Motor bars deur muur toe sy kosmaak

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou van Germiston in Gauteng het Sondag ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn motor deur haar kombuismuur gebars het terwyl sy kos gemaak het.

“ʼn Renault het deur die kombuismuur gebars,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Omstanders het aan paramedici gesê dit het gelyk of die bestuurder beheer verloor het oor die voertuig.”

Die ongeluk het in Simon Bekkerstraat in Wattville plaasgevind.

Die vrou, wat besig was om aandete voor te berei, het saam met haar verloofde en seun naby die wrak gestaan toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy was erg geskok. “Die vrou het slegs snye en kneusplekke aan haar bene opgedoen,” het Vermaak bygevoeg. Sy is later na ʼn plaaslike hospitaal geneem.

Die vrou se verloofde en hul seun het buite die huis gesit toe die ongeluk gebeur het en is nie beseer nie.

Die bestuurder van die Renault is nie beseer nie. Plaaslike owerhede sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Wow!!! En ons dink ons huis is redelik veilig!!!. Wonder net wat is die skade aan daai kombuis????

Die ou in die Ranault het tien-teen-een weer soos ‘n bestene gejaag, so vir hom en sy ryding voel ek niks.

Wie gaan nou die erge skade aan daai kombuis betaal? Het die bestuurder enigsins ooit versekering gehad?

Theresa ·

Die eerste woorde wat gewoonlik uit hulle monde kom is: “Ek het nie versekering nie”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.