Mosie van wantroue teen Zuma dalk uitgestel

Pres. Jacob Zuma (31 Maart 2017) Foto: GCIS

Die aanhoor van ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma in die parlement sal moontlik uitgestel moet word, weens ʼn aansoek wat die UDM by die konstitusionele hof ingedien het.

Die konstitusionele hof het vandag aan die United Democratic Movement toestemming verleen om aan te voer dat ʼn geheime stemming ʼn noodsaaklike, demokratiese reg is.

Kgwadi Makgakga, registrateur van die konstitusionele hof, het skriftelik bevestig partye wat die UDM se aansoek wil teenstaan, moet voor Donderdag, 13 April reageer. Die UDM het daarna tyd tot 19 April om hierop te reageer en die partye moet hul finale replieke teen 21 April indien.

Maroela Media het vroeër berig die UDM het die hof genader om te versoek dat die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma volgende week met ʼn geheime stem beslis moet word.

Die mosie van wantroue is geskeduleer om op 18 April in die parlement gedebatteer te word.

Die UDM en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het intussen die speaker van die parlement, Baleka Mbete, genader en versoek dat die debat oor die mosie van wantroue uitgestel moet word, om die konstitusionele hof voldoende tyd te gun om uitspraak te lewer oor die aansoek vir ʼn geheime stemming.

Floyd Shivambu, adjunkpresident van die EFF, het in ʼn verklaring gesê die party glo die beslissing van die konstitusionele hof sal ʼn direkte impak hê op die aard en uitslag van die mosie van wantroue in die parlement. “Ons versoek die speaker om die debat uit te stel tot ná die hof se uitspraak en beslissing.”

Die parlement het intussen bevestig dat hy sal voldoen aan die tydlyn, soos voorgehou deur die konstitusionele hof. “Die hof het tot dusver nog geen opdrag gegee wat betref die debat oor die mosie van wantroue wat geskeduleer is vir 18 April om 14:00 nie,” het die Moloto Mothapo in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

lw ·

Solank dit net voortgaan. Met Zuma aan die stuur is die landsburgers net slegter daaraan toe. Petrol gaan reeds verhoog word en uitleenkoerse ook in gedrang.

MissDemeanor ·

Ek stem saam jou lw. Ek glo indien die stemme geheim is sal meer ANC LPs teen Zuma stem…ek dink as ons dan moet wag dan moet ons maar wag.

My bydra ·

Eish! En nou?! Gaan daar weer n gekokery wees sodat die ANC genoeg tyd het om vervalsde stemme te kan opmaak soos hulle gewoonlik doen by n verkiessing sodat hulle in bewind kan bly?

Diana ·

Stel dan uit, dis okay. Die ANC slapgatte sal net teen Zuma stem as dit in die geheim is.

Blits ·

Ek stem saam, solank as wat die storie nie in geheime stemming plaas vind nie sal die ANC alles heeltyd stoomroller, kyk maar na Jackson Mtembu, hy was uit teen ZUMA nou beveel hy alle ANC MP’s en waarsku hulle om nie teen Zuma te stem nie, weet nie van wanne Die ZUMA vent belangriker is as die mense in Suid Afrika nie, my seun is 5 maar baie baie meer slimmer as ZUMZUMDOM
Ons kan net hoop en bid dat daar MP’s is wat darem bietjie komensens het en as die stemming in geheime stem gedoen word dat hulle kan opstaan en doen wat reg is, Mbeki het self gesê dat die MP’s hulle moet skaar aan die kant van Suid Afrika se mense omdat dit nie die ANC is wat hulle betaal nie maar die mense van Suid Afrika en hulle verantwoordelikheid is teen oor die mense dan teenoor die party, Hulle spandeur R60 000 per maand op takeaways maar ons mense chop af, let op dat die swart en wit en alle rasse en geure is wat suffer

jaco ·

Die opskrif v.d. berig laat dit lyk of daar klaar ‘n mosie van wantroue teen hom is, of dat dit ‘n uitgemaakte saak is dat die mosie wel ingestem gaan word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.