Mosie van wantroue teen Zuma

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

ʼn Mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma sal op 24 Februarie in die Nasionale Vergadering gedebatteer word.

Agang SA het die mosie gebring en het dit Donderdagoggend tydens ʼn programkomiteevergadering op die notule van die Nasionale Vergadering geplaas.

Luzuko Jacobs, parlementêre woordvoerder, het die bevestig.

Agang het die mosie al in November gebring en in Desember die dokumente by die konstitusionele hof ingedien en versoek dat ʼn geheime stem uitgebring sal word. Die reëls in die parlement bepaal egter dat LP’s slegs ʼn geheime stem uitbring wanneer hulle die president verkies.

Die debat sal binne twee weke na Zuma se staatsrede plaasvind en twee jaar na verskeie opposisiepartye probeer het om ʼn mosie van wantroue teen hom in te stel.

Die mosie plaas ekstra druk op die president wat sy openingsrede op 12 Februarie moet lewer. Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het reeds aangedui dat hy hierdie geleentheid sal gebruik om die president in ʼn hoek te dryf oor sommige van die opgraderings aan sy huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willem ·

Alle aanwysers, veral ekonomies en wat moreel aan betref wys Suid-Afrika is besig om sy gat te sien.

Peet ·

Ja, daar is nie meer hoop nie, as die een gaan is daar tien ander erger om sy plek te vat!

Nico ·

Ons hoef nie verder as vandag se voorblaaie in die koerante oor die skerheidsinstellings, opsnippering van plase, die agteruitgang van die ekonomie, soos per Leopold Scholtz se rubriek, Eskom, die regbank, ens, ens, ens te kyk nie, ook wie ons pêlle in die ekonomiese wêreld is met wie ons ons vereenselwig, om te besef ons is in tamatiestraat. Daar is maar geen openbare instelling, op plaaslike vlakke of nasionaal, wat nie gekontamineer is nie.

ladybug ·

So, wat is die probleem?

As hy en sy korrupte kabinet nie vertrou kan word nie, skop hulle summier uit! Ons is almal, wit en swart, gatvol vir hierdie magsmisbruik van hom en sy kaders!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.