Moti-gesin verhuis glo na Dubai

Die Moti-broers is in Oktober verlede jaar ontvoer. Hulle is drie weke later ongedeerd gevind. (Foto’s: Verskaf)

Die vier Moti-broers wat verlede jaar ontvoer is, se pa het die polisie glo verbied om onderhoude met die kinders te voer.

Zia (15), Alaan (13), Zayyad (11) en Zian (6) was in Oktober verlede jaar van hul huis in Nirvana, Polokwane, op pad na die Curro Heuwelkruin- private skool toe hul motor gekaap en hulle ontvoer is.

Maroela Media het vroeër berig die BMW waarin die seuns was, is deur ’n silwerkleurige Kia Sorento en ’n swart Mercedes‑Benz van die pad af gedruk. Volgens die 64-jarige bestuurder van die BMW het daar na bewering sewe mans, almal in wit oorpakke geklee, uit die voertuie geklim en skote op die BMW afgevuur.

Die vier seuns is toe uit die BMW by die Mercedes ingedwing en die bestuurder is op die toneel agtergelaat.

Die seuns se ouers, Naazim en Shakira Moti, is gesiene sakelui in Polokwane. Naazim is die eienaar van Auto Moti, ’n motorhandelaar.

Die kinders is drie weke ná hul ontvoering vrygelaat. Hulle was ongedeerd.

Lt.kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het Sondag aan Maroela Media gesê daar was nog geen “samewerking van die familie en die polisie kon nie onderhoude met die kinders voer nie”.

“Ons het deur onbevestigde berigte gehoor dat die gesin sedertdien na Dubai verhuis het.”

Netshiunda sê nadat die seuns gevind is, moes die polisie hulle na ʼn sentrum neem waar hul fisieke en geestesgesondheid bepaal moes word. ʼn Interdik is egter bekom om die polisie te verhoed om dit te doen.

Luidens berigte was die kinders getraumatiseer en sou onderhoude deur die polisie die situasie vererger.

“Sonder die verklarings van die slagoffers self en sonder die samewerking en ondersteuning van die gesin kon ons nie enigiets doen nie,” sê Netshiunda.

Bheki Cele, minister van polisie, het intussen aan eNCA gesê die polisie beskou die situasie in hierdie stadium as ʼn gebrek aan samewerking, eerder as dwarsboming van die gereg. “Daar gaan ʼn tyd kom dat ons ʼn streep trek en sê hierdie is nie net nié samewerking nie, dit is dwarsboming van die gereg.

“Ek wens hulle het beter saamgewerk.”

Die broers se ontvoerders is steeds op vrye voet en volgens Netshiunda moet ʼn motief vir die ontvoering nog bepaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

JL ·

Ag aarde tog! Hoe lank vat sake nie om opgelos te word nie. Wat het geword van die 14 persone wat tydens die Julie geweld “positief geindentifiseer” is? Waar is daardie inhegtenisnemings? Wat nog te sê van die Forensiese patologie wat so vêr agter is? Buitendien, is dit nie dwarsboming van die gereg as jy nie jou samewerking gee nie? ‘n Ander kind word 2md later eers “ongedeerd” gevind, sonder veel media dekking, behalwe die dag wat sy ontvoer is daarna was daar geen beriggewing nie.
Geld wat stom is maak reg wat krom is.

Perdeby ·

As jy nie jou samewerking gee in n ondersiek IS dit dwarsboming van die gereg want hulle weer om saam te werk. Stories doen die rondte dat die pa wat oorlede is die ander broer onterf het en dat die broer die kinders ontvoer het en geld geeis het. Daar was wel n severe bedraggled betaal en ek neem aan daar was voorwaardes van die ontvoerder om nie te praat nie of hulle kom weer.

Anel ·

Ek dink hier is baie meer agter die storie as wat die familie wil hê ons moet weet. En ek dink iets baie onwettig.

Cherokee ·

Jy’s reg. Daar word blykbaar verhoed dat diep genoeg gegrawe word om die storie te ontsyfer.

Onnie ·

Ag asb, asof die polisie hulle veiligheid kan verseker as hulle praat… Mnr Moti het die regte ding gedoen, hy weet dit is al manier om sy familie veilig te hou. Die ontvoeringsindikate in SA raak nou n ding, en ons polisie is beslis nie opgewasse teen daardie soort kriminele nie. Sterkte aan hul gesin!

Vonkprop ·

Iets word weggesteek. Klink na ‘n sake transaksie wat skeef geloop het met die pa se besigheid en die ontvoerders weet die kinders sou die sterkste boodskap stuur. En die ouers weet die waarheid gaan uitkom as daar dieper gedelf word. Sekerlik sou die ouers graag wil hê die kriminele word gevang wat dit aan hulle kinders gedoen het? Baie mense verhuis oorsee na ‘n traumatiese misdaad voorval, maar om dit te doen blykbaar sonder enige samewerking is baie agterdogtig.

Tanja ·

Daar is beslis ń storie agter die storie, as jy my vra het dit iets met Auto Moti se besigheids bedrywe te doene, gun wonder Moti’s vlug Dubai toe soos Gupta’s nie

Shakespeare ·

Klink vir my baie verdag. Met watter bose “werk” was die man besig mee?

Swanie ·

Maak Motor handelaars genoeg geld om net Dubai toe trek en in weelde tussen die olie sjieks te gaan woon. Dis my vraag en antwoord.

Deon ·

Dit kan wees, waar kom die motors vandaan wat hy in handel dryf?

Johanna ·

Ja nee, Politiek is n vuil spel. Dit het gebeur in n tyd toe die ANC nie eers hulle salarisse kon betaal nie. Verkiessingstyd…..Limpopo Provinsie…… hie verhuis mens sk skieluk oorsee. En boonop het die politieke leier in Limpopo die gesin persoonlik gaan besoek….
Van wanneer af het politieke leiers soveel tyd op hande om gesinne te gaan besoek as kinders ontvoer word. Maar nou word arm mense nie besoek as hulle kinders verdwyn nie..die polidie vat dae om uite gaan en te begin met n ondersoek..

Jacobus ·

Ek het in sekere media verstaan daar is destyds 20 miljoen rand losprys betaal deur die SA regering vir die kinders se ” vrylating “

Piet ·

Ek gaan ook maar spekuleer soos die res, maar dit is heel moontlik dat hy gewaarsku is dat sou hy enigsins met die polisie se ondersoek saamwerk, dat hulle dan weer geteiken sal word, en heel waarskynlik insluitende moord die volgende keer. Die familie het hulle kinders veilig terug gekry, die absolute beste uitkoms in ‘n ontvoering. Ek verstaan hoe ‘n mens dan kan besluit dat 1.) Ek gaan nie met die polisie saamwerk nie, uit vrees vir retaliasie en 2.) Uiteindelik die besluit maak om die land te verlaat aangesien jy weet dat jy nooit die gepaardgaande risiko van die ontvoerders geheel sal kan beëindig nie (behalwe as jy natuurlik vir Chuck Norris kan kry om te help).

Piet ·

En nee, Mike Brakpan Bolhuis is nie Chuck Norris #2 nie!????

Aanhouer ·

Duidelik vertrou die Motis nie die polisie nie. Of die regering nie. Sterkte aan julle en byvoorbaat jammer vir dit wat julle moes deurmaak en jul geldelike verlies.

Mickey ·

waar daar ‘n rokie is is daar ‘n vuurtjie. Verstaan dit is was n trauma vir die kinders maar sal jy nie justice wil he en uitvind hoekom hulle ontvoer is nie. Klink maar fishy.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.