Mosie van wantroue teen Maties-bestuur ingestel

swartgesig-herrie-by-US-Maties

Een van die meisies wat valslik daarvan beskuldig is dat sy haar gesig “swart” gesmeer het Foto: Facebook

Die vakbond Solidariteit het gesê hy gaan ʼn mosie van wantroue teen die bestuur van die Universiteit Stellenbosch instel. Dit volg nadat die universiteit Vrydag twee Matie-studente, wat valslik van rassisme beskuldig is, geskors het.

Die drukgroep, Open Stellenbosch, het twee Matie-damestudente, Poekie Briedenhann en Jo-Anne Cloete, verlede week van rassisme beskuldig nadat hulle hulself vir ʼn koshuispartytjie pers geverf het. Die groep het valslik beweer die studente het hulself swart geverf om met swart mense die spot te dryf, waarna die studente uit hul koshuis geskors is.

Volgens Johan Botha, adjunk uitvoerende hoof van die professionele bedryf by Solidariteit, is die ondeurdagte, ongenaakbare optrede teen die twee studente onaanvaarbaar en skep dit ʼn uiters swak presedent. “Twee studente wat onskuldige pret wou hê, is valslik uitgekryt as rassiste. Nie net is hul lewens ontwrig deur hul skorsing uit hul koshuis uit nie, maar hulle is wyd veroordeel en deur ander studente uitgejou. Die universiteit se optrede is duidelik polities gemotiveerd,” sê Botha.

Botha meen die optrede teen die Matie-studente is in skrille kontras met die wyse waarop die onlangse rassistiese gedrag van studente op Wits hanteer word. “Studente op Wits word toegelaat om teen die mure van geboue op kampus die woorde ‘F*ck white people’ te spuitverf. Volgens die bestuur van Wits sal daar nie teen hierdie studente opgetree word nie omdat hulle bloot hul grondwetlike reg tot vryheid van spraak uitgeleef het. Die wyse waarop gewaande rassisme by een universiteit en klinkklare rassistiese optrede by ʼn ander universiteit hanteer is, staan in skrille kontras tot mekaar,” sê Botha.

Botha waarsku dat die boodskap wat die bogenoemde gebeure kommunikeer uiters negatiewe gevolge inhou. “Die bestuur van die bogenoemde universiteite skep ’n president waarvolgens rassisme teen wit mense aanvaarbaar is, terwyl wit mense swaar gestraf moet word vir beweerde rassisme teen swart mense. Ons meen alle vorme van rassisme, deur alle rassegroepe, is onaanvaarbaar en moet dieselfde op alle kampusse regoor die land hanteer word,” sê Botha.

Solidariteit het ʼn petisie saamgestel om sy mosie van wantroue teen Maties se bestuur te steun. Klik hier vir meer inligting en om die petisie te onderteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Schalk ·

PJ. n President is wat ons land nodig het. Die tweede een is dus korrek.

Conrad ·

Ai, ek word so moedeloos as jy gedurig mense kry wat fout soek in die spelling van n berig, maar nie na die inhoud van die artikel kyk nie. Ons is almal net mense en ‘finger trouble’ sluip in.

Sune van Heerden ·

Dagsê Bach

Vergewis jouself gerus van die bepalings en voorwaardes van lesersdeelname op Maroela Media. Een van die bepalings op ons kommentaarbeleid is dat ander lesers en kommentators nie persoonlik aangeval en/of verneder sal word nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Bach ·

Dankie Sune, maar julle tree hoegenaamd nie konsekwent op by die toepassing vd bepalings nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Bach

Druk gerus op die “rapporteer”-knoppie indien jy ‘n spesifieke kommentaar onder ons aandag wil bring, of kontak ons gerus by [email protected] om ‘n spesifieke kommentaar aan te meld.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Michael ·

Ek hoop die twee studente dagvaar die rook uit die duidelike onbekwaamde bestuur.

CHRISTA ·

Maroela, waar moet jy klik om die petisie te onderteken??

Pappa Beer ·

PJ, my vriend, ek dink jy mis die punt. In HIERDIE geval is albei korrek want die president stel n presedent om nie n hel om te gee vir die presensie van blanke persepsies of enige permanente nagevolge van enige wit persone se posisies in hierdie paralaks van n totale anargaiese warboel wat tans Suid-Afrika genoem word nie. Lees die feite en hou op met spel foute soek my maat!

Pappa Beer ·

O ja, en ek soek self ook na die klik@ANNA! (dalk is dit in wit geskryf) Hehehe!

