Mosie van wantroue teen Zuma dán aangehoor

Argieffoto

ʼn Spesiale sitting van die parlement waartydens ʼn mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma gedebatteer sal word, is vir 18 April geskeduleer.

Baleka Mbete, speaker van die parlement, het in ʼn verklaring bevestig dat sy versoeke van opposisiepartye, dat die mosie in die parlement bespreek word, oorweeg het en met die nodige persone gesprek gevoer het. Die sitting is vir 14:00 geskeduleer.

Intussen het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Woensdag gesê geen ANC-LP’s sal die opposisiepartye steun om Zuma uit die kussings gelig te kry nie.

“Die sal regtig ongekend wees vir die ANC. Ons het ʼn politieke party-stelsel. Daar sal nie so iets soos ʼn mosie van wantroue in die president wees nie. Daar is geen ANC-lid wat ten gunste van die opposisie se mosie van wantroue in die president sal stem nie. Geen weermag wat enige selfrespek het sal toelaat dat die vyand hom bevele gee nie,” het Mantashe gesê.

Mantashe se woorde kom te midde van opposisiepartye, burgerlike organisasies, die ANC-veterane en die ANC se alliansie-vennote, Cosatu en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), wat almal ʼn beroep op Zuma gedoen het om te bedank.

Die leiers van die opposisiepartye het gesê hulle sal alles in hul vermoë doen om te verseker dat Zuma uit sy pos verwyder word. Dit sluit in massa-mobilisering en protesaksies, hofgedinge en ʼn mosie van wantroue wat deur die DA voor die parlement gebring is.

Die opposisiepartye het gesê ANC-LP’s moet “introspeksie doen” en kies tussen Zuma en die Guptas, of die mense van Suid-Afrika.

Julius Malema, leier van die EFF, het verlede week gesê sy party sal ʼn mosie van wantroue in Zuma steun en het beweer die EFF het die ondersteuning van sommige hooggeplaastes in die ANC. Hy het gesê ANC-LP’s sal, in ʼn gesamentlike poging van die opposisiepartye, een vir een genader en oortuig word om teen Zuma te stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Johann ·

Ter wille van die ANC….ten koste van ‘n land se ekonomiese bestaan! Gewetenlose PARTY POLLETIEK wat blindelings n ooglopende bedriër in sy mags waan sal steun met die een leun erger as die volgende. N parlement wat oor vil is van stoelsitters wat maar te lekker kou en sluk aan die Nandos en Valpré…nie n issue met rentekoerse wat gaan sky rocket…petrol pryse wat dit gaan volg…onbekostigbare kos…werkloosheid…SEMI PERMANENTE BANKROTSKAP van n eens finansieel sterk land…en die uneducated massas word met.kospakkies en T shirts en Social Grants gemobiliseer om die ANC BLOED HOND te voed!!!!!! Ek bid dat die engele self vir Zuma en sy kaders uithaal! Goddeloses wat die bose vrye toegang tot ons dae en nagte gee sonder n gewete of oogknip!

Hendrik van George ·

Niks gaan hiervan kom nie – mark my words….

Mauzi ·

Stem saam Hendrik …hier gaan niks gebeur nie. Dalk gaan Zuma ondersteuners nou net n dure les leer? Hehehehe…

Cherokee ·

Ag jong, as julle pessimiste reg is, gaan julle dan juig en ‘n dop drink daarop?

Hendrik regs ·

Net die ANC LP kan Zuma uitskop en niemamd anders kan dit doen nie. Al volg Ramapoza Zuma op as president, regeer die ANC nog steeds en die land het nog steeds ‘n demokrasie wat die president feitlik onbeperkte mag gee om alles in S.A. te verander/domineer. Onthou die president stel die hoof van die Vervolgingseenheid aan, die polisiehoof, SAL hoof, SAUK hoof, die hoofregter, inteligensie hoof, ens……Daar is fout met die demokrasie!

