Mosie van wantroue teen Zuma dán aangehoor

Pres. Jacob Zuma tydens die kwartaallikse vraag-en-antwoord-sessie in die parlement (22 Junie 2017). Foto: Parlement

Die parlement het Vrydag aangekondig wanneer ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma wat deur die DA ingestel is, gedebatteer sal word.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het in ʼn verklaring bevestig die mosie sal op 3 Augustus in die parlement gedebatteer word. Volgens Mothapo beteken dit dat die nasionale vergadering se sitting vroeër sal begin as beplan.

“Die besluit [oor die datum] het ook in ag geneem dat sommige van die komitees van die nasionale vergadering tans besig is met oorsigbesoeke en die parlement het Julie oopgelaat vir kiesafdelingwerk,” het hy gesê.

Die DA het die eerste versoek vir die mosie op 30 Maart vanjaar ingedien en die mosie sou aanvanklik op 18 April gedebatteer word. Die mosie is egter op ys geplaas nadat die United Democratic Movement (UDM) en die EFF ʼn aansoek voor die konstitusionele hof ingedien het om te versoek dat die mosie met ʼn geheime stemming beslis word.

Die konstitusionele hof het op 22 Junie bevind dat speaker Baleka Mbete verkeerd was toe sy gesê het sy is nie by magte om te besluit oor die geheime stemming nie. Die hof het beslis dat Mbete nou weer ’n besluit moet neem op grond van die uitspraak. Hoofregter Mogoeng Mogoeng het gesê daar is geen regsgronde waarvolgens die hof die speaker kan dwing om op ’n geheime stemming te besluit nie.

Mothapo het gesê die speaker het nog nie besluit of die mosie van wantroue met ʼn oop of geheime stemming beslis sal word nie. Mbete het enige partye wat belangstel, uitgenooi om hul voorkeur oor die stemproses vir hierdie spesifieke mosie voor 14 Julie by haar in te dien, sodat sy dit in ag kan neem vir haar besluit.

“Die speaker sal haar besluit oor die stemproses bekendmaak voor die debat op 3 Augustus moet plaasvind,” het Mothapo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Pieterlewismuts ·

Ek is bekommerd dat die lang gespook tussen dat die geheime stemming eerste keer aanhangig gemaak is tot dat dit werklikheid word vir ongure karakters genoeg geleentheid kan gee om die stelsel binne te dring te onderskep en n rekord te hou van wie hoe gestem het en so in wese die geheime stemming binne te dring en aan “gekose individue” dan “openbaar” te maak.
Die opposisie behoort nou aan te dring op metode of stelsel wat onderskepping van die geheime stemming in feite onmoontlik maak.
Ek verwag enige vorm van vuilspel deur die Zumaiete om daardie stemming te kelder na hulle voorkeur uitslag.

Nel ·

Afrika se gemenespel/bedrog wat stemmery aangaan is al oorbekend. Die Zuma-kartel sal wel ‘n plan of twee beraam om die uitslag in Z se guns te laat tel.

popeye ·

Aaag wat…. rooi kolletjie – das, oop-arm, hê-hê, stortkop liegbek moet waai! Finish en klaar! Swakste “staatsman” ooit!

Cherokee ·

Dit mag wees dat dit bloot ‘n verskil in grammatikale mening is maar die eerste paragraaf in hierdie berig sê dat die DA verantwoordelik is vir Jakop Zoema se instelling. “Jakop Zoema wat deur die DA ingestel is”. Nou weet julle (ondermeer) waarom ek julle wat DA is nie like nie.

Chekoree ·

Maak jou leesbril skoon en lees weer!
Die MOSIE is deur die DA ingestel en nie JZ nie, maar jou oë lees wat hulle wil, net soos jy stem wat jy wil!

Anoniem ·

Die opposisie moet saam met die speaker die geheime stemme tel. Ek vertrou haar nie.

Wysneus ·

Watter geheime stemme? Lyk my jy neem al klaar aan daar ‘n geheime stemming wees? Jy moet jou kop laat lees Anoniemietjie, die ANC is a vuil uil, hy gaan hom nie so maklik laat grond toe bring nie. Daar sal geen geheime stemming wees nie, daarvoor sal Zupta se kaders seker maak.

Bobby ·

Ek stem saam. Daar sal verseker geen geheime stemming wees nie!!!! Die beste kans wat die res van SA het is om saam te staan en vir die DA te stem om sodoende LOS te kom van hierdie bose regering.

