Motlanthe internasionaal vereer

Oudpresident Kgalema Motlanthe (Foto: ANA/Nhlanhla Phillips)

Oudpres. Kgalema Motlanthe het ʼn internasionale vredesprys ontvang.

Motlanthe is in November met die Internasionale Gusi-vredesprys vereer vir sy prestasies in die veld van staatmanskap en veral sy politieke leierskap en diens in die ANC.

Die Kgalema Motlanthe-stigting het dié nuus in ʼn verklaring Dinsdag aangekondig. Die prys is tydens Motlanthe se besoek aan die Filippyne in Suidoos-Asië oorhandig. Die toekenning vereer leiers vir hul bydrae tot wêreldvrede, respek vir menswaardigheid en vooruitgang. Bekroondes word ook vereer vir hul werk om menseregte, demokrasie en gelykheid te bevorder.

Motlanthe, wat ná oudpres. Thabo Mbeki vir ʼn wyle aan die stuur was voordat oudpres. Jacob Zuma die leisels oorgeneem het, het later een van Zuma se felste kritici geword.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Danie ·

Ek wonder hoekom was hy nooit gekies om by Mbeki oor te neem nie.
Suid-Afrika sou beslis in ‘n beter omstandighede gewees het vandag.

Peper ·

Ja nee kyk, in die nuwe wereld is almal mos wenners en word vereer.

Viss ·

Behalwe om Soustrein te ry wat het hy ooit gedoen om vereer te word,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.