Louis ·

Die ANC verteenwoordig nie meer die belange van die kiesers nie. Die ANC is net ‘n klein groepie in die parlement. Die wat dit reg gekry het om die gravy trein te haal

Petrus ·

Wie wil wed dat daar nie eers n geheime stemming oorweeg sal word nie, al wat die anc kan doen is om hulle mense te dreig dat hulle geskors sal word as hulle teen zuma stem.

Nico ·

Dis reg. Hou hom daar. Sekerste manier om die hele ANC uit te stem in 2019. Weet net nie wat gaan oorbly vir ‘n koalisie om te regeer nie.

Voorlaaier ·

Nee wat !..Die goed is te dom om di impak te verstaan..Solank as wat di ANC MP’s hulle vet salarisse kry sal hulle hom in mag hou!….Daar gaan absoluut niks gebeur nie. Hulle sal hom nie uitstem nie…

Maureen ·

Van al die pogings in die hof, mosie in parlement en optogte sal niks kom. ONGELUKKIG is dit is President Zuma se reg om die kabinet te skommel soos hy goeddink. Zimbabwe hier kom ons. Voorheen altyd met my groot mond gesê “NOOIT – NIE SUID – AFRIKA”. Al die ANC lede wat ongelukkig voel oor al die gebeure kan ons klaar sien is gemuilband. Hulle verdedig hulle posisies. Ongelukkig is Kaviaar en Johnny Black meer werd as hulle gevoel van omgee vir Suid Afrika.

AL ·

Tog het zums 3 etiese reels verbreek met sy leierskap. Ek sien die DA se noconfidence petisie groei al hoe meer.
N Kenner meen ook dat dit nou vir ons as burgers ons stemme moet laat hoor.

Kobus ·

Ons kan maar eerlik met mekaar wees….Suid-Afrika as my geliefde land met al sy mense en die onwettiges ingesluit..is in n skaakmat posisie…niks kan ons nou meer red…wantroue debatte,massa aksies en hofbevele…niks sal daardie laggende nar van sy stoel afvee…hy is n meester in strategiee…hy het sy pionne so opgestel dat hy ten alle tye beskerm sal word…nie net nou waar hy nog stewig staan,maar na sy aftrede sal daar steeds diegene wees wat daar geplaas is om die meester van verval uit die hof en tronk te hou…die ANC het homself in die voet geskiet met n Std 3 kind wat deur sy struggle dae as hoof van MK se intellegensie…die meester geword het om nie net die land met sy Gupta vriende maar die magtige ANC sy eie te maak….hul kan blaf soos hul wil…maar as baas grom…hardloop almal stert tussen die bene…en kruip terug met die sappigste been as offer van versoening…Suid- Afrika brand en die nar hehehe tot in sy slaap

Leendert ·

FW as jy my vanaand kan hoor, ek beskuldig jou daarvan dat jy ons op hierdie kruispad gebring het. Een, jy het toentertyd die “ja” stem gekaap, jy het verraad gepleeg en jy het die Afrikaner, waarvan jy afstam versaak. Jy met jou hovaardige stem en optrede, jy het mense op sleeptou geneem. En wat is jy anders as Zuma vandag, buiten dat jy nie korrup was nie, nie ‘n veelwywer nie, maar dit is nie waarom ‘n land gaan nie. Maar natuurlik sal jy jou teen hierdie realiteite verdedig, dit wys jou net jou ingesteldheid en waar jou waardesisteem jou die wildernis in gelei het. Ons is nou maar net oor die 20 jaar verder en jy en Roelf kon nie Afrika se reailteit in ag neem nie. Onthou, om te onderhandel, is soos om jou hand af te sny, Dit wou jy nie vir jou land doen nie, jy stap ongeskonde daaruit, jy het, alle mense in die land versaak.

CHRISTA ·

Leendert, “drop” die “pose”!!! Een “ja” stem van FW alleen kon onmoontlik die land se rigting verander het!!! Gaan kyk weer HOEVEEL mense aan die refurendum deelgeneem het en HOEVEEL vrywilliglik JA gestem het!!! Jy klink nou soos die ANC-ondersteuners wat heeldag KERM en KLA oor die ANC en vir hulle BLY stem!!! Jy moet ALMAL wat JA gestem het kruisig!!!