Cherokee ·

So bobby, jy stel dus voor dat die Suid Afrikaner in geheel saam met julle verraad pleeg en vir grond hervorming en regstellende aksie stem saam met julle. Vergeet dit! Ons is anders.

Wysneus ·

Die opposisiepartye moet meer doeltreffend raak om die ANC in diue stof te laat byt. Miljoene rande later na hofsake om ‘n geheime stem te probeer afdwing en die uitkoms gaan wees dat die ANC weer wen. Die opposisie moet slim begin werk om die ANC tot ‘n val te bring, maar dit gaan harde werk verg op voetsoolvlak….loop van deur tot deur en praat met die ANC kiesers…swaai hulle kop….die feit dat die opposisiepartye heeltyd hof toe hardloop begin die indruk wek dat hulle lui is en ‘n kitsoplossing soek om van Zuma and die korrupte ANC ontslae te raak…dit gaan nie werk nie. Maimane, Malema, Lekota, Holomisa en Kie moet begin vinger trek en campaign van deur tot deur…dis harde werk maar die enigste manier.

Eps ·

Dit is ‘n feit dat Jacob Zuma teen die einde van die jaar nie meer president gaan wees nie. Die ander verassing is dat SA nie deur ‘n president geregeer gaan word nie, maar deur die Internasionale Moniterê Fonds. SARS verhaal ongeveer R50 miljard, onder die begrotings teiken in. Die regering moet R9 miljard betaal vir SAA skuld en nog miljarde van ESKOM skuld. Al waar hulle geld sal kan kry is die IMF. Hulle sal slegs die geld leen teen voorgeskrewe reels en riglyne. Dit sal beteken dat die regering geweldig moet afskaal op besteding. Die sny van maatskali8ke toelaes gaan die land laat brand met betogings en optogte. Dit gaan die land verder na die afgrond lei. Tel die Knysna ramp by en jy kom tot aardige afleidings.

Al wat ek mense kan aanraai is om nie skuld te maak nie. Hou maar jou ou motor. Ekenomiese toestande gaan nog bitter ver agteruit moet gaan voordat dit verbeter. As jy weet jy gaan geld by SARS moet uitkry dan moet jy maar spoedig jou opgawe indien, want SARS het nie baie geld om uit te betaal nie. Huylle gaan alles in hul vermoeë doen om uitbetalings te berperk en uit te rek.

Gaan kyk gerus R.W. Johnson se video’s op youtube.

Johanna Botha ·

Ek twyfel net of dit enigsins gaan werk …die ou sit soos n neut !

SARIE VAN HEERDEN ·

Al wat daai skurk sal doen om uit te vind hoe mense gestem het om hom te laat waai is om ‘n leuenverklikkertoets op al sy parlementslede te laat doen.

Arie ·

Het julle al ooit in Afrika `n leier gesien wat erken hy was verkeerd en bedank? Nee hulle is almal onskuldig – net so met zuma. Hy sal nooit self loop nie hy sal moet uitvorseer word en die anc kan nie want hulle is almal ewe korrup, hulle sal die verkiesing uitslae ook dokter soos Zimbabwe maar uitgestem word? Nooit!!!!

Hansie slim ·

Geheime stem, oop stem, die sal ons maar moet sien?
Al is dit geheime stem, kan dit gekook word en al word dit nie gekook nie, eenvoudig, hulle aanvaar net nie die stemming nie al sou dit negatief vir JZ uitdraai..

Kay ·

ek hoor op die nuus Zuma dreig al klaar … en se geen ANC lede mag teen hom stem nie – hoe regverdig kan so stemming wees en ons is verseker nog nie ontsla van hom nie

Blits ·

Geheime stemming sal nie plaas vind nie, die speaker sal daarvoor sorg, ons ken ha gevol daaroor, en die minister van polisie het almal in die anc kamp gewaaekie om te stem volgens instruksie van die anc. zuma is n slinkse kalant en het hom omsingel met invloedryke mense wat deel is van die staats kaping sindikaat juis om hom te beskerm selfs die PP is onder sy mag, kyk na ha besluit om staats kaping weer te ondersoek en ook klaar gese dit sal eers oor 2 jaar klaar wees, zuma se termyn eindig in 2019, en die ondersoek sal eers in november kla wees, sal niks aan hom doen nie want hy gaan padgee dubai toe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.