Mosies van wantroue teen DA-hoës teruggetrek

Foto: Twitter via @DAEasternCape.

Alle mosies van wantroue teen Athol Trollip, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, is Donderdag teruggetrek.

Die mosies teen Jonathan Lawack, speaker, en hoofsweep Werner Senekal is ook laat vaar.

Die DA het in ʼn verklaring gesê die ANC/EFF-alliansie is gedwing om hul mosies terug te trek eerder as om verneder te word en die stem te verloor.

“Die ANC het vandag twee raadslede te min gehad aangesien twee van hul senior lede hulle in die tronk bevind, skuldig aan ernstige misdade. Dit is ʼn aanduider van die staat van die ANC vandag, ʼn party van kriminele gedrag van bo tot onder.”

Die DA sê hulle sal nie van stryk gebring word nie en kan nou begin met “die mense se werk”.

“Ons het huise om te bou, paaie om te teer, toilette om te installeer, werk om te skep en ʼn ekonomie om te groei. Die magte teen ons sal nie staan nie.”

Maroela Media het vroeër berig Julius Malema het vroeër in April met groot geskal in die Port Elizabethse township New Brighton aangekondig dat Trollip se einde op hande is.

ʼn Raadsvergadering wat vroeër in April geskeduleer was waartydens ses mosies aangehoor moes word, waaronder ʼn mosie van die EFF om Trollip en Lawack die trekpas te gee, het in chaos ontaard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann cb ·

As lewenslange inwoner van Port Elizabeth (Nelson Mandelabaai), juig my hart van blydskap oor die goeie nuus! Nou kan ons lewens hiér weer normaliseer! Die Metro is in baie goeie hande. Met ‘n ander party aan bewind, sou chaos hier geheers het. Welkom “terug” Mnr Trollip!

jaco ·

Dis net ‘n rookskerm. Dieselfde gebeur in Zimbabwe waar die regerende ZANU-PF die opposisie MDC “toelaat” om sekere munisipaliteite te bestuur. Dis egter ‘n geel ander saak as dit lyk of die opposisie ‘n algemene verkiesing gaan wen. Dan word die weermag en polisie met topstrukture vol “kaders” vinnig ingespan om die opposisie te onderdruk. So aan almal wat nou so juig oor die DA se “oorwinning” in Nelson Mandelabaai: die DA gaan nie verder kom as om ‘n paar munisipaliteite te beheer nie.

Nettie ·

As ek die ANC was, sou ek my kop in liederlike skaamte laat sak het. Twee senior raadslede is in die TRONK a.g.v. MISDADIGE OPTREDE (dis wat mens normaalweg in die tronk laat beland ….). Nou is die “Kaap weer Hollands” in Algoabaai (te duiwel met ‘Nelson Mandela Metropool’) en so hoort dit ook.

Ja ne! ·

Nou kan hulle ook nie eers meer baklei nie, want hulle sien hulle gaan tronk toe!

snoefie ·

“Die ANC het vandag twee raadslede te min gehad aangesien twee van hul senior lede hulle in die tronk bevind, skuldig aan ernstige misdade.”

MNR RAMAPHOZA HOE TROTS MAAK DIT JOU OP JOU ANC?

Tokkolos ·

????yes nou nie te sê ek gaan vir DA stem nie Maar as hul preform kan ek dalk mind change Net dalk

rollie ·

Die arrogansie en skaamteloosheid van die ANC is verstommend. Hul tak in die Wes-Kaap het ‘n klag gelê teen die DA dat Kaapstad onder administrasie geplaas word omdat daar nou kwansuis geen bestuur is sonder De Lille nie. Lagwekkend net soos Ehrenreich wat alles in die Kaap wil boikot. LOL

Alida ·

Vir wie wil jy dan stem? n Party wat geen kans het teen die ANC nie? Kry vir jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.