Mosie van wantroue in Zuma verwerp

Pres. Jacob Zuma. Foto: DoC

Pres. Jacob Zuma. Foto: DoC

ʼn Mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma is Dinsdag in die nasionale vergadering verwerp.

Die mosie is deur Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, ingedien. ʼn Totaal van 221 LP’s het teen die mosie gestem, 113 LP’s was ten gunste daarvan terwyl agt LP’s buite stemming gebly het.

Die stemming is aanvanklik vertraag nadat dit aan die lig gekom het dat die elektroniese kiesstelsel buite werking was. “Die stelsel vries en daarom is die ingenieurs ontbied,” het speaker Baleka Mbete gesê. “Hulle is in die kelder en gee aandag aan die probleem,” het sy later gesê.

Sowat tien minute later was die probleem opgelos en het die LP’s gestem. Dit is die tweede keer vanjaar dat ʼn mosie van wantroue teen Zuma ingestel is. AgangSA het verlede maand die eerste mosie ingestel maar Andries Tlouamma, AgangSA-LP, het die mosie teruggetrek enkele minute nadat hy in die parlement ʼn spreekbeurt gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Drieks ·

Zuma het ons laat verval in rassisme. Hy is net eenvoudig die swakste president wat ons kan hé en die ANC behou hom. Ek dink almal het nog nie klaar geld ingepalm nie en as hy die dag loop gaan niemand die geld ooit terug gee nie. As hy uittree gaan die verskriklikste stories uit kom wat in die ANC die laaste jaare gebeur het.

Tessa Hofmeyr ·

Men’s Kan net jou hande saamslaan en vra wanneer Gaan die parlement wakker skrik en besef Suid Afrika is op ‘n afdraande pad.

Pierre Celliers ·

Volgens my dien die huidige “parlement” geen doel meer nie het dit totaal en al verval in ‘n swierige geleentheid waar een party die septer swaai en anders denkendes voor die voet afgeskiet of ge-ignoreer word. Die ” regering” met al sy trawante in hul netjiese pakke en rokke hou daarvan om te sit en belangrik te lyk wyl daar of, geslaap word, of kougom gekou word dat die biesies bewe, of in neuse gekrap word vir ‘n vale!! Die tyd wat hierdie instansie respek afgedwing het is lankal verby en dit het totaal en al ontaard!!!!

Hendrik ·

Ek stem saam Pierre. Met so oormag in die parlement het minderheidsgroepe geen kans. Dit geld natuurlik vir die Munisipaliteite ook. Burgerregte soos die VVK, Afriforum ens. is soveel meer werd as die huidigelike demokratiese stemstelsel. Die VVK het die regering gedwing in die hof om samesprekings met die Boere-Afrikaner te he. In ‘n regsstaat is dit die enigste manier en so ook die suksesse van Afriforum wat die staat deur die hof dwing om te luister.
Ek dink dat die volgende verkiesing moet ons as minderheidsgroep eerder vir ons eie leiers struktuur stem en daardeur ons stem dik maak. Ons het baie om te verloor as ons nie nou begin nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.