Moti-broers weke later steeds vermis

Die vier Moti-broers wat ontvoer is. [Foto: Verskaf]

Daar is nog geen nuwe inligting oor die Moti-broers van Polokwane wat byna drie weke gelede op pad skool toe ontvoer is nie. Intussen het die jongste broer Sondag sy sewende verjaardag gevier.

Zia (15), Alaan (13), Zayyad (11) en Zidan (6) was op 20 Oktober van hul huis in Nirvana op pad na die Curro-Heuwelkruin- private skool toe hul motor gekaap en hulle ontvoer is. Hul pa, Naazim, is ’n gesiene sakeman in die stad.

Terwyl die polisie in hierdie stadium nie enige nuwe inligting oor die saak kan verskaf nie, stroom pleidooie en gebede in op sosiale media vir die seuns se veilige terugkeer.

’n #MotiBrothers-veldtog is Sondag op Facebook en Twitter begin nadat dit aan die lig gekom het dat Zidan op dié dag verjaar het.

Maroela Media het vroeër berig die BMW waarin die seuns was, is deur ’n silwer Kia Sorento en ’n swart Mercedes‑Benz van die pad af gedruk. Volgens die 64-jarige bestuurder van die BMW het daar na bewering sewe mans, almal in wit oorpakke geklee, uit die voertuie geklim en skote op die BMW afgevuur.

Die vier seuns is toe uit die BMW en by die Mercedes ingedwing en die bestuurder is agtergelaat.

Die polisie het vroeër ’n beroep op die publiek gedoen dat enigiemand met inligting wat kan help om die kinders op te spoor, die ondersoekbeampte, kapt. Ntlane Rasedile, by 082 565 8566 bel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dries ·

Dit is n ontsettende tragedie. Ons kan net bid vir die ouers

Francois ·

Hulle vertel ons nie alles nie ek dink hulle onderhandel nog agter die skerm oor die bedrag. Wat ek nie kan verstaan nie is hoekom al 4 ? Hartseer dat kinders uitgebeit word vir geld !

marius ·

Want die gemors in die hool het niks meer oor om te plunder nie . Dis die waarheid .

Barney ·

Hoekom? En as hulle weet en nie sê nie, sal dit met goeie rede wees vir die kinders se veiligheid.

Barney ·

Waarop baseer jy jou opinie – weet jy iets wat ons nie weet nie?

Belinda ·

Ai ek hoop hierdie kinders is veilig, waar ookal hul hulself bevind.
Ek hoop hul profiele is gedeel wereld wyd sou human trafficing die rol speel.
Ek dink aan die arme ouers wat ook net wag en hoop op n veilige terugkoms van hul seuns. Jul is in my gebede.

Kiewiet ·

Ai man hierdie arme ouers wat hulle nie moet deurgaan nie..ons is so jammer v hulle..sterk staan Moti familie..

modiglianigirl ·

Dit maak glad nie sin nie. Iewers ontbreek daar inligting?

Sê maar net ·

Dis so hartseer. Daai familie gaan deur hel! Dalk is dit mensehandel? Ons bid vir hulle spoedige opsporing en dat hulle ongedeerd aan hulle ouers terugbesorg word.

Mariaan ·

O nee genade..hoe hou die ouers dit…ek as ma sal aan senuwees sterf! Ek dink hul wag so lank sodat ouers so moedeloos word dat hul NOG meer sal betaal…sou dit die motief wees…mens weet net nie….arme kinders…ai

Sandra ·

Die hele storie is my verdag. Ek hoop net dat hulle die kinders veilig sal vind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.