Oom Boer ·

Waar is die Klik? Ek wil dit so graag ondersteun. Solidariteit en Afriforum, asb neem ernstige stappe teen die bestuur en hul aanhangers vir ‘n onregverdige optrede. Sterkte

Hein ·

Die DA se beleids stem baie ooreen met die ANC sin. Ek weet regtig nie hoe mense hulle die DA kan steun as daar in die DA se beleid diskrimineer teen witmense nie. Hulle ondersteun grondeise, rassekwotas, BEE.

TDW ·

Hahaha, ek het nog nooit so lekker gelag soos vir jou kommentaar nie! Jy’t weer in die messe laai geslaap!

saarkie ·

Ons is keelvol vir US Bestuur!! My dogter studeer daar en vanaand is almal geforseer om n vergadering by te woon om die pers student situasie te bespreek!! Studente word gedwing om kosbare studietyd op te gee en “geforcefeed” te word met politieke orientasie en nonsens! US gaan te ver.!!

marietjie ·

My kind studeer ook daar. US is belaglik. Ek weet nie eers of ons kinders mag asem haal net omdat hulle wit is nie. Ons ouers moet saamstaan. Dankie Solidariteit dat ons kan weet julle ondersteun ons blanke studente ook.

loes ·

10 uit 10 vir mense wat gedink het aan mosie van wantroue. sit slimkind sit.

una ·

So bly ons staan op vur ons reg as blankes. Tyd dat ons opstaan vir ons reg. Wonder waar is die DA om vir ons reg op te staan.

Chris N ·

Slag die prima donnas. Dagvaar hul in hul persoonlike hoedanigheid, moet self betaal. Ja die DA het geskitter in hul afwesigheid.

John ·

So wanneer kla ons die rasistiese swat mense aan wat so rasisties optree teenooor blanke student???

Martie ·

Is daar al regs hulp aan hierdie studente gegee, wat van die ouers. My dogter is op uni en kan net dink hoe sou ek gevoel het as ouer. Hierdie kinders sal vir die res van hul lewe met die klad op hul naam loop. Jou beste tyd in jou lewe het nou die slegste geword.

Eduan ·

Ja hulle het regshulp van AfriForum en glo my daar sal stappe wees teen die universiteit.

Word wakker jul blanke Da ondersteuners!!! ·

Ja vir al daai blinde BLANKE AFRIKANER liberale Da ondersteuners…..
Waar is die Da nou???? **** all whites eh? Verf dit sommer op mure ook en niks van die Da word gese nie????? Blankes is kokkerotte, BLankes is diewe, BLankes is kriminele….. Waar presies staan die DA op vir die blanke Afrikaner huh waar, waar probeer hul dan so regverdig wees en rasisme aan beide kante veroordeel waar????
Jy moet of baie dom of uiters naief blind wees om te glo die Da dra die blanke Afrikaner se belange op hart….

. Wake up call people die Da voel vere vir die blanke en bewys dit keer op keer wanneer hul net eensydig die blanke Afrikaner van rasisme beskuldig en verdoem maar nie ander waar daar regtig uiterse openlikke rasisme toegelaat word nie????……eisch.

Lyn ·

Hoekom word die DA nou hier ingesleep en uitgekryt? Is julle mense regtig so onnosel om te dink die DA keur tydelike skorsing goed? Kom by of verkas Orania toe.

chrisp ·

As jy niks se nie natuurlik keur jy dit dan goed.Hulle ondersteun die verengelsing van alles.Verwydering van Afrikaans selfs name ,dorpe,bee seb,grondhervorming.
Waar het hulle al een keer die aanslag teen ons teengestaan?
Help bietjie.
Kom by en trek oorsee.

Sune van Heerden ·

Dagsê

Dankie vir julle navrae. Die skakel is nou in die berig bygevoeg.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Joe ·

Wil net se oor di DA. Dit gaan ni oor DA of nie DA nie, ons blankes is in elk geval te min om enige geskil aan ‘n verkiesing te maak, MAAR ons kan help om ‘n korrupte Zuma en ANC te onttroon. Om mee te begin by die plaaslike cerkuesings, as die DA Gauteng kan wen, sal dit al ‘n groot begin wees. Kry eers vir Zuma uit, dan kan ons weet verder baklei oor vir watter party ons gaan stem.

