Motief vir Bela-Bela-plaasmoord onbekend

boer-windpomp-plaas-reint-dykema-7.jpg

Foto: Reint Dykema

Die polisie in Limpopo het gesê dit is nog nie duidelik wat die motief vir die moord op ʼn 36-jarige man was wie se liggaam Dinsdagoggend buite sy kombuisdeur op ʼn kleinhoewe buite Bela-Bela aangetref is nie.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die oorledene as Ryno Janse van Rensburg geïdentifiseer. Hy het gesê Janse van Rensburg is gisteraand omstreeks 19:30 vir die laaste keer lewend gesien voordat hy na sy huis op die kleinhoewe in die Roodekuil-gebied gegaan het.

“Vanoggend omstreeks 07:50 het een van die oorledene se medewerkers op sy liggaam afgekom,” het Ngoepe gesê. Hy wou nie bespiegel oor die oorsaak van Janse van Rensburg se dood nie, maar Maroela Media verneem Janse van Rensburg het veelvuldige kopwonde gehad.

Volgens Ngoepe is die motief vir die moord nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Mense met meer inligting word versoek om kapt. Richard Boshomane by 084 322 1341 of die naaste polisiestasie te bel.

Die moord op Janse van Rensburg is een van verskeie aanvalle op plase en kleinhoewes in Limpopo in die afgelope paar weke. Pieter Hendrik Pieterse (57) is verlede week in die vroeë oggendure op ʼn plaas in die Lephalale-distrik (Ellisras) oorval en met ʼn swaar voorwerp aangerand. Hy is op pad na die hospitaal dood.

ʼn Bejaarde egpaar is Sondag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe in die Constantia-omgewing, naby Letsitele oos van Tzaneen, erg aangerand en beroof. ʼn 62-jarige man is op 3 Februarie in die vroeë oggendure in die Leeupoort-vakansiedorp in die Rooiberg-distrik buite Bela-Bela aangeval en doodgeskiet terwyl sy vreesbevange vrou in die badkamer weggekruip het.

Op 19 Januarie is Richard en Anika Wiggel, albei in hul 70’s, op ʼn plaas in die Haenertsburg-gebied in Limpopo aangeval, vasgebind en aangerand. Net ʼn dag later is nog ʼn bejaarde egpaar, wat verkies om anoniem te bly, in dieselfde gebied op ʼn kleinhoewe in die omgewing oorval, vasgebind en aangerand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Adri ·

Plaasmoorde, soos ander moorde op blankes, is polities gedrewe en het NIKS met roof te doen nie. Die vieslike duiwelse manier waarop hierdie moorde gepleeg word wys dit is rassisme en boos-gedrewe!

Helena ·

Stem saam. Dis tyd da ons as n wit nasie begin saamstaan. En n boeremag stig, al di jong seuns en mans wat ni werk ht ni. Ly hulle op. En di vrouens wat by di huise sit, laat hulle help in kantore en kombuis, ons moet begin om iets te doen drasties. Dalk is da n boer wat van di fasiliteite beskikbaar ht. En ons soentoe kan beweeg as n volk. En ons mense begin verdedig teen al die moorde.

cor ·

Alweer een en die polisie weet nie wat die motief is nie, elke regdenkende blanke persoon behoort te weet die motief is n aanslag op die blanke en dit begin op die platteland . n Leier het dit pertinent by verskeie geleenthede beklemtoon. Daar is nie eers ‘n reaksie by die mense regte kommissie op die klagtes wat gele is nie.

Milan ·

Is hierdie dalk die “radical economic change” wat homself hier afspeel?

AL ·

Heel moontlik, hulle doen dit al sedert die vroee 90’s ; het dit nou net versnel.

cor ·

Die moorde is erger as die dreigende herfs kommando wurm plaag wat ook in die noorde begin het en eers ontken is.

Maureen ·

Here Here help ons. Wie is aan die stuur van hierdie moorde. Daar sit iemand daarbo wat die opdragte gee. Op watter roete if manier val hul aan. Oud of jonk maak nie saak. Hul is te lafhartig om een een die werk te doen dus sal hul nie die plasing en gebiede en wie vlg is eens kan beraam nie. Dit kan nie so aangaan nie . God wees ons genadig.

