is bang vir nuwe jong bloed en bewerk so sy eie swak prestasie by die stempunte. Die beste opsie sou wees om die beste kandidaat wat die ANC kan oplewer aan te dui en aan te help vir ‘n taak om die party om te draai van die huidige pad van verval. Soek iemand dringend want die huidige ANC-kandidate is swak en Zuma lei die orkes. Die ANC gaan uiteraard weer wen en dan kan ons ten minste vooruitboer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.