Leendert ·

CHRISTA,
Jy het nie ‘n idee wat jy sê nie. Jy weet klaarblyklik nie waarom die referendum gegaan het nie. Dit het hom het net die toestemming gegee om met ‘n werkbare model na die kiesers toe te kom, en dan sou hulle WEER daaroor stem, of hulle dit aanvaar, VOOR hy dit met met die ANC gaan onderhandel. Dit het hy nooit gedoen nie, maar hy en Roelf het ‘n model na goeddunke met Mandela onderhandel en toe dit ook sommer self aanvaar.

Cherokee ·

Christa, jy moes hierdie breë glimlag sien toe ek jou lees. My kommentaar op Leendert se ‘pose’ soos jy dit noem sou basies identies gewees het. Dit bly egter nou agterweë want jy het gesê wat gesê moes word.

Na die referendum was my woorde aan ‘n joernalis wat gevra het ‘wat hierna?’, bloot dat ek hierna in ‘n spieël sal kyk en nooit skuldig sal voel nie want ek het geen bydrae daarin dat die land op ‘n skinkbord weggegee is.

Ek het tye gelede in hierdie selfde forum gesê, soos niemand nou wil erken dat hulle ‘ja’ gestem het nie in die tyd reg voor die deur dat daar nooit ooit enige blanke DA stemme was nie. Binnekort gaan almal wat DA gestem het ook ontken dat hulle dit gedoen het.

Leendert ·

CHRISTA EN Cherokee,
Dit is nie vir julle, wat nie verstaan waaroor dit gaan te antwoord nie, dit is FW en sy gewete wat die rassionale van se verraad moet verduidelik. Maar natuurlik sal hy stilbly. Lees weer my feite, die referemdum het gegaan oor die MODEL wat hy EERS aan die volk moes voorlê, waar hulle WEER in ‘n refurendum oor moes stem. Julle leef in ontkenning soos Zuma en die ANC.

Cherokee ·

Ondersteun u die voortsetting van die onderhandelingsproses wat die staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?

Voters were asked whether or not they supported the negotiated reforms begun by state president FW De Klerk two years earlier, in which he proposed the end of the apartheid system that have been implemented since 1948. The result of the election was a large victory for the ‘yes’ side.

Leendert ·

Cherokee,
Die finale model moes eers weer per referendum aan die kiesers voorgelê word. DIT is waaroor die geveg en ongelukkigheid al die jare gaan. FW het rond gehardloop, ook in die koerante: “Ek het ‘n maandaad, ek het ‘n mandaad” Almal weet hy het dit gekaap en die land verraai.

Cherokee ·

Leendert, ek was voorsitter van ‘n tak van die HNP. Ons het hierdie dinge wat nou is uitgespel teen lampale met die stempel van Dr Albert Hertzog en oom Jaap Marais. (het oom Jaap goed genoeg geken om hom so aan te spreek) Ek onthou steeds goed die Ja-stem-voorstanders se plakaat wat uitgeskreeu het ‘Eie Skole’ met sketse van wit kinders. Ons (die Hertzogiete se) plakate was verniel en afgeskeur deur ja-stemmers.

Julle het Ja gestem op die vraag of julle die onderhandelingsproses steun wat gemik is op ‘n Nuwe Grondwet. Finnish en Klaar! Daar was geen beloftes van voorafgaande onderhandelings met die blanke kiesers, ingesluit by die referendum vraag nie. Die vraag was bloot ‘n een sin vraag soos wat ek dit hier bo gestel het. Meer waarskynlik was die teorie van ‘n werkbare model aan die kiesers voorlê die wolhaarstorie wat van jul wykvoorsitters en stemwerwers vertel het.

Onthou dat ek jou eendag vertel hoe ek die adjunk minister van landbou probeer oorreed het om vir ons te stem en hy later na my tafel gekom het en my gekomplimenteer het as die beste stemwerwer wat hy ooit ontmoet het, omdat ek die kandidaat vir die Ja-stem probeer oorreed het om Nee te stem. Dit is een van die lekker stories van daardie tyd.