Tokkie ·

Joe: Ek verstaan nie die logika van jou redenasie nie – hoekom een fout met ‘n ander fout te wil “regmaak”?

david ras ·

Joe–dink jy nou werklik dat om die ANC uit die kussings te lig mens net vir die DA moet stem ?
ENIGE stem TEEN die ANC, volgens ons kiesstelsel kan help om die klomp uit te kry.

Die VF+ is net soveel teen die ANC as die DA . Dit sou beter vir ons almal wees as die DA in koalisie met die VF+ in Gauteng regeer.

Gegewe die DA se disrespek vir Afrikaner kultuur in die Weskaap met o.a. die naamsverandering van strate, en hulle aanhoudende stilstuipe ons kultuur , soos nou weer in Stellenbosch, meen ek dat dit beter is om vir die VF+ te stem.
Dit gaan jou sterker inspraak gee oor sake wat ons raak by ‘n oorwegende Swart DA .

Waarom nou die joppie tweemaal wil doen—stem om die DA in bewind te kry en later weer ‘n stryd te begin oor die behoud wat vir jou belangrik is ?

Een ding moet jy onthou–die DA is ‘n minderheids party , en vir die afsienbare toekoms sal hulle een bly. Jy is ‘n minderheid in ‘n minderheidsparty. By die VF+ is jy ‘n MEERDERHEID binne ‘n minderheidparty.

As jou hele menswees en bestaan net sover strek as dienste gelewer, stem dan vir die DA.
As daar meer vir jou gaan as net munisipale dienste, dan weet jy vir wie jy moet stem…

Reinhardt ·

Dankie Joe. Die konserwatiewes verstaan nie hoe demokrasie werk nie onthou, hulle was te hard geïndoktrineer tydens apartheid. Ja, die DA gaan mos natuurlik nie nou in n verkiesingsjaar opstaan vir wittes nie. Want meeste wittes stem elkgeval DA, wat hulle moet doen is om swart stemme te werf. In beginsel is die DA en ANC eenders, maar in praktyk is hulle ligjare van mekaar af.

Chrisp ·

Dankie David.
Ek dink jy moet dit maar oor en oor plaas met elke DA propageerder op Maroela.Miskien groot miskien sal Reinhardt later verstaan .
Ek staan verstom oor sekere DA mense se onkunde.So asof die DA net in ‘n verkiesingsjaar nie opstaan vir die blatante rassisme teenoor Reinhardt en sy kinders nie. Hulle het nog nie een keer in meer as 20jaar as die “groot” oposisie nie Reinhardt,ja nie een keer nie.

Bg ruggraatloosheid sou my min skeel as dit nie my en ander se kinders ook direk raak nie.

Ek kan nie onthou wie dievolgende gese het nie maar dit is so waar.
“No amount of education can overcome liberal stupidity”

Trots Afrikaans ·

Ja Reinhardt, en die konserwatiewes sal sê die liberale het ons gebring tot hier.
Moenie vergeet dat dit alles begin het by ons liberale UCT nie.
Dit maak minder saak oor hoe jy jouslef sien as wat dit gaan oor hoe jou vyand jou sien.
As die opgesweepte massas aanval gaan hulle nie by jou stop en jou politieke oortuiging vra nie.
Dis tyd dat ons helder begin dink. Meer verstand, minder hart. Meer God, minder mens…

En worstel maar met die idee dat die man wat jou eendag mag help heel moontlik ‘n “geindoktineerde agtergeblewe konserwatief” mag wees.

Leendert van Oostrum ·

ENIGE party met ‘n meerderheid doen wat hy wil en steur hom nie aan die kiesers nie. As die DA die dag ‘n absolute meerderheid in Gauteng kry sal ons net so sleg of slegter af wees as met die ANC.

Dit is veel beter dat GEEN party ‘n absolute meerderheid het nie. Dan het die grotes die klein partytjies nodig en die klein partytjies is (met sommige uitsonderinge) veel meer geneig om die kiesers te dien. En dan begin die grotes se ore ook sommer te werk.

Die heel beste situasie vir ‘n minderheid is dus een waar die DA (of die ANC maar verkieslik die DA) saam met een of meer kleiner partytjies (bv. ACDP, VF+ ens) moet regeer.

Die slimste opsie vir ‘n minderheid is dus om vir enige party BEHALWE die twee grootste partye te stem. Dit dwing die heersers in ‘n koalisie in.

jaycee ·

Blanke studente op ons kampusse word soos kinders in ‘n kleuterskool behandel onderwyl die ongebreidelde destruktiewe gedrag van swart studente verhef word tot ‘n nuwe standaard van akademiese vryheid.

