MotoGP: Brad Binder eindig tweede in Katar

Brad Binder het met sy KTM-motorfiets tweede in die MotoGP-wedren in Katar geëindig. (Foto: Karim Jaafar / AFP)

Die Suid-Afrikaner Brad Binder en sy KTM-span kon nie vir ʼn beter begin vir vanjaar se MotoGP gevra het nie.

Hy het in die sewende plek weggespring en soos gewoonlik was hy die man om dop te hou wanneer die 24 jaers op ʼn Sondag wegspring. Binder was vinnig onder die voorlopers en het lank in die derde posisie gejaag.

Pol Espargaro (Repsol Honda) het lank voor gejaag, maar hy het wyd om ʼn draai gegaan en Binder kon agter die wenner Enea Bastianini (Gresini Racing) op sy Ducati in die tweede plek inskuif.

Teen die einde van die wedren het Binder vir Bastianini vinnig begin inhaal en as die wedren ʼn paar rondtes langer was, kon sake interessant gewees het.

Dit was Bastianini se eerste oorwinning – en ʼn emosionele een omdat die stigter van sy span, Fausto Gresini, ʼn jaar gelede aan Covid-19 dood is.

Sy broer, Darryn, het in sy eerste MotoGP-wedren in die 24ste plek op sy Yamaha weggespring. Hy het in ʼn stadium in die 15de plek gejaag, maar 16de geëindig.

Binder het ná die wedren gesê hy is baie in sy noppies met die uitslag en sien daarna uit om vanjaar nog ʼn hele paar keer op die podium te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leon ·

BRAD-ical jou doring!
1. Maak nie foute nie.
2. Vinnig om teenstanders se foute uit te buit
3. Aggressiewe styl.
4. ‘n Ryding wat dit KAN doen!

Blikkies ·

Wel Gedaan, uieindelik ons eie Vale Rossi…..Brad Binder.

Boer ·

Wat n race was dit nie. Ek sal net wil weet hoe goed Brad sal ry as hy van voor af kan weg spring en nie 7de nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.