Mosie vir Winnie-lughawe lei tot vurige debat 

Foto: ANA

ʼn Mosie deur die EFF dat Kaapstad Internasionale Lughawe na Winnie Madikizela-Mandela vernoem word, het ʼn vurige debat in die Nasionale Vergadering tot gevolg gehad.

Die mosie was uiteindelik onsuksesvol nadat die ANC dit gewysig het. Julius Malema, leier van die EFF, het aangevoer indien die lughawe na Madikizela-Mandela vernoem word, dit die vals narratief dat net mans vir vryheid geveg het, sal regstel.

Hy het Madikizela-Mandela as ʼn onverskrokke vrou beskryf met wie Suid-Afrikaners van alle agtergronde kan identifiseer.

ANC-LP Dikeledi Magadzi het gesê haar party ondersteun die idee van naamveranderings maar dat die nodige stappe gevolg moet word. “Ons moet nie populisties wees en ons struggle-ikone as ʼn verkiesingsinstrument gebruik nie.”

Xoliswa Tom, ook ʼn ANC-LP, het gesê die parlement is volgens die Grondwet nie by magte om enige kwessie rakende ʼn naamsverandering op te los nie en dat die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) reeds besig is met ʼn proses om die herbenoeming van die lughawe te reguleer.

Die DA het die mosie as ʼn verkiesingsfoefie afgemaak en gesê dit sal die belastingbetalers sowat R20 miljoen uit die sak jaag.

Die UDM het die mosie gesteun en LP Nqabayomzi Kwankwa het gesê dit sal gepas wees om die moederstad se lughawe te vernoem na ʼn vrou wat as die moeder van die nasie bekend staan.

Malema het Magadzi daarvan beskuldig dat sy politieke selfmoord pleeg en dat haar ondersteuning van die mosie die eerste revolusionêre daad van haar lewe sal wees.

Die ANC se hoofsweep, Jackson Mthembu, het voorgestel dat die mosie gewysig word om te lees dat die Nasionale Vergadering die proses wat deur Acsa onderneem is, steun. Mthembu se gewysigde mosie is met 224 stemme teenoor 25 aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Gaitsigubib ·

Nou word sy beskou as die moeder van die nasie. Ek wonder of stompie ook so gedink het?

Skroef ·

Malema is n klassieke voorbeeld van Afrika vryheid! Waat daar geeis word is hy heel voor. Maar… Waar het malema ooit n bydrae gemaak? n Donasie gemaak? n Skenking gedoen? Dis tyd dat n voorsteller van naamsverandering uit eie persoonlike sak elke sent wat dit kos self betaal. Vra die skares wat sulke besluite steun hoeveel rdp huise kon gebou word met die geld wat naamsverandering kos. Wat het die anc al gedoen sedert hulle oorgeneem het? Een duur blaps na die ander en name verander. Malema is welkom om die “Land van herkoms” op sy geboortesertifikaat te gaan verander na Ethiopia. Dit sal in die kol wees en dan het hy iets verander gekry.

HPV ·

Ek kon en sal nooit met die eff, blf anc, winnie identifiseer nie, hoe kan jy jouself idendifiseer met mense onder wie se toestemming en toesig die land letterlik kaal geplunder is? En dit gaan steeds daagliks voort. As dit vernoem moet word vernoem dit na ‘n opbouer, nie na afbrekers nie. Sien Eckhard Binding video en sien ‘n opbouer.

Anoniem ·

Maak nie saak wat hulle dit ookal noem nie, Kaapstad bly DF Malan en Johannesburg, Jan Smuts.

alida ·

Weereens geld mors. Die buitelanders sal nie eers die naam kan uitspreek nie. Bou huise vir die armes ter ere van die “moeder” met bloed aan haar hande.

GM ·

Wat is fout met die huidige naam? Dis neutraal. Dit sê heel duidelik waar jy land, en dit kos nie die belastingbetaler miljoene nie. En net 20 miljoen? Ek betwyfel dit. Naamborde moet verander, padkaarte moet oorgedruk word, ens. En mense sit sonder kos!
Shame, die naam herroep seker ook pyn van die verlede net soos ‘n sekere vlag kamstig doen. Ek wens die mense wil hul prioriteite in orde kry.

HPV ·

As dit vernoem moet word vernoem dit na ‘n opbouer. Sien Eckhard Binding video en sien die voorbeeld van ‘n opbouer.

JohanL ·

Johan en DT – skerp, skerp skerp. (Dalk plaas MM my inset nou?)

Dries du Toit ·

Die doel is om blankes n harde hou toe te dien. Dit sal so pynlik wees om daai naam te noem. Net so erg soos Beyers Naude, Joe Slovo en al daai radikale kommuniste wat nou die name van ons leiers ingeneem het

Andre ·

“Jy mag nie moord pleeg nie” is blykbaar n koloniale beginsel en in Suid Afrika n vereiste om n ikoon te wees.

Pierre ·

Dink “Matcbox” of “Lion” sal gepas wees. Struggle mos om als aan die brand te steek.

leser ·

Nkosikazi Nobandle Nomzamo Madikizela, dis haar regte name, sys ‘n kinder ontvoerder, 6jaar agter tralies maar uiteindelik net ‘n boete daarvoor gekry, was betrokke by kinder mishandeling, vaarvan een toe uiteindelik dood is
wat ‘n klug om haar naam iewers so groot te skryf, en dan nog mandela wat ‘n moordenaar was , anc, eff, blf, watter kommunistiese party ookal, JULLE MOET JUL KOPPE / BREINS (as julle het) laat nagaan

pit ·

n Goeie naam sal natuurlik Andries Pretorius of Van Riebeeck lughawe wees.

jaco ·

voordat almal nou te veel kla oor die ANC net naamsveranderinge doen om “hulle” te pas: in die vroeë 1960’s is ‘n 240 meter hoë toring in Auckland Park in Johannesburg gebou. dit het gedien as seintoring vir die SAUK. Dis vernoem na daardie tyd se Minister van Pos- en Telekommunukasie, dr Albert Herzog. In 1969 het dr Hertzog weggebreek van die Nasionale Party af en toe is die toring se naam vining verander na die Brixtontoring.
So name gee vir die regerende party se helde en dit dan weer verander as daardie helde in oneer verval, kom toe einlik van “ons” af. “Hulle” wat nou regeer het dit maar net by “ons” geleer.
dieselfde met jobs vir jou politieke pelle: in die ou SA het broederbond omies, wat almal sterk nasionale partylede was, ook maar lekker jobs gekry, al was hulle nie noodwendig die beste gekwalifiseerd of met die beste ondervinding nie. So “hulle” kaderontplooiing van vandag is ook maar net nog iets wat “hulle” by “ons” geleer het.

J ·

Waarom al die kommentaar. Ons wittes word uitgelag en getart. Hulle het mos nou die land. Laat hulle doen net wat hulle wil. Hulle is die sonde bokke wat aardverhitting bespoedig.

ne ·

Stompie kan eerder vernoem word. Hy was ‘n held volgens my. Nie winnie nie!

J ·

Die land behoort mos nou aan HULLE. HULLE ken net van bespoedig aardverhitting. HULLE ken nie van oubou en instandhouding nie. SAL is dan bankrot waar kom die geld vandaan om naam te verander.

Essie ·

Los die naam soos hy is almal in die wêreld sal die naam eerder aanvaar as ou winnie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.