Akes ·

Vertrou geeneen van hierdie sprekers nie……
Dingaan is vars in my geheue!

chris ·

Hierdie is n vermorsing van tyd en energie. Daar gaan niks hiervan kom nie. Die ANC het reeds gese hulle steun zuma 100% in sy doen en late.

John ·

Onthou julle vir ou Harry wat so nonsies gepraat het met ons gesofistikeerde Oom Jan uit Europa. Nou is hy baas en…

Sam ·

Suid-Afrika is een van min lande waar die president volgens die grondwet deur die meerderheidsparty aangestel word. Daarin le die probleem. Met ‘n minder gesofistikeerde kieserskorps/meerderheidsparty word die president, hoe hopeloos sy werksverrigting ook al, verhef tot “partyeiendom” wat blindelings deur die meerderheidsparty beskerm word en onaantasbaar is deur die oposisie. Ideaal moet die president onafhanklik van partypolitiek verkies word sodat hy op sy eie kan pa staan vir vergrype!

CHRISTA ·

Hulle beskerm net vir Zuma, want dan is hulle hulle posisie in die regering met hulle massiewe salaris, gratis staatswonings, gratis motors, gratis oorseese reise en alle ander byvoordele veilig en ook beskerm!!! Hulle is net daar om hulle eie handpalms te olie!!!

AL ·

Absoluut – die ANC MP’s worry nie oor Zuma nie – net vir eiebelang sal hul die mosie teenstaan, ter wille van die groot salarisse en perks.
Hul siele is inderdaad te koop.

LHS ·

So Mantashe, wat jy direk verkondig is dat almal wat nie deel van die ANC weermag is, soos jy dit stel, direkte vyande is, nie andersdenkend of oposisie nie maar vyande. Onthou bietjie hierdie verwysing vorentoe.

MAB ·

En so is FW tjoepstil!!! Nee wat, ons is in die rug gesteek en hulle voel vere!!!!

Helena ·

Is daar ENIGE kans dat hierdie ‘n geheime stemming gaan wees? Indien wel, mag daar ‘n klein kansie wees dat ANC lede teen Zuma sal stem ter wille van 2019.

Jannie van Niekerk ·

Zuma se spioene sal afloertoestelle “plant”wat geen geheime stemming in die geheim sal toelaat nie. Die malhaas ly aan vervolgingswaan.

Leonne ·

God het die wêreld in woorde geskep – Psalm 33:9. Woorde het mag, dus versuim om negatiewe woorde uit te spreek.
Hebreërs 11 – Geloof is om seker te wees van die goed wat jy hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie kan sien nie. Omdat on glo weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is.

Adam ·

Cherokee, jou kommentaar het my vanoggend ver laat terugdink. Oom Jaap Marais was seker die mees beginselvaste politikus in SA en saam met PW Botha (sterk leierskap) en Van Zyl Slabbert (fenomonaal intelligent) van die beste politici in die land. Ek het groot respek vir al drie gehad al was ek ‘n Prog. Ironies genoeg kan ek, wat destyds as “kommunis” uitgekryt was dit nog nooit oor my hart kry om DA te stem nie, bloot agv die feit dat die DA geen antwoord tov beleid het anders as om te se “ons regeer beter nie: Die vinnigste manier om 20 DA beleide te kry is om 20 DA verteenwoordigers te vra om hulle beleid te verduidelik. Dir politieke kas in ons land is leeg en die politieke dwergies wat die land regeer is pateties. Ironies genoeg is daar in die grote ANC nie eens ‘n behoorlike opvolger vir Zuma nie. Zuma se posisie is trouens nou sterker as voor die Gordhan sage en geen mosie teen hom sal nou slaag nie, ongeag wat die publiek of opposisie doen. en dit is ons grootste probleem. Ruggraatlose en korrupte optrede is ons voorland vir ten minste nog 5-10 jaar.

