Mosie van wantroue in Zuma wéér ingestel

Pres. Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Die DA het Donderdag aangekondig dat hy vir die soveelste keer ʼn mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma sal instel omdat dit glo “bevestig is” dat hy Pravin Gordhan, minister van finansies, gaan afdank.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het in ʼn verklaring gesê hy het aan Baleka Mbete, speaker in die parlement, geskryf om haar in kennis te stel van die party se voorneme om die mosie ter tafel te lê en in die parlement te laat debatteer sodra die volgende parlementsitting begin.

“In ʼn tyd waarin nege miljoen Suid-Afrikaners sonder werk is en ons weerlose ekonomie leierskap en duidelike beleidsrigting nodig het, gaan pres. Zuma voort om Russiese roulette met ons ekonomie en die toekoms van ons land te speel,” het Maimane gesê.

Maimane het gesê Zuma se besluit om Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas, Maandag opdrag te gee om onmiddellik van ʼn internasionale beleggerstoer in Londen na Suid-Afrika terug te keer, het al die werk wat Gordhan en Jonas in die afgelope 15 maande gedoen het om geloofwaardigheid in Suid-Afrika se ekonomie te herstel, vernietig.

“Zuma het ons ekonomie bedreig deur die moontlike afdanking van Gordhan en Jonas voor die land en die wêreld se neuse te hang, deur ʼn bisarre en haastige ‘intelligensieverslag’ te gebruik om hul afdanking te regverdig. Dit is niks minder nie as ʼn poging tot totale staatskaping en dit kan nie aanvaar word nie,” het Maimane gesê.

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie beweer hulle is bewus van ʼn sogenaamde intelligensieverslag wat gebruik is as rede om Gordhan en Jonas uit Londen terug te roep. Die “intelligensieverslag” is volgens die SAKP Maandag op ʼn vergadering van die ANC se top-ses leiers voorgelê as “bewys” waarom Gordhan en Jonas moet terugkeer na Suid-Afrika. Volgens die verslag was Gordhan en Jonas van plan om Zuma swart te smeer en internasionale bankiers te vra om teen hom saam te sweer.

Die presidensie het egter nog geen woord gerep oor die beweerde kabinetskommeling wat op pad is óf die sogenaamde intelligensieverslag nie.

Intussen het die EFF Donderdagmiddag ʼn aansoek by die konstitusionele hof ingedien om Zuma in ʼn staat van beskuldiging te laat plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Henniestaan ·

Dit lyk of dit hierdie keer end se kant toe staan vir zumpie!?

Niklaas ·

Die Eff sal nie saamspeel nie want hulle is Z se maatjie onder die tafel.Hulle almal is maatjies met mekaar.So sien is glo.Niemand kan vertrou word nie.So moenie mislei word nie.Staan so geskrywe.

Johann ·

Weet iemamd.of NUMBA WHONE actually in die land is? Gewoonlik vlug hy land uit as hy sulke bizarre gedrag openbaar. Wel NOOIT alleen nie. Gewoonlik saam FAITH deesdae om haar.ook uit die spervuur hou. Dame Dlaminie ook deesdae van een na.die ander vergadering solsnk sy net nie moet andwoord wat sy actually DOEN nie. Wil met als wat ek kan glo dat daar.die keer.ANC ers is wat al is dit twr wille van die ANC se behoud…Zuma pos? Kan net.bid en glo aan n Goddelike ingryping teen die bose!

Johann ·

Wat my te bowe gaan is dat iemamd homself/haar/hulle self uitgee vir INTELEGENT om wel.só n verslag saam te befonkfaai!!!!!!!!!! En elkgeval is daar GEEN verslag saam te stel oor Jacob Zuma se beld af te breek nie….Zuma.sorg breedvoerig genoeg self vir die vergatlikheid wat hy homself…as president… en namens die ANC aandoen! Wens ons kon ALMAL via een of ander sosiale platvorm ons miskenning van sy bestaan WYS deur te se en wys: ons LAG in jou gesig Jacob, en ons draai ons rug letterlik op jou!

pieter ·

Julle mors julle tyd hy die President het sy maaitjies wat agter hom staan.

Andre ·

Vir Zumpie is daar net een ding “As jy nie my persoonlik agenda ondersteun nie ………is jy uit!!!!”

Johann ·

Die twee dames in die top ses sal dit kelder, die een is die prater van die parlement, Mbete, julle sal nooit verby haar kom nie. kry dit nou vir eens en vir altyd in jul koppe en maak ander planne.

My tweesent bydrae ·

Ek wonder of hy op skool een van daardie leerlinge was wat elke tweede dag in die hoof se kantoor was . Party mense ontgroei dit . Vir ander is dit moeliker .

Ramkat ·

Aan: “My twee sent Bydrae”
Nee hy was nie elke tweede dag by die skoolhoof nie.
Daar was nie n.skoolhoof nie want daar was nie eens n skool nie om n skoolhoof te kon he nie

Hendrik ·

as z alles kan aflag kan ek seker ook sy antwoorde en houding aflag. hêhêhê……..

FM ·

Zuma gee nie n duit om vir die land nie. Die Rand kan maar in sy kanon val. Zuma weet in elk geval nie hoe dit werk nie. En dan is daar altyd die wat hom sal ondersteun al weet hulle hy is verkeerd. Gelukkig is daar nog regdenkendes in die anc wat vir zumpies gas gee. Zumpies jou tydjie word min. Jou eie mense gaan jou onvermoë blootstel!!!!!!!!

Gerrit ·

As Gordhan sy eie party stig, sal ek vir hom stem. Ons was nou veronderstel om voordeel uit Trump se aktiwiteite te trêk, maar intussen voeter Zzzzzzz die Rand op, terwyl goud se prys die lug in skiet.

Rynhardt ·

Gerrit vir Gordhan stem???? Pravin Gordhan is deel van die SAKP (SUID-AFRIKAANSE KOMMUNISTIESE PARTY).Hy dra lankal nie jou belange op die hart nie!

Johanna Botha ·

Wat as Ghordan en Thuli n party stig want die anc is vrot tot op die been !

SARIE VAN HEERDEN ·

Nee, Rhynhard. Al stem ek nie saam met Gordhan se politiek nie weet ek het hy ‘n goeie werk gedoen in sy amp. Ek glo ook dat hy ‘n eerlike mens is en hy was beslis nooit betrokke by enige onsmaaklike skelm streke nie. Die een wat nog by Number Zero wil kom met korrupsie en skelmstreke moet nog gebore word. Nou wie se jy het intelligensie en skoolopleiding nodig om dit in die finansiele wereld te maak as jy die Guptatjies kan nadersleep?

Tersius ·

Ek kan nie vir een van hulle stem nie.Almal onbetroubaar.Laat hulle mekaar maar uitsorteer.

Oom Klasie ·

Niemand is betroubaar nie. Onsweet dit tog wel.Dankie tog ek is klaar met die DA.Sorteer maar self die gemors uit wat julle begin het deur om vir z vir president te stem . Kan net julself blameer. Sal julle net n les leer. Geen insig. Korrup. Kry vir julle.Ek gaan lekker agteroor sit en na die sirkus kyk met al die narre.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ken enige van die wat kommentaar lewer die geskiedenis van hiedie land? Wonder enige van hulle wie om te vertrou en wie nie? Wat het Dingaan gedoen met die wat hom vertrou het. DINK voordat jy goedsmoeds vertrou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.