Mosie van wantroue kom teen nuwe Pta-burgemeester

Dr. Murunwa Makwarela. (Foto: Twitter)

ʼn Mosie van wantroue word reeds teen die nuutaangestelde burgemeester van Tshwane beplan – skaars ure nadat hy in sy posisie aangewys is.

Die veelpartykoalisie sê hy is teleurgesteld dat dr. Murunwa Makwarela van Cope Dinsdag aangewys is en beplan stappe teen hom en diegene wat hom ondersteun het.

“Dit is duidelik dat sommige raadslede van binne die koalisie aangespoor is om bande met die koalisie te verbreek en Makwarela te ondersteun,” sê dr. Corné Mulder, voorsitter van die koalisie-toesiggroep.

Volgens Mulder is daar sekere partye binne die koalisie wat “die inwoners van Tshwane uitverkoop het” deur Makwarela te ondersteun en as burgemeester aan te wys.

“Die koalisie is in die proses om die betrokkenes te identifiseer en hierdie raadslede sal met dringendheid verwyder en vervang word,” sê hy.

“Dit sal gedoen word voordat ʼn mosie van wantroue teen Makwarela ter tafel gelê word.”

Die koalisie sal na verwagting eersdaags die pad vorentoe aankondig.

Die DA se Cilliers Brink was die koalisie se nuwe burgemeesterskandidaat vir Pretoria. Die veelpartykoalisie beklee sedert 2021 ʼn meerderheid setels in die raad en hou dit steeds.

Die DA het intussen uitgevaar teen die gebeure wat Dinsdag afgespeel het en die “onderduimse transaksies waardeur die ANC-EFF-koalisie deur korrupsie en chaos beheer oor Tshwane herower het”, veroordeel.

“Partye in die Tshwane-stadsraad het hul ware kleure gewys,” sê Solly Msimanga, leier van die DA in Gauteng.

“Terwyl die DA vir Brink gestem het, het ander politieke partye ongelukkig hul eie belang, patronaatskap en politieke opportunisme bo die mense van Tshwane geplaas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Harley Davidson ·

Dit het miskien tyd geword dat burgemeester kandidate voorgestel word deur die onderskeie partye en dan deur die inwoners van die metro gekies word.

Pierre ·

Die mense stem vir die partye en die partye stel die burgermeester voor

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis nie werklike politiek nie, want behoorlike debatte ontbreek. Misdaadsindikate gryp mag om verder te plunder.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Gaan oor mag en geld….dis al. Eie belang bo die res.

Republikein in die Wes Kaap ·

Uiters swak en onbetroubare karakters wat hulself “leiers” noem. Dis een van die hoof oorsake van die land se toestand. Nog ‘n bewys dat die ANC nooit mag sal afstaan nie. Ander planne moet gemaak word om dié party te verwyder.

Jacobus ·

Jy is reg, hier sal n burgeroorlog uitbreek voor die ANC mag sal afstaan.

Johan ·

Baantjies vir boeties – nepotisme op sy beste. Magsbehebheid en gierigheid, die moderne wêreldsiekte.
It’s all about me, myself & I.

Amelia ·

Samwu is unie wat se se het die klomp die unie verwoonrdigers stem nie sam nie maar wat nou en waar is Imatu

Deon ·

Die vet katte word net al vetter. Politici kan nie meer die land uit die verstikkende modder sleep nie. Soek maar iewers n veilige wegkruipplekkie want dit raak net al donkerder vir Pta en vele ander dorpe en stede in hierdie land.

Katinka ·

Lol, wat verwag jy, daar is net geen kandidaat nie, hule is almal corrupt.

Vriendelike Frikkie ·

Hierdie politiekery en verandering van poste en wie in beheer is het dieselfde logika as om bande te roteer op ‘n motor met 4 pap bande.

Delia ·

Soos al die mosies van wantroue inrol, kan Jan Publiek net soos n tennis wedstryd links en regs kyk. En geen MOSIE VAN VERTROUE in die politici op die tafel plaas nie

Vonkprop ·

Ag man ouens, word asseblief net groot en hou op om soos kinders te stry. Kies ‘n burgemeester en hou daardie persoon verantwoordelik sodat hy homself moet bewys. Hou tog net op met hierdie mosies dit raak nou kinderlik. Om eerlik te wees het ons nie een van julle politieke leiers nodig nie, want ons kan na onself kyk. Julle kos ons net geld en julle beteken niks. Gaan speel op ‘n eiland en laat ons ons geld in ‘n trust betaal waaruit mense betaal kan word om dienste te lewer sonder dat julle enigsins nodig is.

Hendrik ·

En wie gaan die trust bestuur? Ongelukkig gaan dit weer op dieselfde beginsels uitloop.

Vonkprop ·

Definitief nie ‘n politikus nie. Ek is seker daar is regsfirmas en ouditeure wat dit kan doen. Enigiets wat met politiek te doen het moet wegbly.

Nie Verbaas ·

Tipiese ANC en EFF. Sal enigiets doen om hulle hande op geld te kry om hulself te verryk.

Sonblom ·

O liewe aarde! Gister ‘n berig van die aanstelling en vandag ‘n berig oor mosie van wantroue teen dieselfde persoon. Die mense moet ophou met hulle politieke speletjies en doen waarvoor hulle betaal word. Daar is baie in SA wat reggemaak moet word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Baie van daai baie sal nooit weer reggemaak kan word nie.

Elméne ·

Dit bewys net weereens, die kastige “regering” van die dag is EEN GROOT SIRKUS!!!

Kokerboom ·

Politiek kaap ons stede en dorpe vir eie belang en intussen gaan dorpe onder agv wanbestuur deur opportunistiese idiote!.

Kobus ·

Slim spel deur ANC en EFF maar ek verstaan daar is so 12 DA Judasse wat ook teen Brink gestem het. Net verlede week het die nuwe agbare burgemeester lang Brink gesit en sy ondersteuning aan ‘n DA koalisie bevestig. Wys jou ne. Stel voor hy los maar eers sy foto’s en ” sertifikate ” tuis. Daai stoel gaan nie lank syne wees wees nie

Gertdup ·

Die ou is die enigste raadslid vir Cope! Dit beteken mos dit is beslis nie die kiesers en pta inwoners se keuse nie.belaglik verby

Republikein in die Wes Kaap ·

Dieselfde het in Johannesburg gebeur. ‘n Klein party se enigste raadslid is nou burgermeester.

Andries ·

Wanneer gaan die mense begin werk doen? Daar is nie meer tyd vir die gemors van wie is in beheer nie. Alles verval om ons mense op straat en hulle sit en baklei oor wie sit in diè stoel.

Nie Verbaas ·

Hulle baklei nie net oor wie sit in die stoel nie maar ook wie sit daar om ook net nog niks te beteken nie. Kyk vir Williams, wat n hopelose onbevoegde vent was dit nie en oudit het dit bewys. Waar SEB in beheer is kan jy meestal verseker wees dat dit in gemors gaan eindig. Bewyse word daagliks oopgevlek.

Pierre ·

Klink vir my maar net na suur drywe van die DA se kant af, ongelukkig hang koalisies af van saamestemming en stemme tel, om almal te will oordonder met ons is die grootste en weet die beste is nie in belang van die inwoners nie, n stabiele regering is.

Roek ·

Wat ‘n grap is dit nie ! Dit is soos ‘n vierkantige “ball bearing”

Pietertjie ·

En só boer ons al in die rondte. Miskien moet die titel van Burgemeester verander word na Kaptein, hopelik sal daar dan meer respek afgedwing kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.