Mosie van wantroue teen Zuma slaag nie

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC het Donderdag weer eens met ʼn stewige meerderheid ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma in die parlement uitgestem.

Altesaam 214 LP’s het teen die mosie gestem, 126 het daarvoor gestem en een LP het buite stemming gebly. Altesaam 58 LP’s het nie gestem nie.

Die Demokratiese Alliansie het die mosie van wantroue teen Zuma ingestel ná aanleiding van die openbare beskermer (OB) se langverwagte staatskapingverslag waarin daar bevind is dat Zuma moontlik die uitvoerende etiekkode oortree het.

DA-leier Mmusi Maimane het Donderdag tydens die debatvoering oor die mosie van wantroue ʼn beroep op LP’s gedoen om met hul gewete te stem. “’n Stem teen hierdie mosie is ʼn stem vir staatskaping. Dit is ʼn stem vir korrupsie. Dit is ʼn stem vir diefstal. Dit is ʼn stem vir magsmisbruik,” het Maimane gesê.

“Vra jouself vandag af: Kan jou gewete jou toelaat om nog drie jaar van Jacob Zuma toe te laat? Sedert hy in Mei 2009 president geword het, het 2,2 miljoen Suid-Afrikaners by die werkloses in hierdie land aangesluit. Ons land se skuld is nou byna 50% van ons BBP. Soos ons hier sit, is ons land se ekonomie besig om op rommelstatus af te stuur. Om vandag steun vir die president te toon, sal ons lot verseël.”

Lechesa Tsenoli, die adjunk speaker wat die mosie hanteer het, moes veral ANC LP’s verskeie kere tydens Maimane se toespraak stilmaak. Die lede van die EFF het egter aandagtig na Maimane sit en luister.

Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, het in reaksie op die DA se mosie gesê dit is ʼn “desperate poging van die DA om die wil van die landsburgers te ondermyn”. Mokonyane het beklemtoon dat die ANC die afgelope munisipale verkiesing gewen het. Sy het gesê daar waar die ANC die beheer van munisipaliteite aan opposisiepartye afgestaan het, het die ANC intussen “na die inwoners geluister” en die nodige aanpassings gemaak om aan die inwoners se behoeftes te voldoen.

“Niemand durf ons toewyding aan die Grondwet te bevraagteken nie. Ons struggle is nie een wat net 22 jaar hou nie. Dit is ʼn uitgerekte struggle wat steeds voortgaan. Die ANC is gereed om te stem. Ander vrees ons eenheid. Ons kan nie geskud word nie. Ons sal die mosie teenstaan.”

Floyd Shivambu, hoofsweep van die EFF, het Zuma ʼn “post-koloniale ramp” genoem en hom met vorige gewelddadige diktators in Afrika vergelyk. Hy het gesê Zuma probeer om diegene binne die ANC te vervolg wat hom teenstaan in ʼn klaarblyklike verwysing na Pravin Gordhan.

Shivambu het gesê ander ANC LP’s wat Zuma teëgaan, sal ook vervolg word. “Hy gaan julle almal in hegtenis laat neem. Hy gaan julle uitslaan. Hy gaan julle doodmaak,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Alet ·

Miskien is dit tyd dat ons as landsburgers begin opstaan. Wonder wat ANC gaan doen as ons begin weier om belasting te betaal totdat Pres Zuma bedank?

Sann ·

Alet, so luister ek vandag na die aanmaning van SARS vir die sperdatum einde November, om e-opgawes in te dien… En ek dink toe mos presies dieselfde ding. Jy gee aan die keiser wat hom toekom. ‘n Keiser wat sy gesag van God ontvang, en hom ondergeskik aan God se gesag hou.

