Mosselbaai-betogings: Munisipaliteit swig onder druk

Betogings in Mosselbaai (Augustus 2014) Foto: @disfen, Twitter

Betogings in Mosselbaai (Augustus 2014) Foto: @disfen, Twitter

Die Mosselbaai-munisipaliteit in die Wes-Kaap het glo ingestem om weer onwettige kragverbindinge in Kwanonqaba aan te skakel ná gewelddadige betogings die afgelope vier dae, berig EWN.

Maroela Media het Woensdag berig 30 mense is in hegtenis geneem in verband met openbare geweld en plundering. Inwoners betoog sedert Sondag oor dienslewering en elektrisiteittoevoer in die gebied. “Die persone is Dinsdag en Woensdag in hegtenis geneem,” het kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê.

Die persone het ook strate met brandende bande, stokke en klippe versper. Hulle het glo ook die Kwanonqaba munisipale gebou, langs die polisiestasie, aan die brand gesteek. Volgens Pojie wou die betogers ook die stasie afbrand, maar die polisie kon hulle verhoed.

Ongeveer 100 mense het Sondag aan die betoging deelgeneem, maar teen Maandag was daar ongeveer 3 000 betogers en Dinsdag nagenoeg 7 000.

Volgens Pojie het die skare ook die polisielede met petrolbomme bestook voordat die polisie met rubberkoeëls op hulle losgebrand en hulle met traangas verdryf het.

Die persone wat in hegtenis geneem is sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Mosselbaai verskyn.

Lees ook:
Mosselbaai-betogers in hegtenis geneem
Foto’s: Betogers gooi klippe, petrolbomme in Mosselbaai


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.