Mosie teen Matlosana-burgemeester slaag

Maetu Kgaile. Foto: Facebook

Maetu Kgaile, uitvoerende burgemeester van Matlosana in Noordwes, is Donderdag tydens ʼn mosie van wantroue van haar pligte onthef.

Michal Groenewald, VF Plus-raadslid in die Matlosana- plaaslike munisipaliteit, het gesê die party is bekommerd dat die administratiewe bestuur van die Matlosana- plaaslike munisipaliteit (wat Hartbeesfontein, Klerksdorp, Orkney en Stilfontein insluit) op onregmatige wyse polities betrokke is by prosesse van die munisipaliteit om die uitkoms van raadsbesluite te beïnvloed.

“Dié vermoede word versterk deurdat die hele administratiewe bestuur afwesig was tydens ʼn spesiale raadsvergadering vandag waar ʼn mosie van wantroue teen die burgemeester, Maetu Kgaile, gedien het.  Die mosie is met die ondersteuning van die VF Plus aanvaar met ʼn volstrekte meerderheid van die raad,” het Groenewald gesê.

Groenewald het gesê die VF Plus ag die administratiewe bestuur se afwesigheid as onwettig en sal klagte indien ooreenkomstig die Stelselwet, wat enige poging van inmenging deur amptenary verbied.

“Matlosana se administratiewe bestuurslede het deur hul afwesigheid gewys hulle kan nie hul funksies sonder politieke agendas en inmenging verrig nie,” het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

aj ·

Die ANC gaan onder omdat lede volgelinge is van LEDE!

Die ANC het nie volgelinge van die PARTY en sy beleid nie.

Geen benul van ‘n demokratiese stelsel waar politieke partye ‘n beleid moet formuleer wat ALMAL ondersteun en navolg nie.

Lede volg dié lede wat die geldkas beheer … sodat hulle kan SKEP!

Die ANC is een groot KLEPTO KLUB!

Gemaskerde Sopbeen ·

aj…….dis eintlik “Klepto-Kakistokrasie”…..Die ANC het ook geen “leaders” nie, NET “rulers”!!

Nettie ·

Wel, ons gee nie om vir wátter rede die “ANC ondergaan ” nie – solank dit net ondergaan, want eers as die ANC ondergaan het en hier weer ‘n ordentlike, deursigtige regering wat werklik kan regeer en nie net daar is om soveel geld as moontlik in hul eie (bodemlose) sake te steek nie, is, sal dit begin beter gaan met die land.

Lollie ·

Dankie tog! Dalk sal dit nou voortaan beter gaan in ons dorp!
Hoop die volgende burgermeester doen sy werk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.