Motata kry steeds salaris

Nkola Motata

Die foto van Nkola Motata is geneem kort nadat hy in Januarie 2007 onder die invloed van alkohol bestuur het en deur die tuinmuur van ‘n huis in Sandton gebars het.

Die omstrede hooggeregshofregter Nkola Motata ontvang steeds ʼn maandelikse salaris, al bly hy by die huis terwyl die ondersoek oor sy dronkbestuurs opgeskort is.

The Star het Maandag berig Lusanda Ntuli, ʼn woordvoerder van hoofregter Mogoeng Mogoeng, het bevestig dat Motata nie geskors is nie. “Hy ontvang steeds ʼn maandelikse salaris,” het Ntuli gesê.

Die Regterlike Gedragskomitee Tribunaal, wat ʼn klag van rasisme teen Motata ondersoek, is in Februarie uitgestel hangende ‘n vraag na wetgewing wat verband hou met die tribunaal. Die gedeelte van die wetgewing wat gedaag word, bemagtig die president van die tribunaal om ʼn beampte van die Nasionale Vervolgingsgesag aan te stel om bewyse namens die tribunaal in te samel.

Die tribunaal moes Motata se gedrag ondersoek nadat hy in Januarie 2007 onder die invloed van alkohol bestuur en deur ʼn muur van die sakeman Richard Baird se huis in Sandton gebars het. Hy is in September 2009 in die Johannesburgse landdroshof skuldig bevind aan dronkbestuur.

Hy het glo tydens die voorval gesê: “Geen boer gaan my ondermyn nie. Hierdie was ʼn wit man se land, maar dit is nie meer nie.” Hy het glo ook aan ʼn metropolisiebeampte gesê om nie ʼn wit man te ondersteun nie.

Hy het die hooggeregshof in Pretoria genader om die tribunaal se ondersoek oor sy uitlatings te verhoed, maar sy aansoek was onsuksesvol. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dave ·

Phillip Bruwer, na aanleiding van jou stelling dat hy steeds salaris ‘verdien’, dit sal punte vir jou werd wees as jy moeite sou doen om die betekenis van die woord ‘verdien’ vas te stel.

Sune van Heerden ·

Dagsê Dave

Baie dankie vir jou wysiging. Ons het die woord “verdien” met “ontvang” verander.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Theresa ·

Lekker man Lekker. En die soustrein stoom voort………………..

Canned Phantom ·

Kyk mooi, sodra hy homself in ‘n hoek vasgeverf het gaan apartheid weer die skuld kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.