’n Wrakstuk wat by Mosselbaai gevind is asook ’n stuk wat op Mauritius se Rodrigues-eiland uitgespoel het, is “hoogs waarskynlik” deel van die vermiste Malaysia Airlines-vlug MH370 wat in 2014 oor die suidelike Atlantiese Oseaan verdwyn het.
Dit is Donderdag deur die Australiese vervoerveiligheidsowerheid, wat die twee wrakstukke ondersoek het, bekend gemaak.
Voorheen is reeds bevestig dat wrakstukke wat op Réunion gevind is, deel van die vliegtuig was, en dat ’n brokstuk wat in Mosambiek gevind is “byna bo alle twyfel” deel van die vliegtuig was. -Bron: Belga
Lees alle vorige berigte oor Vlug MH370 op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Herman die Atlantiese oseaan is tussen Afrika en Amerika.