Motherwell-gemeenskap geskok oor selfmoord, poging tot moord

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Die polisie in Motherwell in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van selfmoord en poging tot moord.

“ʼn Lid van die gemeenskap was Donderdag besig om sy vark te voer toe hy die liggaam van ʼn 35-jarige man aan ʼn elektriese spantoring sien hang het,” het ao Dumila Gwavu, woordvoerder van die polisie, gesê. “Daar was nie ʼn selfmoordbrief nie.”

Een van die lede van die gemeenskap het die polisie na die man se huis gelei. “Die huis was met ʼn slot gesluit en die polisie moes ʼn venster oopmaak om toegang tot die huis te bekom,” het Gwavu bygevoeg. “Die polisie het ʼn vrou, wat ernstige gesigbeserings opgedoen het, in die huis gevind. Sy het steeds geleef en is na die Livingstone-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dave ·

Nou is die titel van die berig reg of die eerste paragraaf? Dit praat verskillende tale.

Sune van Heerden ·

Dagsê Dave

‘n Fout het ingesluip by die eerste paragraaf. Ons wysig dit dadelik.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Martin ·

Dave, behalwe om die berigte vir foute te fynkam, kan jy miskien partykeer positiewe dinge ook kwytraak?

Dave ·

Dankie Suné. Dit was nie krities bedoel maar bloot my manier om julle daarop te wys.

Dave ·

Martin, waarom die arrogansie om die vraag te vra asof ek jou enige antwoord skuld?

Vaalpiet ·

Maar julle kan moan en groan sweer as ditR100 gaan reen gaan julle kla daar is nie kleingeld nie of julle moet buk om dit op te tel

SNEL ·

Bhaha, beter kon ek dit nie sê nie. Ek is te dankbaar vir die nuus in Maroela, hulle kan skryf soos hulle wil, mens kan mos verstaan. Dankie Maroela!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.