Mosie van wantroue in speaker later aangehoor

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die parlement. (Foto: ZKostile/Parlement)

ʼn Mosie van wantroue teen die speaker van die Nasionale Vergadering sal nou eers later vandeesmaand gedebatteer word.

Die programkomitee het bevestig dat die sitting waar oor die mosie teen Nosiviwe Mapisa-Nqakula gedebatteer sal word, nou op 22 Maart sal plaasvind.

Dit volg nadat ʼn venue nie vir die sitting op 7 Maart vasgemaak kon word nie.

“Weens die onbeskikbaarheid van die Kaapstadse stadsaal, waar die parlement sy volle sitting in persoon op daardie dag het, is daar besluit om die sitting tot later te skuif,” sê Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement.

Die EFF het verlede maand die mosie teen Mapisa-Nqakula ingedien nadat sy toegelaat het dat polisielede en veiligheidswagte ontwrigtende EFF-LP’s uit die parlement verwyder. Die staatsrede is byna ʼn uur lank vertraag en EFF-lede het verrigtinge ontwrig deur die podium te bestorm.

Kort ná die staatsrede het Julius Malema, leier van die EFF, beweer dat Mapisa-Nqakula na sy mede-LP’s as “diere” verwys het.

Die parlement het egter teruggekap en gesê die bewerings is “ongegrond en misleidend”. ʼn Rekord van die verrigtinge tydens die staatsrede het bevestig dat die speaker se opmerking “gaan uit, man” was.

Die EFF wil nietemin hê dat ʼn geheime stemming vir die mosie van wantroue plaasvind.

Mothapo sê egter dat die stemmery nie in die geheim sal geskied nie en dat alle LP’s op daardie dag in persoon teenwoordig moet wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Di ·

Jo, ek is al so naar om van hierdie spul narre te lees in die media!!

JohanR ·

Hierdie was maar nutteloos maak nie saak watter portifilia sy gevul het nie!

Papsak ·

Niks meer as reg nie want orals waar hulle gaan flip hulle alles op die EFF hulle moet tot niet gemaak word want hulle vat oral oor en luister vir niemand nie

Pierre ·

en waar stel n party met geen vertroue n mosie voor vir wantroue net in die RSA.

annie ·

…’n venue vasmaak? Dit is die EFF wat hul nie vasgemaak kry nie. Die Speaker speel so in hul hande nes by munisipale sitting. Om te dink die ANC se lieflike jeugliga draai nou so onopgevoed sy rug op sy leiers van weleer. Aan die anderkant is dit presies wat van ongelukkige Marxistiese jeug verwag worre; om in opstand te kom teen almal bo hulle wat hul nie ook saam uit die trog laat vreet nie.

SomeOne ·

wanneer stemmery nie in geheim gedoen kan word nie, weet die klomp wat stem wat vir hul voorlê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.