Penellope Jones ·

Doelgerigte volksmoord.
Seker die rede vir die angstigheid om uit die ICC te kom. . . . . . .

Stoppit ·

Motief: KILL THE BOER, KILL THE WHITE. Dit word gepropageer, mense word aangehits, niemand word vervolg nie, dit word op T-hemde geskryf, dit word gesing, dit word op FB geskryf .. so as hulle nie gekeer word of verhinder word om dit te doen nie GAAN DIT AANGAAN!

AL ·

Statistiek Generaal Pali Lehohla het nou in mediaverklaring gese 70% van Suid-Afrikaners voel snags onveilig wanneer hul slaap. Komaan ons moet n dinkskrum en oplossings kry om die Regering verantwoordbaar te maak vir misdaad. Ons as landsburgers het n reg om te se genoeg is genoeg!

Pj ·

Probleem is ook een van die dae gaan die moorde so in ons huise en estates gebeur. Ons get geen antwoord op die dinge nie, Bid is al wat n mens kan doen, maar op n stadium moet n mens n stop aan die dinge begin sit. Die ANC en EFF is nog saam in die ding…

Genoeg ·

Wanneer gaan genoeg genoeg wees vir ons blankes en sal ons opstaan en ongemanierde gemors van die samelewing ook begin dood maak.Dus tyd ons weer n paar Wit Wolwe in ons geledere kry.

tamboti ·

Genoeg, ww het presies die verkeerde ding gedoen! Nee ons het ge-organiseerde groepe, soos plaas en buurtwagte nodig wat pro-aktief optree, en vir die regering laat weet ons gaan nou reg in eie hande neem.
Te veel misdadigers word gevang en sommer net weer gelos of op borg vrygelaat! Die publiek moet self hulle “verwyder uit die samelewing”

Enemy ·

Witmense gaan NIE saamstaan NIE< want nie almal voel hulle word daardeur geraak nie, en dan moet jy natuurlik nie die liberale element miskyk wat reken dit is nou 'ons beurt' of dat dit 'oral gebeur' en net 'roof' is nie. Witmense in duur estates word omring deur wagte en elektriese heinings en alarms, boere op plase nie, so hoekom bekommer oor hulle as jy jou kos by Woollies kan koop? Die parlement het 'n saak, hulle is veilig, hoekom bekommer oor die 'evil whites and colonialists' wat nou gestraf word vir apartheid. Met die Boeremag het hulle EIE mense hulle verraai .. sonder om 'n skoot te skiet, is daardie manne in die tronk gesmyt, hulle EIE BOEREMAATJIES het hulle verraai toe die net nouer om hulle trek. Ons mede-blankes is ons grootste vyande. Waar kom al die videos vandaan waarin blankes geimpliseer word? Hulle eie BLANKE maatjies stuur dit vir die owerhede aan. Twee ouens foeter vandag SAAM iemand en more gaan draai die een staatsgetuie en sit die ander een in die tronk .. NOPE trust nobody!! Wees self paraat en HOU JOU MOND styf toe!!

Ronald ·

Dit is ons voorland. Iewers moet iets gebeur. Toe hulle hom in n Kus gesit het was dit n helse storie en hy lewe nog en n n groot bende leier van koper diefstal. Kyk wat gebeur as hulle die Boere vermoor net mooi niks. Dit gaan verder gaan as die Boere en plase.

m ·

Hoe kan die motief nie bekend wees nie. Hy is n wit boer so dis nie baie moeilik om te verstaan nie.

vermeende ·

Lees al die kommintaar bo en die meeste wil weet wanneer is genoeg genoeg en daar is selfs n voorste vir n dinkskrum om die regering verantwoordbaar te hou.

NUUSFLITS!!!!
So lank as daar mense is was se ‘kom ons ge politiek n kans’ of ‘stem vir die of daai’
Mense is naief en blind, onderhandeling, politiek en die stembus het ons in die gemors.
Afriforum en Solidarietyd doen wel goed maar het nog geen moord gestop nie.
Gemeenskappe moet deur hulle forums maar weer die aandklokreel instel en dit af dwing.
Ons sal n stand moet maak en onself beskerm met of sonder die SAPD.

