Mosselbaai-betogers in hegtenis geneem

Betogings in Mosselbaai (Augustus 2014) Foto: @DisFen/Twitter

Betogings in Mosselbaai (Augustus 2014) Foto: @DisFen/Twitter

Altesaam 30 mense is in Mosselbaai in hegtenis geneem in verband met openbare geweld en plundering.

Inwoners van Kwanonqaba betoog al sedert Sondag oor dienslewering en elektrisiteittoevoer in die gebied. “Die persone is Dinsdag en Woensdag in hegtenis geneem,” het kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê. “Hulle is steeds in aanhouding.”

Die persone het ook strate met brandende bande, stokke en klippe versper. Hulle het glo ook die Kwanonqaba munisipale gebou, langs die polisiestasie, aan die brand gesteek. Volgens Pojie wou die betogers ook die stasie afbrand, maar die polisie kon hulle verhoed.

Ongeveer 100 mense het Sondag aan die betoging deelgeneem, maar teen Maandag was daar ongeveer 3 000 betogers en Dinsdag nagenoeg 7 000. “Daar was Woensdag slegs ʼn klein groepie en die situasie is nou kalmer,” het hy bygevoeg. Hy kon nie sê hoeveel mense Woensdag aan die betoging deelgeneem het nie.

Volgens Pojie het die skare ook die polisielede met petrolbomme bestook voordat die polisie met rubberkoeëls op hulle losgebrand en hulle met traangas verdryf het. “ʼn Polisiehelikopter het die skare uit die lug gemonitor.”

Geen beserings is aangemeld nie.

Die persone wat in hegtenis geneem is sal binnekort in die landdroshof in Mosselbaai verskyn.

Lees ook:
Foto’s: Betogers gooi klippe, petrolbomme in Mosselbaai

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

monique ·

Ooooo,ja nee..plunder,breek af,brand af.as hulle nie hul sin kry nie.ek voel ookso oor my krag rekkening,dis dubbel wat ek 3 mnde voorheen betaal het..moet maar betaal,al voel ek ,ek wil ook toy-toy….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.