Buurman ·

Jaycee, jy is reg .Dit is die indruk wat ek ook het wat aan die gebeure is.

Adri ·

Ek het gister ‘n e-pos aan US gestuur en gevra dat my naam as oud-Matie van alle rekords verwyder word omdat ek nie langer deel van ‘n sirkus wil wees nie. Nou het die rektor vir my ‘n e-pos gtuur en breedvoerig verduidelik hoekom die dames tydelik geskors is hangende die ondersoek en hoedat daar berading vir alle Maties beskikbaar gestel is oor die geval. Maar die basisvraag bly: hoekom steur hulle hulle aan sulke oovallende politieke snert soos die klag van “black facing”? Jammer prof. Wim. Julle optrede is belaglik én lagwekkend.

Sarie ·

Dit wil my voorkom by die US word meer tyd aan rassisme bestee as aan onderrig en leer. Hulle aap die Amerikaanse snert na Die gepraat en kommisies en beradings gaan niks help om mense met ‘n minderwaardigheidskompleks oor hulle onvermoë om op universiteit te vorder te verander nie. Al wat sal help is om strenger toelatingsvereistes te stel. Studente wat agv RA daar beland en die akademiese toelatingstoets wat alle studente moet slaag en dus nie kan vorder nie moet vir ‘n jaar intensief gehelp word om hulle self te bewys. As hulle nie bevredig vorder nie moet hulle gaan of na ander instansies verwys word wat laer vereistes stel. Belastingbetalers se geld moenie meer so gemors word nie.

Roger ·

Ek ondersteun Solidariteit ten volle, maar waarom altyd petisies optrek vir alles? Is dit nie net dalk ‘n poging om e-pos addresse te bekom vir werwingdoeleindes nie? In ‘n beskaafde land mag petisies dalk werk, maar in SA moet jy vuur met vuur beveg. Petisies is ‘n mors van tyd.

Theo ·

Roger. Gee raad asb? Intussen teken ek die petisie teen US bestuur.

anna ·

Ek het die klik gekry op ‘n rekenaar en nie op die selfoon nie.
Roger as dit die enigste manier is om hulle te beveg in hierdie tyd en tydgleuf doen ek dit met graagte!
Enige-iets om hulle tot hulle sinne te bring!
Hulle is van hulle sinne beroof!
Ek is so bly dat ek ten minste dit kan doen!

Bennie ·

Dit is n skande dat hoogs geleerde mense so eenvoudig in hulle denkrigting kan wees en die optrede van hulle is waansinnig om so op te tree teenoor 2 jong kinders sonder dat hulle al die feite het. Ek sal my kop inskaamte sak as ek Wim de Villiers is. Tweedens hoekom word die persone wat die aanhitsing van stapel gestuur het nie geskors nie. Nee hulle mag mos net omverskonning vra. Basta man mens kan ook net soveel verduur.

Elizabeth ·

Kan die US hom nie net met sy kernbesigheid bemoei nie? Dit is waarvoor die verbruikers betaal.

Disselboom ·

Die een voordeel wat die gelyklopende voorvalle by Maties (mense valslik veroordeel oor gewaande spot-met-swart) en Wits (blatante skel op witmense) kan hê, is dat die skyn van kamtige vrede ontmasker is.

Die stryd moet nou op twee fronte gevoer word:

1. Bied weerstand teen huidige besture en instellings sodat die waarheid gedryf word en die gemoedtoestand opgebou word om weerstand te bied op alle terreine (as dit dan vir die oomblik is om die petisie te teken, teken die petisie en raak betrokke). Ondersteun geestelik en finansiëel die Afrikaner-studente wat tans nie ander plek het om hulle te bekwaam nie, en help hulle om eilande van studie wat voortgaan te handhaaf te midde van die politieke onrus. Ons het immers ‘n leierskorps nodig om punt 2 later te bedryf en om die ekonomie en die Afrikaner se ekonomiese vermoë en dus vermoë om die stryd voort te sit, aan die gang te hou.

2. Werk dat dit klap aan eie instellings, en met eie moet ons die woord “vrye” begin sê om dit duidelik te maak dat dit nie “eie” instellings steeds onder staatsakkreditasie en -registrasie en allerlei akademiese inmenging kan wees nie.