Nog staande ·

Julle wat daar naby woon, moet in jul duisende opruk na die howe wanneer die moordenaars verhoor word (elke keer, elke moord, elke aanranding) en jul griewe so met massa-aksie oordra sodat die wereld kan sien. Maar nee, dis net ‘n geween en ‘n geklaery en niemand doen iets nie. Deur te moan op maroela se kommentare blad gaan niks help nie.

Slim ·

Hier kom n burgeroorlog ,want ons kan ook net so veel vat . Jong kinders raak ook kwaad

Karools ·

Moord en verkragting is al waarvan mens lees wanneer jy ‘n koerant oop maak. Plaasmoorde is aan die orde van die dag. Hoe vêr word die stemme gehoor of die nuus versprei? Word dit hier in Suid-Afrika onder ‘n maatemmer bedek? Wanneer gaan die buiteland se ogies oopgaan en sanksies volg teen onbillikheid?

Gaan hulle teen ons wil kom sokker en rugby speel waar barbaarsheid aan die orde van die dag is?

Gerrie Nel wat so tevelde getrek het teen een moord……. Gaan jy dalk iets kan verrig teen die syfers wat daagliks toeneem? Kan ons nou al ons hoop op jou plaas om halt te roep?

Annie ·

Of die ANC of die EFF weet wat hier aangaan … dit is hoekom niks gedoen word nie. Ons praat net maar doen niks … teen die tyd dat ons aksie neem is daar nie meer n lewende siel oor nie

Walter ·

Wie kan hier agter sit , agter al die plaas moorde hulle is die party in beheer en dit is hulle onder grondse planne dit is hoekom hulle ander kant toe kyk. Hulle is die grootste rasiste te wat daar is en dit het niks te doen met wit en swart mense maar dit is die kriminele ellement wat uit gewis moet word in ons samelewing daar is in elke kleur en ras baie goeie mense en dit is net die kriminele ellement wat ons moet uit gewis kry. Plaas dat hulle dit probeer stop dan sal dit baie beter gaan in ons land want geen ras of kleur verdien dit om so vermoor te word nie ,en dit is die boere wat ons kos op ons tafels sit . Kom ons probeer net die kriminele uit ons samelwing uit wis en dit maak nie saak watse kleur of ras hy/sy is nie.

Gus.Dry ·

Sit nou en lees die berig .gedagte kom nou by my op .as die situasie nou omgeswaai word en blankes moor so baie anderskleuriges .wat gaan die gevolge dan wees .

Alida ·

Al ons gepraat en gekerm oor wie vir wie verraai het bring nie die oplossing nie.
Dit is in die verlede en kan nie nou omgedraai word nie. Dit moet opgeneem word deur die regte kanale deur die regte mense wat die mag het om ons saak na die hoogste gesag in die wêreld te neem. Afriforum sal die wiel aan die rol sit, ek glo dit, en die regte ding doen op die regte tyd. Die SAPD kommissaris het darem al plaasmoorde as prioriteit misdaad verklaar. Juis om daardie rede het ek baie respek vir hom en nou word hy uitmekaar getrek oor iets waaraan hy nie skuldig is nie. Die ANC hou nie van eerlike mense nie. Dit is al oor en oor bewys. Kyk maar na die debakel met Pravin Gordham. Hy hou die beursie toe en JZ hou niks daarvan nie.

Magda ·

Ons bietjie boere wat nog oor is kan nou nie eers vir almal in SA kos gee nie – en as dit aangaan soos nou is daar oor n paar jaar geen kos – met hope plase waar almal wat nou so “grond” kleim daarop sit maar niks doen met die Grond nie – weet regtig nie meer wat om te doen sodat die mense wat al die moorde pleeg en beplan kan agterkom hulle is besig om vir hulle self n “GROOT” gat te grawe en daarin te val.

Ouvrou ·

Enimy ja, ons eie is ons grootste vyand, nog altyd. Sal jou verraai vir niks, nie eers n pot lensiesop nie. Vertrou niemand, dalk net jou honde.?????

charmaine ·

Hoe laai ek julle link om emails van Maroela media te kry asb geseende daggie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.