Moskee in Mpumalanga beroof

Moskee in Kabokweni, Mpumalanga (Foto: HalalTrip)

ʼn Moskee in Kabokweni in Nelspruit, Mpumalanga, is Vrydagmiddag beroof toe 15 gewapende verdagtes toegeslaan het.

“Die groep swaar gewapende verdagtes het in ʼn wit Toyota Quantum-bussie gery en omstreeks 13:20 by die moskee aangekom,” sê brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie. “Hulle het glo ongeveer 20 aanbidders met vuurwapens gedreig en hulle van hul persoonlike besittings beroof, insluitend selfone. Die verdagtes het ook met een van die aanbidders se motor, ʼn Toyota Corolla met die nommerplaat JRH078MP, weggery.”

Die voorval is by die Kabokweni-polisie aangemeld.

ʼn Groot soektog na die verdagtes is van stapel gestuur.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel en die gemeenskap gemaan om op die uitkyk te wees vir enigiemand wat dalk gesteelde eiendom aan hulle probeer verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.