Moskee, huise ontruim oor ‘bomtoestel’

Die moskee in Verulam (Foto: Reaction Unit)

Die Imam Husain-moskee in Verulam in KwaZulu-Natal is Sondagaand inderhaas ontruim nadat ʼn toestel soortgelyk aan ʼn bom binne die moskee aangetref is.

Die Reaction Unit South Africa het Sondagaand aan Maroela Media bevestig dat die moskee asook verskeie huise rondom die moskee om veiligheidsredes ontruim is.

Die bom is glo onder die maulana (die Moslem-leraar) se stoel gevind en deur ʼn aanbidder na ʼn ander gedeelte van die moskee verskuif.

Uit ’n foto blyk dit die toestel is aan ’n ou selfoon verbind.

Prem Balram, woordvoerder vir dié gemeenskapspolisiëringsforum, het op navraag bevestig dat dié verrigtinge afgespeel het in dieselfde moskee as waar drie mense vroeër vandeesweek aangeval is.

Die verdagte toestel (Foto: Reaction Unit)

Drie mans, volgens berigte moontlik van Egipte, het toe op die Imam Hussain-Moskee toegeslaan.

Die twee slagoffers wat die aanval oorleef het, is as Moulana Ali Nchinyane en Muhammad Ali geïdentifiseer. Die derde slagoffer, Abbas Essop, is in die aanval dood.

Tydens dié aanval het die verdagtes verskeie vertrekke in die moskee, insluitend die biblioteek, met petrolbomme aan die brand gesteek en toe van die toneel gevlug.

Balram het Sondagaand gesê lede van die Reaction Unit South Africa wag op bomkenners om die toneel te besoek.

Meer inligting volg.

Op die toneel in Verulam (Foto: Reaction Unit)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Stefan ·

Dink daar is fout. Die Abbas Essop en ander twee is nie verdagtes nie maar die persone wie aangeval is. Die Egiptenare is die verdagtes en aanvallers.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Stefan
Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die growwe oorsig! Die teks moes inderdaad lees “slagoffers” en is gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Wonder ·

Genade tog. Wat is dit met die buitelanders? Hulle kom in ons mooi land in en vermoor ons mense! En so slaap die regering van die land, soos Rip von Winkel.

O aarde ·

Dis maar die normale Shia/Shiite stryd in Islam. Die moskee wat aangeval is, is ondersteuners van due Shiite groepering. Volg maar die spoor terug Iran toe.

Kobie ·

Die Shiite IS die Shia’s. Die ander hoofgroep Moslems is die Sunni’s.

Piet Pompies ·

Groot hoeveelheid dwelms word gesmokkel tot in Mosambiek, regerings beamptes word omgekoop met geld van dwelms, ontvoerings, mense handel. Van die dwelms eindig in SA, die meerderheid word herverpak en deur Afrika lande na Amerika en Europa gesmokkel. Teenstanders van die proses in SA en word nou geteiken deur moord aanvalle. Soos deur ander lesers alreeds opgemerk is, is hierdie ‘n verlenging van geloofsoorlog. Gedurende 1996 het die Veiligheids Polisie gesê dat die volgende terroriste aanvalle in SA nie tussen mense van velkleur gaan wees nie, maar tussen mense van geloof.

Kobie ·

Dagsê O aarde, jy praat van ‘n ‘Shiite/Shia stryd’. Dit kan tog nie wees nie, die Shia-vertakking in Islam IS die Shiite. Die ander hoofgroep is die Sunni’s.

O aarde ·

Kobie, jy is reg. ek is nie so gekonfyt met die manne se verskillende faksies nie. Ek weet wel die Shiite is die eng godsdienstige radikale. Dankie vir die regstelling.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.