Jordaan ·

Lekker idee, maar nie haalbaar vir salaristrekkers nie. Jy sal baie vinnig vasgevat word as jou werkgewer ophou oorbetaal.

pieterdp ·

Met die eerbare opregte mense in die parlement het hul geen kans teen die meerderyd krimenele.
Die volk sal hul verslaan by die stembus soos dit die jaar ge beur het..
2019 sal n ramp wees vir die krimenele in die parliment. As die ANC weg smelt in die tronke in en die hele land verloor.

Justice ·

By logiese benadering is daar dus 214 moontlike Gupta aanstellings. Kry daardie regterlike kommisie so gou moontlik van die grond af.

Arie ·

Met zumpie in beheer wat elke wet breek en daarmee wegkom hoe kan hulle die gewone landsburgers vervolg? Ons kan steel bedrog pleeg en slaap op die job en hulle kan ons eintlik niks maak nie want zuma is ons voorbeeld. En ek weier om sy naam met n hoofletter te skryf hy is dit nie werd nie

lettie ·

Ek het so hard gebid dat die Here ons sal help om Zuma te verwyder. Uiters groot was my teleurstelling dat dit nie gebeur het nie. Ek glo die Here sal sy eie tyd gebruik. Soos in Korinthiers 13 staan, nou sien ons net in n dowwe spieel maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nietemin die grootste verloorders as mens mooi dink vanaand is die ANC. Hierdie aksie van hul gaan nog n groot spyker in hul doodskis slaan.

Alida ·

Stortkop het nog 800 klagtes teen hom. Hy sal nie wen nie. Mmusi sal nie rus voor hy val nie.

Riaan ·

Ek dink dits is slim om hom an tehou… op die ou einde gat dit hul in hul gatte byt…so keep ons suporting the losing horse…

Veronica ·

Ek voel net as hulle dan nou so mag het om te besluit oor die land se toekoms moet elkeen in daardie kamer stem. Geen nie stemme mag geduld word nie. Want eintlik is daar mos nou geen beslissing nie….

Lewies ·

Die tyd het aangebreek dat demokrasie as politiekefilosofie ernstig ondersoek moet word. Dit is so duidelik as daglig dat daar verwarring bestaan tussen die oorlewingskonsepte van “kwaliteit vs kwantiteit”.

Dit gaan aan die einde van die dag oor die gaping tussen die eerste-wereld en tweede-wereld wat ooglopend groter en groter word. Die oorsaak van hierdie verskynsel kan gevind word in die onvermoe van die derde wereld om die kennis van die eerste wereld te verstaan en te absorbeer.

lewies ·

Demokrasie as politiekefilosofie sal ernstig ondersoek moet word. Dit skep verwarring by die eerste wereldburgers, omdat kwaliteit en kwantiteit nog altyd belanrike oorlewings-konsep was, ook in die politiek.

Sonder die erkenning van bogenoemde sal Suid-Afrika dieselfde pad as baie ander Afrika-lande loop. Dit sal net langer neem om by daardie laagtepunt uit te kom.

John ·

Volgens Wikipedia is die Guptas, ‘n Zuma en Oakbay van die eienaars van tv-ann7 en die New Age-koerant. Op ann7 word alle kritiek teen president Zuma afgemaak en sy kritici verkleineer en verdag gemaak. Die mosie van wantroue word as ‘n poging van ongelukkige wit sakemanne beskryf wat nie die prez te arm kan draai nie. Duidelik wil die publiek se mening beinvloed word om die vorige OB se verslag as belaglik af te maak. Het die staatskaping dan geslaag?

Anoniem ·

Dis van kritiese belang om die reëls te verander sodat elkeen sy stem in die geheim kan uitbring.

Sons ·

Die DA moes geweet het as die LP s nie in die geheim kan stem nie,sal die mosie nie slaag nie!Die ANC LP s het nie iets soos n gewete nie,hulle sorg net dat hulle sakke vol bly

Jip ·

Wie het gedink dit gaan slaag? Hier is geen logika of regstelsel of konstitusie wat die demokrasie in SA beskerm nie. Hy gaan soos Mugabe rule, want die soustrein ryers hou hom daar.