En besef dat om die huidige grootse kampusse en instellings weer tot orde te kry, nie moontlik is sonder staatkundige en politieke verandering nie. Besluit dus waar die meeste energie moet ingaan: in punt 1 of punt 2 hierbo?

Trots Afrikaans ·

Punt 2
Welgedaan Jan de Rover. Disselboom, jou voorstel is klop-disselboom en ek kan nie meer met jou saam stem nie.

Maar, dan moet hulle dit net van die begin af Afrikaans maak en hou.
In Namibia het die Afrikaners vele privaat skole oopgemaak, net om dit self weer aan Engels uit te verkoop.

Ongelooflik hoe ons ons eie kultuur, wat so duur gekoop is deur ons voorvaders, so maklik deur ons uitverkoop word.

Yolande ·

Ek is persoonlik al so moeg baklei dat ek lus vul en se vir hierdie land en universiteite en simpelgeit om alles vir Rassisme uit te kryt: xxx voort tot ons land totaal in sy xxxx is.

Drikus ·

Ek word sommer smoor kwaad as ek sien hoe teen hierdie pragtige meisiekind gediskrimineer is. Hierdie meisie het op die aarde neimand kwaad bedoel nie. Ek is baie dankbaar teenoor Solidariteit dat iemand darem rugraat het om die soort TWAK teen te staan!

johny ·

Val die blankes aan oor klein simple goed.Blankes ontrek en skryf in by ander leerstellings.Leerstelling het sy doel bereik.Meer plek vir ander leerders

Leonard van der Dussen ·

Disselboom en Trots Afrikaans: die hartseer feit is dat waar Afrikaners die temmers en opbouers van Suid-Afrika was, dit wil lyk of die Engelstalige gemeenskap tans die voortou neem vir onderwysstandaarde en die weerstand teen regeringsinmenging.

Afrikaners bly maar in die gerief vassit van staatsinstellings, wat gaaf gewerk het toe die Afrikaner aan bewind was, en die wêreldgees oor nasionalisme, eienaarskap en so meer nog anders was. As jy aan die staatsinstellings bly klou, gaan jy dit net verander deur die eienaarskap te verander, met ander woorde deur die regering te verander.

Is nie soseer daarteen dat daar protes aangeteken word nie (bv petisie opstel), maar soos in ‘n ander meningsartikel op Maroelamedia van Org Potgieter oor onderwys opgemerk is: “…. die wind waai wes”.

Bach ·

Meisies en jul ouers dagvaar die US vir derduisende Rande vir crimen injuria. Die kinders gaan hierdie letsels lewens lank dra. Hierdie nonsens moet end kry.

anna ·

ek is trots wit en sal myself enige kleur verf. dit is my reg!!!!.ek is nie skaam oor waar ekvandaan kom nie.niemand kan my voorskryf oor hoe ekmyself kan verf of optooi nie.

Jeanette ·

Reinhardt

Ek het die rapporteer sleutel verkeerdelik gedruk. Ek vra verskoning.

Ek waardeer die eerlikheid in jou erkenning dat die DA en die ANC in beginsel dieselfde is. Hoe verskillend julle die beginsel nou in die praktyk uitleef maak regtig nie saak nie, die eindresultaat gaan noodwendig dieselfde wees. Jy het met hierdie erkenning juis die ouens wat nog gedink het om vir die DA te stem verjaag.

Die neerhalende wyse waarop jy na diegene verwys wat anders as jy dink maak ook nie indruk nie. Ek bespeur ‘n ongemak by jou omdat die Afrikaner die DA begin aansien vir wat hy is.

Reinhardt ·

Jeanette, die enigste rede hoekom neerhalend was is omdat daar op n daaglikse basies na my as “die ou liberale” verwys word. So asof dit n slegte ding is. Ek is vreeslik jammer as ek na kleurlinge, swartes, moslems, indiers in wittes as dieselfde kyk. Kultuur mag dalk verskil, taal mag dalk verskil, maar op die ou einde wil almal net verstaan word. Ongelukkig lewe ons in n land met vreeslik baie ekstremiste en rassiste wat alles onderstebo gooi.

Ek is ook n Afrikaner, ek is ook ontsteld oor alles wat in ons land aangaan. Maar ek dink daar is beter oplossings as volkstate en apartheid. Die verskil tussen myself en baie ander op die webwerf is julle sien net Afrikaners, ek sien Suid-Afrikaners.

Hoeveel van julle het al rustig sit en gesels met kleurlinge, moslems, swartes? Ja, natuurlik is daar mense wat onredelik is, maar is dit nie maar so in alle kulture nie?

