Mosie van wantroue teen JHB-burgemeester teruggetrek

Mpho Phalatse, burgemeester van Johannesburg (Foto: Twitter)

ʼn Mosie van wantroue teen Johannesburg se uitvoerende burgemeester, Mpho Phalatse, is Dinsdag teruggetrek.

Die mosie sou Donderdag glo onwettig gedien het voor ʼn spesiale vergadering van die raad.

Die veelpartyregering het die besluit deur die programkomitee verwelkom om die mosie teen die burgemeester en gevolglik die veelpartyregering te verwyder.

Die staande reëls van die raad bepaal dat ʼn mosie toelaatbaar is indien ʼn saak nie in enige hof hangende is nie. Die mosie van wantroue in die burgemeester was dus ongeldig, omdat die mosie ʼn kwessie bevat wat tans in die hof dien.

Phalatse sê die veelpartyregering sal nie die raad toelaat om onwettig bestuur te word volgens die nukke en grille van individue wat die wetgewende arm van die stad wil gebruik vir kwaadwillighede nie.

“Die uitspraak in die hooggeregshof, wat bepaal het dat die verwydering van die veelpartyregering onwettig was, was duidelik dat die houer van mag te goeder trou moet optree en nie hul mag verkeerd moet aanwend nie. Diegene wat koorsagtig probeer om hierdie regering te verwyder, kan slegs beskou word in die konteks van ʼn behoefte om die begroting van R77,3 miljard te beheer – veral wat verskaffingskettingbestuur betref.”

Phalatse sê sedert die veelpartyregering aan bewind is, het Johannesburg geleidelik al hoe beter begin lyk en voel. “Dit stel sommige mense natuurlik nie tevrede nie – veral nie voor die algemene verkiesing in 2024 nie. Alhoewel sommige mense verkeerdelik aangevoer het dat ons die hof genader het om die raad te bestuur, wil ons benadruk dat hierdie ʼn stryd is om die heerskappy van die reg en die integriteit van die raad se bestuur en administrasie, tot voordeel van inwoners en dienslewering.”

Phalatse sê die kabinet het Dinsdagoggend vergader oor wat tydens die “onwettige regering van die ANC” gedoen en nie gedoen is nie. “Kortliks: dit wat vir eie belang gedoen is, en die dienslewering vir inwoners wat nie gedoen is nie. Sodra ons die kwessies gekonsolideer het, sal ons besonderhede verskaf aan die inwoners van Johannesburg.”

Die veelpartyregering het reeds begin om besluite om te keer wat nie in belang van inwoners was nie. “Ons werk dag en nag om die stad weer op die regte koers te kry en om vir en met inwoners saam te werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CHRISTINE ·

Ek kan nie die mosie van wantroue verstaan nie.
Sy is bevoeg en dis die nuwe bedreiging vir die ANC: bevoegdheid, omgee ens
Dis nie meer JAN se skuld nie.

Theuns ·

Dis tyd dat DA ook groot word. Dus tyd om.met EFF en UDM en PA en ander te praat. Realities is dat hul in rade wel SAAMWERK. Hul het nie keuse nie. Hul kan net so wel as verantwoordekuke slim mense met EFF praat en die movies stop… Tyd om te vesef die is Afrika nie Europa nie. Doen wat nodig is en stop die grand standing en akeurskap. Kry respek terug.Bestuur Joburg . Hul kon due uitskop in Die ander rade ook voorkom het met pragmatisme. Word wakker Johhny come lately. So sal 2024 ook kom en gaab en NIKS sal verander nie. Leiers is SWAK.

Groen Ghoen ·

Die fanatiese hater van Afrikaans, Lesufi, sal sekerlik alles binne sy arsenaal van korrupsie en ondermyning inspan om sy beleid van Afrikanerhaat uit te voer. Dit is ook al wat hy goed kan doen.

Karina ·

“Hulle” kan nie aanvaar iemand kan beter as hulle doen en die geleentheid om te plunder van hul wegneem nie. Hulle soek daardie geplunderde geldjies om hul lewens style te ‘verbeter’ ten koste van al die burgers. Ai tog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.