Mosie van wantroue: LP’s mag volgens hul oortuiging stem, hoor hof

Argieffoto

Suid-Afrika se LP’s het ʼn reg om in die geheim en volgens hul oortuiging te stem, het Tembeka Ngcukaitobi, vir die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), Maandag aan die konstitusionele hof gesê.

Die aansoek het uiteindelik ten doel om die uitvoerende raad aanspreeklik te hou, het hy bygevoeg.

Die aansoek van die United Democratic Movement (UDM) om te bepaal of ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma met ʼn geheime stemming beslis sal word of nie, word in die konstitusionele hof aangehoor.

“Hul gedrag word in die soeklig geplaas en indien hulle in hul plig versuim het, moet hulle uit hul amp verwyder word. Lede binne die nasionale vergadering het ʼn reg om volgens hul eie oortuiging te stem,” het Ngcukaitobi bygevoeg. “Die plig van LP’s lê by die kiesers en die Grondwet, veral wanneer jy ʼn lid is van die meerderheidparty. LP’s is nie masjiene wat ingestel is om mandate uit te voer nie.”

Ngcukaitobi het bygevoeg die enigste manier om LP’s te beskerm, is deur ʼn geheime stemming.

Hy het vroeër aan die hof gesê die EFF versoek slegs ʼn vergunning vir die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma, en nie ʼn permanente oplossing vir die parlement nie.

Hy het speaker Baleka Mbete se argument, dat sy geen seggenskap het oor die geheime stemming nie, veroordeel. “Reël 103 en 104 sê die speaker moet besluit op ʼn prosedure in ʼn geheime stemming vir ʼn mosie van wantroue. ʼn Gedeelte van die reëls van die nasionale vergadering verwys die verpligting na die speaker.”

Die uitslag van die geheime stemming is nie die kwessie nie, het hy verduidelik. “Ons weet dat die president ons veroordeel. Ons gee nie om oor die uitslag of die LP’s sal besluit om die president te behou of nie… lede van die ANC moet vry wees om self te besluit. Ons weet dat ʼn oop stemmery LP’s blootstel aan gevolge. Die enigste manier hoe hulle vrylik sal kan stem, is deur beskerming.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kobus ·

Die eerste tree is gegee om Zuma die trekpas te gee…nou moet die vervolgingsgesag hom vir sy 783 aanklagte van bedrog net ook her aankla…dan sal die verrotting van bo begin afneem…sy bloedsuier maatjies in die Parliament en staatsinstellings sal ook die skippie dan begin verlaat….

Jaco ·

Laat ons hoop die konstitusionele hof gee uitspraak dat dit ‘n geheime stemming moet wees.

Hendrik ·

dankie vir die uitspaak maar ons ken vir oom zumpie. hy sal weer in sy towerkassie grawe vir n vertragingsplan.

Gert ·

Is my kommentaar nie polities korrek genoeg nie vandag nie.
Politiek is soos n goeie kul kunstenaars. Hy hou jou aandag op die regterhand sodat jy nie kan sien wat hy met die linkerkant doen nie. Hierdie manne word betaal om lekker te politiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.