Mosselbaai-polisieman skiet vrou, homself

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn 33-jarige polisiebeampte het Donderdag in Kwanonqaba naby Mosselbaai eers sy vrou geskiet voordat hy homself geskiet het.

“Konstabel Zingisa Ntlemeza en sy vrou het blykbaar gestry,” het kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê. “Hy het haar geskiet voordat hy selfmoord gepleeg het.”

Die 30-jarige vrou is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal. Sy is in die skouer getref. “Ons ondersoek ʼn saak van poging tot moord en sal ʼn geregtelike doodsondersoek doen.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.