Rynhardt ·

DA jou ouboet, die Anc sal nie teen sy geliefde prez.Zuma draai nie.SA is n groot boewe-staat ! SA is ekonomies vernietig, so ook mense se drome! Zuma en kie. het klaar hul donker pad gekies wat hul gaan stap.Mense moet begin besef dat dinge word op die Afrika manier gedoen.Demokrasie is n rookskerm en is lankal dood in SA!

neelsie ·

Wonder nou maar net………wanneer doen die parlementslede hulle werk?
Dis die hele tyd net gevegte oor zuma en gupta.
Het hulle iets om te doen?
Sit daar en slaap(as hulle daar is) en word spekvet.
Is daar nog gewete en integriteit?
Is dit hoe n land regeer word?

callie ·

Shivambo van die EFF het dit baie mooi raakgevat. Hy noem Zuma in die klas van Idi Amin. Hy waarsku ons eintlik oor presies wat ek n vorige keer genoem het. Zuma sal nie afgaan as president nie. ANC onder sy leiding gaan n staatsgreep uitvoer. Die man het net 2 opsies. Of die staatsgreep of die tronk. ASB mense se weer hy het SAP, Weermag, NVG, Valke, n mag van 50 wat hom persoonlik bewaak. Word wakker SA hier kom groot drama. Soos Shivambo dit stel, op einde van dag sal hy opposisie laat uitmoor.

Eie army ·

Callie, hy het nie net die regering se SAP en weermag onder sy beheer nie, hy het sy eie weermag! Kyk maar wat het gebeur toe hulle by Luthuli huis betoog het – daar het weermag en gewapende privaat army uitgepop wat ons nie eers van geweet het nie. Dis nou vir al daai dinge wat hy persoonlik wil aanvang waarvoor hy hulle nodig het. So niemand het ‘n katse kans nie – hy sal jou sumier uitwis met sy eie army – daai veterane wat jy net sien as sy lewe bedreig word!

Nee vir ANC, nee vir EFF ·

Shivambo en die EFF is net so groot ramp! It’s the pot calling the kettle black. Hulle is albei ewe ongrondwetlik, ewe groot ramp vir hierdie land en ewe dom. Die EFF en die ANC is ewe korrup en grens skokkend na aan diktators waarmee Shivambo self vir Zuma mee vergelyk. Die enigste party in hierdie land wat die mense se heil kan red is die DA. En dit werk nie. So hoe raak jy van al daai ander ontslae? Ek sou sê na al hierdie jare is dit nou dalk tyd om dit te roep: SA is ‘n ramp!

Jordaan ·

Hou mooi boek van die wat vir Zuma stem. Daar is ‘n dag wat hy nie meer daar is nie, dan moet die mense nie vertrou word as hulle dan vertel hulle wou eintlik teen hom gestem het nie. EK aanvaar Ghordan, Mthembu, Ramamphosa, ens was almal daar en het maar toontjies mooi agter die partylyn gehou. Dit is nou die sogenaamde “goeie” ouens – almal sonder ruggraat of integriteit.

Tobs ·

Moet die DA geluk wens. Hulle het weereens net toe die ANC besig was om krake te wys, dit reggekry om die ANC agter Zuma te verenig. Hierdie mosies sal nie slaag nie en slaag ook nie eens in propaganda nie. Pleks hulle fokus om agter die skerms kritiese ANC lede te versterk in hul pogings om Zuma uit te kry. DA gee hul egter geen ander opsie as om pro Zuma uitsprake te maak nie. Hoekom anders sou Mantashe en Mthembu sulke u-draaie maak?

Basjan ·

Altyd lekker om in hierdie tye mense wat van die straat af werk soek aan die oorsprong van hul sorge te herhinner.
Huishulp of tuinwerker of wat ookal: Eerste vraag – waar’s jou BEE sertifikaat, Tweede – wys my jou Tax Clearance. Laastens gee my ‘n tender vir jou dienste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.