Mosie van wantroue in Zuma dan gehou

jacob zuma

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane

Die soveelste mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma sal volgende maand aangehoor word.

Dit kom nadat Julius Malema, leier van die EFF, die speaker van die parlement, Baleka Mbete, versoek het om voor die staatsrede ʼn mosie van wantroue in Zuma te skeduleer.

Mbete het intussen op Malema se versoek gereageer en gesê die mosie is vir 22 Februarie geskeduleer. Volgens Mbete is daar op dié datum besluit weens die Nasionale Vergadering se program, insluitend volgende week se staatsrede, die debat wat daarop volg en die begrotingsrede op 21 Februarie.

Malema het gesê indien Mbete nie die mosie skeduleer nie, sal die EFF geen ander keuse hê as om die saak tydens die staatsrede te opper nie.

Die DA het vroeër versoek dat die staatsrede uitgestel word totdat Zuma uit sy amp verwyder is. Mbete het egter in reaksie hierop gesê sy het nie die mag om aan die DA se versoek te voldoen nie.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê gegewe die huidige stand van sake dit nie in die belang van Suid-Afrika is dat Zuma die staatsrede lewer nie, aangesien dit nie duidelik is vir hoe lank hy nog president van die land gaan wees nie.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het die DA en die EFF se versoeke as voortydig en opportunisties beskryf. “Die ANC moet sy huis in orde kry en self besluit wanneer en hoe hy van die president ontslae gaan raak,” het hy gesê.

“Die optrede van die DA en die EFF dra nie by tot die verwydering van pres. Zuma nie. Hul optrede sal eerder die ANC verenig aangesien geen politieke party sal toelaat dat ʼn ander party van sy regerende president ontslae sal raak nie. Dit is al bewys in die afgelope agt mosies van wantroue in pres. Zuma.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Genieve ·

Ek dink dit is die land wat van Zuma ontslae wil raak nie die EFF en DA alleen nie,want ons land is in oneer gebring deur zuma.

Blommie ·

Ok so daar was reeds 8 mislukte mosies. Wonder of nr 9 geslaagd sal wees. ‘n kat het net 9 lewens as ek dit reg het veral as hy op ‘n warm sinkplaat dak dans hehe

Flip Pretorius ·

Kom Nou Cyral maak soos Saru met ou Allistair, skop Zuma onder sy gat, hy het hierie land wat een van die sterkste ekonomiee gehad het binne n paar jaar tot niks regeer en beroof. Hoe kon die ANC in elk geval van die begin af n ongeskoolde en beslis n ongeleterde pesrsoon as n leier aanstel. Asb ANC julle regeer die land, stel asb in die toekoms nog meer bevoegte mense aan soos Cyral en bring asb vir Pravin terug, miskien kan hy nog Zuma se gemors red

lewies ·

Die aanstelling van Zuma was van die begin af ‘n fyn uitgewerkte strategie. Diegene wat hom ingestem het, het ‘n geleentheid in hom gesien om hulle koffers te vul. Iets wat hulle nie sou regkry deur iemand met streng morele waardes en iets agter sy naam te verkies nie .

Eish ·

Die VF Plus is nou waaragtig die enigste klomp nugteres in die parlement!

Jack Klok ·

Die VF+ was nog altyd net die enigste nugteres in die parlement.

Lolla ·

Baie trots op julle VF… Julle is die enigste ouens wat die regte dinge kwyt raak.

zoom zoom ·

Weereens ‘n mors van tyd. As hulle nou nog nie besef dat die plan nog nooit teen zuma gewerk het nie moet hulle terug gaan skool toe.

Jacques Venter ·

Daar sal nie n mosie van wantroue wees nie. Zuma glo ek gaan bedank.

Ongelukkig vir Cyril moet hy nou die land uit die moeras kry

Arie ·

Onder die bestaande omstandighede moet die verwydering van Mnr Z sy gang laat gaan word.

Het die VF die inplikasies deurdink in die waarskynlik onvooorstelbare wel.gebeur en die mosie van wantroue word verwerp.

DAARDIE ONBEPLANDE / ONVERWAGTE UITKOMS SAL SKADE VAN ONGEKENDE / ONVOORSTELBARE OMVANG VEROORSAAK

Kobus ·

As Ramaphosa die wil gehad het om Zuma te verwyder…moes hy dit lankal gedoen het…óf Zuma het n troef soos hy het van al sy meelopers…óf Ramaphosa het polities nie die wil…hoe langer dit duur om van Zuma ontslae te raak…hoe meer gaan dit kos dat hy gaan…agter die skerms woeker hy en sy trawante…die staat van beskuldiging..die 22 ste Februarie…is nie net sommer sonder n goed deurlegte plan goedgekeur…met die staatsrede sal hy weer n bom laat bars…sodoende is die pap uit die pot…en hy sal weereens n mederheid in die stemming kry…ongeag of dit geheim is…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.