Cherokee ·

Dankie vir jou terugvoer, Adam. Het geniet om dit te lees. En ek hou van wat jy sê van al 3 politici. Ek het die voorreg gehad om vir sowat 1½ uur of bietjie miskien effe meer saam te kuier met PW Botha in dieselfde geselsgroep gedurende 1966 terwyl hy minister van verdediging was. Was in die weermag in SWA en ons het saamgekuier by Rooikop in die Namib woestyn.

Ek vind dit interessant wat jy sê van oorspronklik ‘n Prog wees maar nie kon vereenselwig met die DA. Dìt Adam, is immers die bewys dat jy vir ‘n beleid stem en nie vir ‘n kandidaat. En ek geniet jou komiese stelling oor 20 DA-beleide :-)

Dit bly ‘n dronkslaanvraag hoe Zuma nie slegs die ANC maar die hele land skaakmat kan hou.
Die land verdedig teen ‘n std 3’tjie en sy bende. …….. Gesels meer kere saam, Adam.

kobus4e ·

MM, miskien moet julle bietjie kyk wat het Zuma teen die hoog geplaaste indunas van die ANC. Hy was die hoof van intelligensie van die ANC, en sy groot vertroueling is in die hoof van staats intelligensie. Hy moet iets op die manne hê wat hulle baie seermaak. Op die NWC vergadering het hy hulle weer daarmee afgepers, daar is geen ander rede vir hulle skielike ommeswaai nie. As julle nie investigative journalism doen nie, vra julle kollegas wat dit doen, ek dink ons sal ril as ons die waarheid hoor.

NOnsens ·

AG ASB man WIE gaan dit aanhoor? ZUMA het nog niks oorgekom nie en ook nie sy maatjie MALEMA nie, hy sorg dat die mense wat die sake aanhoor sy VRIENDE is .. so julle hoes teen ‘n STERK Suid OOSTER~!!

John ·

Terroriste-organisasies, soos die’ wat in Kuba oorgevat het, oorleef op grond van sy ysterhand. Niemand waag dit om die leier tee te gaan nie of hy verdwyn in die niet. Dit word ‘n slangedans en die een wat wen is die een met die giftigste byt.

maryann ·

Wys jou maar net weer eens jy kan die goed nie vertrou nie. Mantashe met sy groot mond gaan teen Zuma al die pad en skielik word hy eenkant deur Zuma omgekoop en dink aan al sy perks en daar is hy weer ‘n Zuma perd. Wat het van Cyril geword. Hoekom staan hy nie op en praat en staan bietjie sy man teen hierdie klomp bedrieers nie.

Jannie van Niekerk ·

Weereens ‘n bewys dat geen ANC lid, ANC ondersteuner, ANC LP of ANC Kabinetslid enige integriteit het nie. Die hogere ANC manne wat Pres Zuma gekritiseer het oor die Gordhan debakel hou nou maar hulle monde. Met ander woorde hulle is korrupsie, misdaad en blanke-fobie goedgesind. En dan sê Me Melani Verwoerd nog dat mens moet onthou ANC lede ondersteun mekaar want hulle het integriteit…?!?!?! ?! Miskien is die beteknis van die woord integriteit in my woordeboek nie dieselfde as in die ANC lede se woordeboek nie.

MANIE ·

Da mors sy tyd. Hulle het klaar laer getrek om Zuma. Balete het van dag een gese daar sal nie n geheime stemming wees. Die anc weet hoe om sy mense te intimideer.Kyk maar na die jeugliga se dreigement van geweld as iemand more die president wil aanvat. Meesters van dreigemente en geweld as dreigemente nie meer werk. Selfs ou Cyril is op die agtervoet gesit deur daardie geslepe rassistiese president

Rynhardt ·

18April is nog n sirkusdag in parlement! By die Anc moet die soustrein floreer, hoe kan jy teen die vader van korrupsie draai?

Annie ·

Dit sal nie werk nie en is klaar te laat, skade aan die ekonomie is gedoen. Dit is beter om hom daar te hou, anders het hy nog meer mag van agter die skerms. ‘n Zuma puppet sal eenvoudig oorneem. Die mense wat gaan optog hou gaan net nog verder skade aan die ekonomie doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.