Mosie van wantroue teen Zuma uitgestel

Argieffoto

Baleka Mbete, speaker van die parlement, het ingestem dat die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma uitgestel word.

Dit kom nadat Mmusi Maimane, leier van die DA, aan Mbete geskryf het om te versoek dat die mosie uitgestel word om die konstitusionele hof kans te gee om ʼn beslissing te maak of die mosie met ʼn geheime stem beslis sal word of nie.

Die UDM het vroeër vandeesweek die hof genader om te versoek dat die mosie deur middel van ʼn geheime stemproses moet plaasvind. Die mosie van wantroue sou op 18 April as ʼn dringende aangeleentheid aangehoor geword het.

Die parlement het die uitstel van die mosie Woensdagaand in ʼn verklaring bevestig. Dit kom nadat Mbete vroeër gesê het die mosie kan nie uitgestel word nie en moet teruggetrek word.

Die uitstel van die mosie sal nou na die nasionale vergadering se programkomitee verwys word vir oorweging. Hierdie komitee sal die uitstel van die mosie oorweeg in terme van reël 90 van die parlementêre reëls, wat bepaal dat enige uitgestelde mosies steeds op die parlement se programstelsel bly. Dit verhoed LP’s om ʼn soortgelyke mosie in te dien voordat daar oor die eerste mosie gedebatteer en gestem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

zahn ·

Onbepaald uitgestel? Wie bepaal wanneer die mosie weer op die rol moet kom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.