Plaas van dat ons wil weghardloop en ons eie staat maak, hoekom maak ons nie die Afrikaner kultuur die beste een nie? Maak Afrikaans die lekkerste taal, kry almal om ons te join? Of mag swartes en kleurlinge nie Afrikaans praat, hard werk, rugby kyk en braai nie?

Chrisp ·

Reinhardt ek is baie bly jy sien geen kleur raak nie(jy hoef nie jammer te wees nie wees net eerlik).Aangesien jy nou die DA gaan verlaat met sy rassistiese beleid ondermyning van juis Afrikaner kultuur vir wie gaan jy stem?
Die DA is mos baie bewus van kleur bee ,seb ens? Het nog nerens vir die Afrikaner kultuur opgestaan wat jy nou die beste wil maak nie.

Ja nee wat na Apartheid het die swartes en kleurlinge vir die eerste keer Afrikaans gepraat,hard gewerk ,rugby gekyk en gebraai.
Ek staan verstom!

Heinrich ·

Op hierdie stadium is die stert besig om die hond te swaai!~ Open Stellenbosch is ‘n klomp terroriste wat hulle terreurveldtog teen Afrikaans voortsit en die universiteit se Raad is heeltemal te ruggraadloos om op te staan vir wat reg en wet is en swig onder politieke korrektheid (die verwronge weergawe wat deesdae aan die orde van die dag is)!

Hannelie ·

Hel maar die Universiteit se kamtige “Open Stellenbosch” is kleurblind!!! PERS weet julle hoe lyk pers? Ek sal my doodskaam vir die US se uiters swak optrede teen die twee meisies. Ek dink ek sal ‘n gat grou en daar inkruip as ek hulle is. Fokus asb eerder om gelukkige studente te werf as om oral fout te soek of eerder oral “rassisme” te soek. As ek die twee meisies se ouers is dagvaar ek die Universiteit.

Rina Myburgh ·

Stellenbosch Universiteit is rassisties en kleurblind

Roger ·

Hierdie geval is net weer ‘n bewys dat die grootste vyande van blankes binne eie geledere is. Ek is ook verder seker dat indien hierdie meisies, blanke Engelssprekendes was, daar nie eens melding gemaak sou word van hierdie ou foto’tjie nie. Die feit dat sekere Afrikaanse nuusblaaie selektief na rassisme soek en as beeldpoetsers en spreekbuis dien vir blanke liberales en ander randfigure, sal verseker dat dit altyd voorbladnuus haal. Gevalle soos die blatante rassistiese graffiti by Wits, word natuurlik nie deur hul gedek nie.

Roger ·

Wim de Villiers en sy makkers sal aanjaag totdat hul geslaag het in hul doel om Afrikaners te ontmoedig om by US te studeer. Dit is tot duidelik wat hul agenda is en wie hul betaal. Daarna verkas hul op die eerste vliegtuig oorsee om nooit weer van gehoor te word nie.

Theo ·

US bestuur is verlam omrede hulle ten alle koste polities korrek wil wees. Of soos tien talle lesers kommentaar gelewer het, n klomp slapgatte.

anna ·

Kry vir de villiers uit sy pos uit!!
vandat hy daar aangekom het was daar nog net probleme.
Vat jou goed en trap de villiers – jy doen net skade – net soos jou maatjies.
jy bou niks op nie- jy breek net af.
So bly baie van die universiteite in die buiteland is reeds oor jou ingelig.
Jy is rooi gesig en sal dit nooit kan verander nie.
Wereldwyd.
Jou naam is so weggegooi dat dit nie eers snaak is nie!!
Deur jou eie toedoen!!!!

Petrus ·

Interessant dat witmense nie n probleem het om beledig te word omdat hul wit is nie. Wonder hoekom ander kleuriges altyd n probleem het as daar neerhalend na hul kleur verwys word. Is dit dalk n selfbeeld probleem of dalk n gevoel van minderwaardigheid? Elke kleur op aarde is uniek gemaak en elkeen behoort trots te wees op hoe hy lyk. Of wil almal skielik wit wees? In RSA is dit baie voordelig om nie wit te wees nie. Dalk is dit ook rassisties. Kom ons sê liefs… dis meer voordelig om donkerder van gelaat te wees in RSA. Miskien moet ons maar sê ons is almal vleeskleurig… ligter en donker van vlees. Rassisme is n oorlog wat te veel aandag kry sonder n wenner ooit…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.